1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het:2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor.3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om 'n stuk werk op die skywe te maak.4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk -- soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker -- maar hy het daaruit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.5 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:6 Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!7 In een oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig;8 maar as die nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen.9 En in 'n ander oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit te bou en te plant;10 maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.11 Sê dan nou tog aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem dit: So spreek die HERE: Kyk, Ek maak onheil gereed teen julle, en Ek dink 'n plan uit teen julle; bekeer julle tog, elkeen van sy verkeerde weg, en maak julle weë en julle handelinge goed.12 Maar hulle sê: Dit is tevergeefs; want ons sal na ons gedagtes wandel, en ons sal elkeen volgens die verhardheid van sy bose hart handel.13 Daarom, so spreek die HERE: Vra tog onder die volke: Wie het sulke dinge gehoor? Die jonkvrou van Israel het 'n baie afskuwelike ding gedoen.14 Verdwyn die sneeu van die L¡banon ooit van die rots in die veld? Of droog die uitlandse, koue, stromende waters op?15 Nogtans het my volk My vergeet, hulle laat rook opgaan vir die nietige afgode; die het hulle laat struikel op al hul weë, op die ou paaie, om te loop op sypaaie, 'n ongemaakte pad;16 om hulle land te maak 'n voorwerp van verbasing, van bespotting vir ewig. Elkeen wat daar verbytrek, sal hom verbaas en sy hoof skud.17 Soos 'n oostewind sal Ek hulle verstrooi voor die vyand; met die nek, en nie met die aangesig nie, sal Ek hulle aankyk in die dag van hulle ondergang.18 Toe het hulle gesê: Kom, laat ons planne teen Jeremia beraam; want onderrigting sal nie ontbreek by die priester of raad by die wyse of 'n woord by die profeet nie. Kom, laat ons hom slaan met die tong, en laat ons nie luister na een van sy woorde nie.19 HERE, luister tog na my, en hoor na die stem van die wat met my twis.20 Sal goed dan met kwaad vergeld word? -- want hulle het vir my 'n kuil gegrawe. Gedenk hoe ek voor u aangesig gestaan het om 'n goeie woord vir hulle te doen, om u grimmigheid van hulle af te keer.21 Daarom, gee hulle kinders oor aan die hongersnood, en lewer hulle oor in die mag van die swaard, en laat hulle vroue kinderloos en weduwees word, en laat hulle manne omkom deur die pes, hulle jongmanne verslaan word deur die swaard in die geveg.22 Laat daar 'n geskreeu uit hulle huise gehoor word as U skielik 'n bende oor hulle bring. Want hulle het 'n kuil gegrawe om my te vang en vangnette voor my voete gespan.23 Maar U, HERE, ken hulle hele plan teen my om my dood te maak; doen geen versoening oor hulle ongeregtigheid en delg hulle sonde nie uit voor u aangesig nie, ja, laat hulle tot 'n val kom voor u aangesig, tree teen hulle op in die tyd van u toorn.
1 Viešpats kalbėjo Jeremijui:2 "Eik į puodžiaus namus, ten tu išgirsi mano žodžius!"3 Aš, nuėjęs į puodžiaus namus, radau jį bedirbantį prie žiestuvo.4 Indas, kurį jis darė iš molio, nepavyko, ir jis iš naujo nužiedė kitą indą, kokį panorėjo.5 Tada Viešpats tarė man:6 "Izraelitai, ar Aš negaliu su jumis taip daryti, kaip šitas puodžius? Kaip molis puodžiaus rankoje, taip jūs, izraelitai, mano rankoje.7 Kartais Aš grasinu tautai ar karalystei ją išrauti, sužlugdyti ir sunaikinti,8 bet jei tauta, kuriai grasinu, nusisuka nuo savo piktų darbų, tai Aš susilaikau nuo to pikto, kurį buvau jai numatęs.9 Kartais Aš pažadu tautai ar karalystei ją statyti ir įtvirtinti,10 bet jei ji daro pikta ir neklauso manęs, tai Aš susilaikau nuo to gero, kurį buvau pažadėjęs padaryti.11 Taigi dabar sakyk Judo ir Jeruzalės gyventojams, kad Aš ketinu juos bausti, jeigu jie neatsisakys savo piktų kelių ir nedarys to, kas gera".12 Bet jie atsakė: "Jokių vilčių. Mes vykdysime savo pačių sumanymus ir elgsimės, kaip mums patinka".13 Todėl taip sako Viešpats: "Klauskite pagonių, ar kas praeityje girdėjo apie tokius dalykus, kokius padarė Izraelis!14 Ar pradingsta nuo Libano uolų baltas sniegas? Ar išsenka šaltinio šaltas, tekantis vanduo?15 Tačiau mano tauta pamiršo mane, tuštybėms jie smilko smilkalus! Jie nukrypo nuo savo seno kelio ir eina takais, o ne vieškeliu,16 kad padarytų savo šalį dykuma, amžina pajuoka. Kiekvienas praeivis ja baisėsis ir kraipys galvą.17 Kaip rytų vėjas Aš juos išsklaidysiu priešo akivaizdoje, nugarą atsuksiu jiems jų nelaimės dieną!"18 Jie tarėsi: "Susirinkime ir surenkime prieš Jeremiją sąmokslą! Įstatymas tebėra pas kunigą, patarimaspas išminčių, žodispas pranašą. Eikime ir pulkime jį liežuviu, nekreipkime dėmesio į jo kalbas".19 Viešpatie, saugok mane ir išgirsk, ką mano priešininkai kalba.20 Argi atmokama už gera piktu? Jie kasa duobę mano gyvybei. Atsimink, kaip aš stovėjau Tavo akivaizdoje ir kalbėjau už juos, kad nukreipčiau nuo jų Tavo rūstybę!21 Jų vaikai tebadauja, atiduok juos kardo valiai. Jų žmonos tenetenka vaikų ir tetampa našlėmis, jų vyraitepražūna, o jaunuoliai tekrinta kovoje.22 Tegul pasigirsta šauksmas iš jų namų, kai juos staiga užpuls priešai! Jie kasė duobę, norėdami mane pagauti, ir slapta dėjo man spąstus.23 Viešpatie, tu žinai visą jų sąmokslą nužudyti mane. Neatleisk jų kalčių ir nuodėmių nepašalink! Tebūna jie parblokšti Tavo akivaizdoje! Nubausk juos savo rūstybės metu!