1 Die woord wat tot Jeremia gekom het aan al die Jode wat in Egipteland woonagtig was, wat in Migdol en in Tagp nhes en in Nof en in die land Patros gewoon het:2 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Julle het self gesien al die onheil wat Ek oor Jerusalem en oor al die stede van Juda gebring het; en kyk, hulle is vandag 'n puinhoop, sonder dat daar iemand in woon;3 weens hulle boosheid wat hulle bedryf het, om My te terg deur heen te gaan om rook te laat opstyg en ander gode te dien wat hulle nie geken het, hulle, julle en julle vaders nie.4 En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Moet tog nie hierdie gruwelike saak wat Ek haat, doen nie.5 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee om hulle van hul boosheid te bekeer nie, om vir ander gode geen rook te laat opgaan nie.6 Daarom is my grimmigheid en my toorn uitgestort en het dit gebrand in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem, sodat hulle 'n puinhoop, 'n wildernis geword het soos dit vandag is.7 So sê dan nou die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel: Waarom berokken julle julself 'n groot onheil om onder julle man en vrou, kind en suigling uit Juda uit te roei, om vir julle niemand te laat oorbly nie,8 deurdat julle My terg met die werke van julle hande, om vir ander gode rook te laat opgaan in Egipteland waar julle gekom het om as vreemdelinge te vertoef, sodat julle julself uitroei en 'n voorwerp van vervloeking en van smaad onder al die nasies van die aarde word?9 Het julle vergeet die booshede van julle vaders en die booshede van die konings van Juda en die booshede van hulle vroue en julle eie booshede en die booshede van julle vroue wat hulle bedryf het in die land Juda en op die strate van Jerusalem?10 Hulle is tot vandag toe nie verbrysel van hart nie, en hulle was nie bevrees en het nie gewandel in my wet en in my insettinge wat Ek julle en jul vaders voorgehou het nie.11 Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek rig my aangesig teen julle ten kwade en om die hele Juda uit te roei.12 En Ek sal die oorblyfsel van Juda wegneem, wat hulle aangesig gerig het om na Egipteland te trek, om daar as vreemdelinge te vertoef; en hulle sal almal in Egipteland omkom. Deur die swaard sal hulle val, deur die hongersnood sal hulle verteer word, groot sowel as klein; deur die swaard en die hongersnood sal hulle sterwe; en hulle sal 'n voorwerp van verwensing, van verbasing en van vervloeking en smaad word.13 En Ek sal besoeking doen oor die wat in Egipteland woon, soos Ek besoeking gedoen het oor Jerusalem deur die swaard, die hongersnood en die pes;14 sodat daar geeneen sal wees wat ontvlug of vryraak vir die oorblyfsel van Juda wat in Egipteland gekom het om daar as vreemdelinge te vertoef nie, dat hulle kan teruggaan in die land Juda waar hulle siel na verlang om terug te gaan, om daar te woon; want hulle sal nie teruggaan behalwe enkele vlugtelinge nie.15 En al die manne wat geweet het dat hulle vroue vir ander gode rook laat opgaan, en al die vroue wat daar staan, 'n groot menigte, en die hele volk wat in Egipteland, in Patros gewoon het, het Jeremia geantwoord en gesê:16 Aangaande die woord wat u ons in die Naam van die HERE verkondig het -- ons sal na u nie luister nie.17 Maar ons sal stellig alles doen wat uit ons mond uitgegaan het -- om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet soos ons gedoen het, ons en ons vaders, ons konings en ons vorste, in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem; toe is ons met brood versadig en was gelukkig, en ons het geen onheil gesien nie.18 Maar vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet, het ons aan alles gebrek gehad en het ons deur die swaard en die hongersnood omgekom.19 En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet -- is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?20 Toe het Jeremia gespreek met die hele volk, met die manne en die vroue en die hele volk wat hom antwoord gegee het, en gesê:21 Aan die offerrook wat julle laat opgaan het in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem, julle en julle vaders, julle konings en julle vorste en die volk van die land -- het die HERE daaraan nie gedink nie en het dit nie in sy hart opgekom nie? --22 sodat die HERE dit nie langer kon verdra weens die boosheid van julle handelinge, weens die gruwels wat julle bedryf het nie. So het julle land dan 'n puinhoop geword en 'n voorwerp van verbasing en van vervloeking, sonder inwoners, soos dit vandag is;23 omdat julle rook laat opgaan het en teen die HERE gesondig en nie na die stem van die HERE geluister het nie en in sy wet en in sy insettinge en in sy getuienisse nie gewandel het nie; daarom het hierdie onheil oor julle gekom soos dit vandag is.24 Verder het Jeremia aan die hele volk en al die vroue gesê: Hoor die woord van die HERE, o hele Juda wat in Egipteland is!25 So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel, en sê: Julle en julle vroue, julle het dan met julle mond gespreek en dit met julle hande in vervulling laat gaan, terwyl julle sê: Ons sal ons geloftes wat ons gedoen het, stellig hou om rook te laat opgaan vir die hemelkoningin en vir haar drankoffers uit te giet -- bevestig dan nou maar julle geloftes, ja, hou nou maar julle geloftes!26 Daarom, hoor die woord van die HERE, o hele Juda wat in Egipteland woon! Kyk, Ek sweer by my grote Naam, sê die HERE: Nooit sal my Naam meer aangeroep word deur die mond van enige man van Juda in die hele Egipteland nie, met die woorde: So waar as die Here HERE leef!27 Kyk, Ek is wakker oor hulle ten kwade en nie ten goede nie; en al die manne van Juda wat in Egipteland is, sal deur die swaard en die hongersnood omkom, totdat dit met hulle gedaan is.28 Maar die wat van die swaard vryraak, sal uit Egipteland terugkom in die land Juda, min in getal; so sal dan die hele oorblyfsel van Juda wat in Egipteland gekom het om daar as vreemdelinge te vertoef, weet wie se woord sal bestaan, myne of hulle s'n.29 En dit sal vir julle die teken wees, spreek die HERE, dat Ek oor julle besoeking sal doen in hierdie plek, sodat julle kan weet dat my woorde sekerlik teen julle sal bestaan ten kwade --30 so sê die HERE: Kyk, Ek gee Farao Hofra, die koning van Egipte, in die hand van sy vyande en in die hand van die wat sy lewe soek, soos Ek Sedek¡a, die koning van Juda, gegee het in die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel, sy vyand, wat ook sy lewe gesoek het.
1 Viešpats kalbėjo per Jeremiją visiems izraelitams, gyvenantiems Egipto žemėje: Migdole, Tachpanhese, Nofe ir Patroso krašte:2 "Jūs patys matote, kaip nubaudžiau Jeruzalę ir Judo miestus. Šiandien jie yra apleisti griuvėsiai.3 Tai įvyko dėl jų nusikaltimų, kuriais jie sukėlė mano rūstybę, smilkydami svetimiems dievams, kurių nepažino nei jie, nei jūs, nei jūsų tėvai.4 Aš nuolat siunčiau savo tarnus, pranašus, ir sakiau: ‘Nedarykite to pasibjaurėtino dalyko, kurio Aš nekenčiu’.5 Bet jie nekreipė dėmesio, neklausė ir nesiliovė aukoti svetimiems dievams.6 Dėl to mano rūstybė ir įtūžis išsiliejo ir užsiliepsnojo Judo miestuose ir Jeruzalės gatvėsejie pavirto griuvėsiais, kaip yra šiandien".7 Todėl dabar taip sako Viešpats: "Kodėl patys sau darote bloga, sunaikindami vyrus, moteris, kūdikius ir vaikus, kol nebeliks Jude nė likučio?8 Kodėl rūstinate mane savo darbais, smilkydami svetimiems dievams Egipto krašte, į kurį atvykote gyventi? Patys sau rengiate sunaikinimą, kol tapsite visoms tautoms prakeikimu ir pajuoka.9 Ar užmiršote visas savo tėvų, Judo karalių, jų žmonų, savo pačių ir savo žmonų nedorybes, kurias darėte Judo krašte ir Jeruzalės gatvėse?10 Jūs iki šios dienos nenusižeminote, nebijojote manęs ir nesilaikėte mano įstatymo bei įsakymų, kuriuos daviau jums ir jūsų tėvams".11 Todėl taip sako kareivijų Viešpats, Izraelio Dievas: "Aš nusisuksiu nuo jūsų ir visai sunaikinsiu Judą.12 Aš sunaikinsiu jūsų likutį, sumaniusį vykti į Egiptą gyventi. Jūs žūsite nuo kardo ir bado Egipto žemėje, būsite sunaikinti nuo mažiausio iki didžiausio, tapsite pasibaisėjimu, keiksmu ir pajuoka.13 Aš bausiu gyvenančius Egipte, kaip baudžiau Jeruzalękardu, badu ir maru.14 Iš jūsų, atvykusių gyventi į Egipto kraštą, nė vienas neišsigelbės, neištrūks ir nesugrįš į Judo kraštą, kurio jūs ilgitės ir į kurį norėtumėte sugrįžti, nebent kas pabėgtų".15 Tuomet visi vyrai, kurie žinojo, kad jų žmonos smilko svetimiems dievams, ir didelis būrys moterų, ir visi gyvenatys Patrose, Egipto žemėje, atsakė Jeremijui:16 "Žodžių, kuriuos mums kalbėjai Viešpaties vardu, mes neklausysime.17 Mes darysime tai, ką pasižadėjome: smilkysime dangaus karalienei ir liesime jai geriamąsias aukas, kaip mūsų tėvai, karaliai ir kunigaikščiai darė Judo miestuose ir Jeruzalės gatvėse. Tada turėjome pakankamai maisto ir nepatyrėme pikto.18 Kai liovėmės smilkyti dangaus karalienei ir nebeaukojame geriamųjų aukų, kenčiame nepriteklių ir žūstame nuo kardo ir bado.19 Argi mes smilkėme ir liejome aukas dangaus karalienei be mūsų vyrų žinios? Argi be jų sutikimo kepėme jai pyragaičius, kad ją pagarbintume, ir liejome geriamąsias aukas?"20 Jeremijas atsakė vyrams, moterims ir visiems žmonėms:21 "Smilkalus, kuriuos Judo miestuose ir Jeruzalės gatvėse deginote jūs, jūsų tėvai, karaliai, kunigaikščiai ir visi žmonės, Viešpats prisiminė.22 Jis nebegalėjo daugiau pakęsti jūsų piktų darbų ir jūsų daromų bjaurysčių, todėl jūsų kraštas tapo dykyne, pasibaisėjimu bei keiksmažodžiu ir liko be gyventojų, kaip matome šiandien.23 Kadangi jūs tomis aukomis nusikaltote Viešpačiui, neklausėte Jo, nesilaikėte įstatymo, įsakymų ir nuostatų, todėl jus ištiko šios nelaimės, kaip yra šiandien".24 Be to, Jeremijas kalbėjo visiems žmonėms ir visoms moterims: "Klausykite Viešpaties žodžio, visi žydai, gyvenantys Egipte:25 ‘Taip sako kareivijų Viešpats, Izraelio Dievas: ‘Jūs ir jūsų žmonos, kaip pažadėjote, taip įvykdėte, sakydami: ‘Ištesėsime savo įžadus, smilkysime ir liesime geriamąsias aukas dangaus karalienei’. Ištesėkite savo įžadus ir įvykdykite, ką nusprendėte.26 Bet išgirskite ir Viešpaties žodį, visi žydai, gyvenantys Egipto žemėje: ‘Aš prisiekiau savo vardu, kad nė vienas iš Judo žmonių nebesakys visoje Egipto žemėje: ‘Kaip Viešpats Dievas gyvas!’27 Aš darysiu jiems pikta, o ne gera; visi Judo žmonės Egipto žemėje žus nuo kardo ir bado, kol bus visai sunaikinti.28 Tik labai mažas skaičius paspruks nuo kardo ir sugrįš iš Egipto į Judą. Tada Judo likutis, esantis Egipto krašte, pamatys, kieno žodis išsipildysmano ar jų.29 Štai jums ženklas, kad nubausiu jus šioje vietoje, kad žinotumėte, jog mano žodžiai prieš jus išsipildys.30 Aš atiduosiu faraoną Hofrą, Egipto karalių, į rankas jo priešų, kurie siekia jo gyvybės, kaip atidaviau Zedekiją, Judo karalių, į jo priešo Nebukadnecaro, Babilono karaliaus, kuris siekė jo gyvybės, rankas,sako kareivijų Viešpats, Izraelio Dievas’ ".