1 En Reh beam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.2 En net toe Jerobeam, die seun van Nebat, dit hoor -- hy was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het, en Jerobeam was in Egipte woonagtig,3 en hulle het hom laat roep -- kom Jerobeam en die hele vergadering van Israel, en hulle het Reh beam toegespreek en gesê:4 U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.5 En hy sê vir hulle: Gaan weg tot oor drie dae, kom dan terug na my toe. En die volk het gegaan.6 Daarop hou koning Reh beam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?7 En hulle spreek met hom en sê: As u vandag 'n dienaar van hierdie volk word en hulle dien en hulle antwoord en met vriendelike woorde hulle toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.8 Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en voor hom gestaan het.9 En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesê het: Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter?10 En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sê: So moet u hierdie volk antwoord wat met u gespreek en gesê het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons -- so moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene.11 Het my vader dan nou 'n swaar juk op julle gelaai -- ,k sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig -- ,k sal julle met g,sels tugtig.12 Toe Jerobeam en die hele volk dan by Reh beam kom op die derde dag soos die koning gespreek en gesê het: Kom na my terug op die derde dag --13 het die koning die volk 'n harde antwoord gegee: hy het die raad wat hom deur die oudstes gegee is, in die wind geslaan14 en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesê: Het my vader julle juk swaar gemaak -- ,k sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig -- ,k sal julle met g,sels tugtig.15 So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van die HERE, sodat Hy sy woord sou vervul wat die HERE gespreek het deur die diens van Ah¡a, die Siloniet, tot Jerobeam, die seun van Nebat.16 Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? en daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Na julle tente toe, Israel! Kyk nou na jou eie huis, Dawid! Daarop het Israel na sy tente gegaan.17 Maar oor die kinders van Israel wat in die stede van Juda gewoon het, oor hulle was Reh beam koning.18 Toe stuur koning Reh beam Adoram wat oor die dwangarbeid was, maar die hele Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het; en koning Reh beam het hom tot die uiterste toe geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.19 So het die Israeliete dan van die huis van Dawid afvallig geword tot vandag toe.20 Sodra die hele Israel gehoor het dat Jerobeam terug was, het hulle hom na die vergadering laat roep en hom oor die hele Israel koning gemaak; niemand het die huis van Dawid gevolg nie, behalwe die stam van Juda alleen.21 En toe Reh beam in Jerusalem kom, het hy die hele huis van Juda en die stam van Benjamin, honderd en tagtig duisend strydbare jong manskappe, vergader om oorlog te voer teen die huis van Israel, om die koningskap vir Reh beam, die seun van Salomo, terug te win.22 Maar die woord van God het tot Sem ja, die man van God, gekom en gesê:23 Spreek met Reh beam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die hele huis van Juda en Benjamin en die orige deel van die volk en sê:24 So spreek die HERE: Julle mag nie optrek en teen julle broers, die kinders van Israel, oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis; want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woord van die HERE en weer teruggetrek volgens die woord van die HERE.25 En Jerobeam het Sigem op die gebergte van Efraim gebou en daarin gewoon, en daarvandaan uitgetrek en Pnuel gebou.26 En Jerobeam het in sy hart gesê: Nou sal die koningskap na die huis van Dawid terugkeer:27 as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van die HERE in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Reh beam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Reh beam, die koning van Juda.28 Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem -- hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het!29 En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel.30 En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan.31 Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie.32 En Jerobeam het 'n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het.33 En hy het geklim op die altaar wat hy in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van Israel 'n fees ingestel en op die altaar geklim om offerrook te laat opgaan.
1 Roboamas nuėjo į Sichemą, kur buvo susirinkę visi izraelitai paskelbti jį karaliumi.2 Nebato sūnus Jeroboamas, kuris buvo pabėgęs nuo karaliaus Saliamono į Egiptą, išgirdo apie tai dar būdamas Egipte.3 Jie pasiuntė ir pasikvietė jį. Jeroboamas ir visas Izraelis atėjo ir kalbėjo Roboamui:4 "Tavo tėvas uždėjo mums sunkų jungą. Dabar palengvink savo tėvo mums uždėtą naštą, tai mes tau tarnausime".5 Jis jiems atsakė: "Eikite ir po trijų dienų sugrįžkite pas mane". Ir žmonės nuėjo.6 Karalius Roboamas tarėsi su senesniaisiais, kurie stovėdavo priešais jo tėvą Saliamoną, kai jis dar buvo gyvas: "Patarkite man, ką atsakyti tautai".7 Tie jam kalbėjo: "Jei šiandien būsi tarnas šitiems žmonėms, tarnausi jiems ir kalbėsi švelniais žodžiais, jie visados bus tavo tarnai".8 Bet jis atmetė senesniųjų duotą patarimą ir tarėsi su jaunesniaisiais, kurie užaugo kartu su juo ir stovėjo priešais jį.9 Jis jiems tarė: "Ką jūs patariate man atsakyti šitiems žmonėms, kurie man kalbėjo: ‘Palengvink jungą, kurį mums uždėjo tavo tėvas’?"10 Jaunieji, kurie užaugo kartu su juo, jam kalbėjo: "Šitiems žmonėms, kurie tau sakė: ‘Tavo tėvas padarė mūsų jungą sunkų, o tu jį mums palengvink’, taip atsakyk: ‘Mano mažasis pirštas storesnis už mano tėvo strėnas.11 Mano tėvas jums uždėjo sunkų jungą, bet aš jį jums dar pasunkinsiu. Mano tėvas jus plakė botagais, o aš jus plaksiu dygliuotais rimbais’ ".12 Kai Jeroboamas ir visa tauta trečią dieną atėjo pas Roboamą, kaip karalius buvo paskyręs, sakydamas: "Sugrįžkite pas mane trečią dieną",13 karalius, atmetęs senesniųjų patarimą, kalbėjo tautai griežtai,14 kaip patarė jaunieji: "Mano tėvas uždėjo jums sunkų jungą, o aš jį jums dar pasunkinsiu. Mano tėvas jus plakė botagais, o aš jus plaksiu dygliuotais rimbais".15 Karalius nepaklausė tautos, nes tai buvo nuo Viešpaties, kad Viešpats ištesėtų savo žodį, kurį Jis kalbėjo per Ahiją iš Šilojo Nebato sūnui Jeroboamui.16 Izraelitai, pamatę, kad karalius nenori jų išklausyti, atsakė jam: "Mes neturime dalies Dovyde nei paveldėjimo Jesės sūnuje. Izraeli, į savo palapines! Dovydai, rūpinkis savo namais". Ir Izraelis išsiskirstė į savo palapines.17 Izraelitams, gyvenantiems Judo miestuose, karaliavo Roboamas.18 Jis pasiuntė Adoramą, mokesčių rinkėją, pas izraelitus, bet jie užmušė jį akmenimis. Karalius Roboamas skubiai įšoko į vežimą ir pabėgo į Jeruzalę.19 Taip Izraelis atsiskyrė nuo Dovydo namų iki šios dienos.20 Visas Izraelis, išgirdęs, kad Jeroboamas grįžęs, pasikvietė jį į susirinkimą ir paskelbė jį viso Izraelio karaliumi. Niekas nebesekė Dovydo namais, išskyrus Judo giminę.21 Roboamas, sugrįžęs į Jeruzalę, surinko visus Judo ir Benjamino giminių vyrus, šimtą aštuoniasdešimt tūkstančių rinktinių karių, karui su Izraeliu, kad sugrąžintų karalystę Roboamui, Saliamono sūnui.22 Bet Dievo žodis atėjo Dievo vyrui Šemajai:23 "Kalbėk Saliamono sūnui Roboamui, Judo karaliui, visiems Judo ir Benjamino namams ir likusiai tautai, sakydamas:24 ‘Taip sako Viešpats: ‘Neikite ir nekariaukite su savo broliais izraelitais. Kiekvienas grįžkite į savo namus, nes tai atėjo iš manęs’ ". Jie pakluso Viešpaties žodžiui ir grįžo, kaip Viešpats liepė.25 Jeroboamas pastatydino Sichemą Efraimo kalnyne ir ten apsigyveno. Iš ten išėjęs jis pastatė Penuelio miestą.26 Jeroboamas sakė savo širdyje: "Karalystė gali sugrįžti Dovydo namams.27 Jei šita tauta eis aukoti į Viešpaties namus Jeruzalėje, tai žmonių širdys atsigręš į jų valdovą, į Judo karalių Roboamą, ir jie, nužudę mane, sugrįš pas Judo karalių Roboamą".28 Karalius pasitaręs padirbdino du auksinius veršius ir tarė tautai: "Per toli jums eiti į Jeruzalę. Izraeli, štai tavo dievai, kurie tave išvedė iš Egipto žemės".29 Jis pastatė vieną Betelyje, o kitą Dane.30 Tai tapo nuodėme, nes tauta eidavo net į Daną jų garbinti.31 Jeroboamas pastatydino šventyklą aukštumose ir paskyrė kunigų iš žmonių, kurie nebuvo Levio sūnūs.32 Aštuntojo mėnesio penkioliktą dieną Jeroboamas paskelbė šventę, panašią į tą, kurią švęsdavo Jude, ir aukojo ant aukuro. Taip jis darė Betelyje aukodamas veršiams, kuriuos padirbdino, ir Betelio aukštumoms, kurias įrengė, paskyrė kunigus.33 Jis aukojo ant aukuro, kurį pastatė Betelyje, aštunto mėnesio penkioliktą dienądieną, kurią jis sumanė savo širdyje, ir paskelbė šventę izraelitams. Ir jis aukojo ant aukuro bei degino smilkalus.