1 En Salomo het hom verswaer met Farao, die koning van Egipte; hy het naamlik die dogter van Farao geneem en haar in die stad van Dawid ingebring totdat hy met die bou van sy huis en die huis van die HERE en die muur van Jerusalem rondom klaar sou wees.2 Alleenlik het die volk gedurig op die hoogtes geoffer, omdat tot op daardie dae daar geen huis vir die Naam van die HERE gebou was nie.3 En Salomo het die HERE liefgehad deur in die insettinge van sy vader Dawid te wandel; hy het net gedurig op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.4 En die koning het na G¡beon gegaan om daar te offer, omdat dit die vernaamste hoogte was; duisend brandoffers het Salomo op daardie altaar geoffer.5 Toe verskyn die HERE in G¡beon in 'n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.6 En Salomo sê: U het aan u kneg, my vader Dawid, 'n groot guns bewys, net soos hy voor u aangesig gewandel het in trou en in geregtigheid en in opregtheid van hart met U; en U het vir hom hierdie groot guns bewaar, dat U hom 'n seun gegee het wat op sy troon sit, soos dit vandag is.7 Nou dan, HERE my God, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is 'n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie.8 En u kneg is midde onder u volk wat U verkies het, 'n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie.9 Gee dus aan u kneg 'n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer?10 En dit was goed in die oë van die Here dat Salomo dit begeer het.11 En God het vir hom gesê: Omdat jy hierdie versoek gedoen het en nie vir jou 'n lang lewe begeer het en nie vir jou rykdom begeer het en nie die lewe van jou vyande begeer het nie, maar vir jou verstand begeer het om regsake te verhoor,12 so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou 'n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy voor jou nie gewees het en een soos jy n jou nie sal opstaan nie.13 Ja, selfs wat jy nie begeer het nie, sal Ek jou gee, rykdom sowel as eer, sodat onder die konings niemand soos jy sal wees al jou dae nie.14 En as jy in my weë wandel, deur my insettinge en my gebooie te onderhou, soos jou vader Dawid gewandel het, dan sal Ek jou dae verleng.15 Toe word Salomo wakker, en -- dit was 'n droom! Daarop het hy in Jerusalem gekom en voor die verbondsark van die Here gaan staan en brandoffers gebring en dankoffers berei en 'n maaltyd vir al sy dienaars aangerig.16 In die tyd kom daar twee vroue wat hoere was, na die koning, en hulle gaan voor hom staan.17 En die een vrou sê: Ag, my heer, ek en hierdie vrou woon in een huis, en ek het by haar in die huis gebaar.18 En op die derde dag n my bevalling het hierdie vrou ook gebaar terwyl ons saam was; niemand anders was by ons in die huis nie, maar net ons twee in die huis.19 En die seun van hierdie vrou het in die nag gesterwe, omdat sy op hom gelê het.20 Toe staan sy in die middel van die nag op en neem my seun langs my weg terwyl u dienares slaap; en sy het hom in haar skoot neergelê, maar haar dooie seun in my skoot neergelê.21 Toe ek die môre opstaan om my seun te soog, was hy dood; maar in die môre het ek hom goed bekyk, en dit was nie my seun wat ek gebaar het nie!22 Maar die ander vrou sê: Nee, maar die lewendige is my seun, en die dooie is jou seun. Maar die eerste sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige is my seun. So het hulle dan voor die koning gestry.23 Toe dink die koning: Die een sê: Dit is my seun, die lewendige, en jou seun, die dooie. En die ander sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige my seun.24 Daarop gee die koning bevel: Bring vir my 'n swaard! En hulle het die swaard voor die koning gebring.25 En die koning sê: Sny die lewendige kind in twee stukke, en gee die helfte aan die een en die helfte aan die ander.26 Maar die vrou wie se kind die lewendige was, het met die koning gespreek, want haar binneste was ontroerd oor haar seun -- sy het gesê: Ag, my heer, gee haar die lewendige kind en maak hom tog nie dood nie! -- terwyl die ander een sê: Hy sal nie myne en ook nie joue wees nie; sny deur!27 Toe antwoord die koning en sê: Gee haar die lewendige kind en maak hom in geen geval dood nie: sy is die moeder.28 En die hele Israel het gehoor van die vonnis wat die koning uitgespreek het, en was bevrees vir die koning; want hulle het gesien dat daar goddelike wysheid in sy binneste was om reg te doen.
1 Saliamonas susigiminiavo su faraonu, Egipto karaliumi. Jis vedė jo dukterį ir parsivežė ją į Dovydo miestą. Ji čia gyveno, kol Saliamonas baigė statyti sau namus, Viešpaties namus ir sieną apie Jeruzalę.2 Tačiau žmonės vis dar aukojo aukštumose, nes nebuvo pastatyti namai Viešpaties vardui.3 Saliamonas mylėjo Viešpatį, laikydamasis savo tėvo Dovydo nurodymų, tačiau ir jis aukojo bei degino smilkalus aukštumose.4 Karalius nuėjo į Gibeoną aukoti, nes tai buvo garsi aukštuma. Jis aukojo ant to aukuro tūkstantį deginamųjų aukų.5 Gibeone Viešpats pasirodė Saliamonui naktį sapne ir tarė: "Prašyk, ką Aš tau galėčiau duoti".6 Saliamonas atsakė: "Tu parodei savo tarnui, mano tėvui Dovydui, didelį gailestingumą, nes jis vaikščiojo prieš Tave tiesoje, teisume ir širdies tyrume. Tu parodei jam savo gerumą, duodamas jam sūnų, kuris sėdėtų jo soste, kaip tai yra šiandien.7 Viešpatie, mano Dieve, Tu padarei savo tarną karaliumi mano tėvo Dovydo vietoje, nors aš dar labai jaunas ir nežinau, kaip įeiti ir kaip išeiti.8 Tavo tarnas yra vidury Tavo tautos, kurią Tu išsirinkai, didelės tautos, kurios neįmanoma suskaičiuoti nei aprėpti dėl daugumo.9 Duok savo tarnui išmintingą širdį, kad galėčiau teisti Tavo tautą ir skirti gera nuo blogo. Kas galėtų valdyti tokią didelę Tavo tautą?"10 Viešpačiui patiko toks Saliamono prašymas.11 Dievas jam tarė: "Kadangi prašei išminties teisingai nuspręsti, o ne ilgo amžiaus sau, turtų sau ar savo priešų gyvybės,12 tai padariau pagal tavo prašymą: Aš daviau tau išmintingą ir sumanią širdį, kad panašaus į tave nebuvo iki tavęs ir po tavęs nebus tokio, kaip tu.13 Taip pat daviau tau, ir ko neprašeiturtų ir garbės; niekas tau neprilygs tarp karalių per visas tavo dienas.14 Ir jei vaikščiosi mano keliais, laikydamasis mano nuostatų ir įsakymų, kaip tavo tėvas Dovydas, Aš prailginsiu tavo dienas".15 Saliamonas pabudo ir suprato, kad tai buvo sapnas. Po to jis sugrįžo į Jeruzalę ir priešais Viešpaties Sandoros skrynią aukojo deginamąsias bei padėkos aukas. Jis iškėlė puotą visiems savo tarnams.16 Kartą dvi paleistuvės atėjo pas karalių ir stojo jo akivaizdon.17 Viena moteris sakė: "Mano valdove! Aš ir šita moteris gyvename vienuose namuose; aš pagimdžiau sūnų, būdama su ja tuose namuose.18 O po trijų dienų ir ji pagimdė. Mes buvome vienos ir nieko iš pašalinių nebuvo su mumis, tik mes dvi.19 Šitos moters sūnus naktį mirė, nes ji nugulė jį.20 Vidurnaktį atsikėlus ji paėmė mano sūnų, kai aš miegojau, nuo mano pašonės ir pasiguldė jį prie savęs, o savo mirusį sūnų paguldė prie manęs.21 Rytą atsikėlusi norėjau maitinti savo sūnų, bet pamačiau, kad jis miręs. Gerai įsižiūrėjusi, pažinau, kad tai nebuvo mano sūnus".22 Antroji moteris tarė: "Netiesa, mano sūnus yra gyvas, o tavo sūnus miręs". Bet šita atsakė: "Ne, tavo sūnus miręs, o mano sūnus gyvas". Taip jos kalbėjo karaliaus akivaizdoje.23 Karalius tarė: "Viena sako: ‘Mano sūnus yra gyvas, o tavo sūnus miręs’, ir antroji tvirtina: ‘Tavo sūnus yra miręs, o mano sūnus gyvas’ ".24 Ir karalius pasakė: "Atneškite kardą". Ir atnešė kardą karaliui.25 Ir karalius pasakė: "Padalykite gyvąjį kūdikį ir duokite vieną pusę vienai, o kitą pusę kitai".26 Tuomet moteris, kurios sūnus buvo gyvas, gailėdamasi jo, tarė karaliui: "Mano valdove! Atiduok jai gyvąjį kūdikį ir nežudyk jo!" O antroji sakė: "Gerai, nebus nei man, nei tau. Padalykite jį!"27 Tada karalius atsakė: "Atiduokite gyvąjį kūdikį jai ir jokiu būdu jo nežudykite. Ji yra jo motina".28 Visas Izraelis, išgirdęs tą karaliaus sprendimą, ėmė bijoti karaliaus, nes jie matė, kad Dievo išmintis buvo jame, kad jis teistų.