Publicidade

Jeremias 49

1 Oor die kinders van Ammon. So sê die HERE: Het Israel geen kinders nie? Het hy geen erfgenaam nie? Waarom het Milkom Gad uit sy besitting verdrywe en woon sy mense in die stede daarvan?2 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek teen Rabba van die kinders van Ammon oorlogsgeskreeu sal laat hoor, en dit sal word 'n woeste puinhoop, en sy onderhorige plekke sal met vuur verbrand word; dan sal Israel die wat hom in besit geneem het, in besit neem, sê die HERE.3 Huil, o Hesbon, want Ai is verwoes; skreeu, o dogters van Rabba! Omgord julle met rouklere, hef 'n rouklag aan en swerf rond tussen die klipmure; want Milkom sal in ballingskap gaan, sy priesters en sy vorste almal saam.4 Wat roem jy op die dale, op die oorvloed van jou dal, o afkerige dogter, wat op jou voorrade vertrou en sê: Wie sal aan my kom?5 Kyk, Ek bring vrees oor jou vir almal wat rondom jou is, spreek die Here HERE van die leërskare; en julle sal weggedryf word, elkeen reg voor hom uit, sonder dat iemand die swerwelinge vergader.6 Maar daarna sal Ek die lot van die kinders van Ammon verander, spreek die HERE.7 Oor Edom. So sê die HERE van die leërskare: Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Ontbreek raad by die verstandiges? Is hulle wysheid uitgeput?8 Vlug, draai om, skuil diep weg, o inwoners van Dedan! Want Ek het die ondergang van Esau oor hom gebring, die tyd dat Ek oor hom besoeking doen.9 As daar druiwesnyers na jou kom, sal hulle geen na-oes laat oorbly nie; of diewe in die nag -- hulle sal verniel totdat hulle genoeg het.10 Want Ek het Esau ontbloot, Ek het sy skuilplekke oopgemaak, sodat hy hom nie kan wegsteek nie; sy geslag is verwoes, ook sy broers en sy bure, en hy is daar nie.11 Laat jou wese agterbly, en k sal hulle in die lewe hou, en laat jou weduwees op My vertrou.12 Want so sê die HERE: Kyk, hulle wat eintlik die beker nie moes drink nie, moet sekerlik drink; en jy, sou jy heeltemal ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie, maar sekerlik drink.13 Want Ek het by Myself gesweer, spreek die HERE, dat Bosra 'n voorwerp van verbasing, van smaad, 'n woestheid en 'n vervloeking sal word; en al sy stede sal ewige puinhope wees.14 Ek het 'n tyding van die HERE gehoor, en 'n boodskapper is gestuur onder die nasies om te sê: Versamel julle en kom aan teen hom en maak julle gereed vir die oorlog.15 Want kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, verag onder die mense.16 Jou vreeslikheid het jou bedrieg, die vermetelheid van jou hart, o jy wat woon in die rotsklowe, jy wat die top van die heuwel in besit hou! Al maak jy jou nes so hoog soos die arend -- daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die HERE.17 So sal Edom dan 'n voorwerp van verbasing word; elkeen wat by hom verbytrek, sal hom verbaas en spot oor al sy plae.18 Soos die omkering van Sodom en Gomorra met hulle bure, sê die HERE, sal daar niemand woon en geen mensekind daar vertoef nie.19 Kyk, soos 'n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in 'n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag; en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar? En wie is tog 'n herder wat voor my aangesig kan standhou?20 Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Edom geneem en sy planne wat Hy teen die inwoners van Teman beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.21 Van die geluid van hulle val bewe die aarde; daar is 'n geskreeu -- by die Skelfsee word die geluid daarvan gehoor.22 Kyk, een sal opstyg en vlieg soos 'n arend en sy vlerke oor Bosra uitsprei; en die hart van die helde van Edom sal in die dag wees soos die hart van 'n vrou wat in nood is.23 Oor Damaskus. Beskaamd staan Hamat en Arpad, want hulle het slegte tyding gehoor; hulle beweeg, soos die see, in bekommernis, dit kan nie rus nie.24 Damaskus is ontmoedig, hy het omgedraai om te vlug, en skrik het hom aangegryp; benoudheid en weë soos van een wat baar, het hom aangegryp.25 Hoe is die roemryke stad nie verlaat nie, die vesting van my vreugde!26 Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine, en al die krygsmanne in die dag omkom, spreek die HERE van die leërskare.27 En Ek sal 'n vuur aansteek in die muur van Damaskus, en dit sal die paleise van B,nhadad verteer.28 Oor Kedar en oor die koninkryke van Hasor wat Nebukadr,sar, die koning van Babel, verslaan het. So sê die HERE: Maak julle klaar, trek op teen Kedar, en verdelg die kinders van die Ooste.29 Hulle sal hulle tente en kleinvee wegvoer, hulle tentdoeke en al hulle huisraad en hulle kamele meeneem, en oor hulle uitroep: Skrik rondom!30 Vlug, vlug haastig, skuil diep weg, o inwoners van Hasor, spreek die HERE; want Nebukadr,sar, die koning van Babel, het 'n besluit teen julle geneem en 'n plan teen julle beraam.31 Maak julle klaar, trek op teen 'n sorgelose nasie wat in gerustheid woon, spreek die HERE, wat geen poorte of grendel het nie, wat alleen woon.32 En hulle kamele sal 'n roof en die menigte van hulle vee 'n buit wees; en Ek sal hulle verstrooi na al die windstreke, die wat aan die rand hulle hare wegskeer; en Ek sal hulle ondergang van alle kante aanbring, spreek die HERE.33 En Hasor sal word 'n lêplek van jakkalse, 'n wildernis tot in ewigheid; niemand sal daar woon nie, en geen mensekind sal daar vertoef nie.34 Die woord van die HERE wat tot die profeet Jeremia gekom het oor Elam, in die begin van die regering van Sedek¡a, die koning van Juda, naamlik:35 So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek verbreek die boog van Elam, die keur van hulle krag.36 En Ek sal vier winde uit die vier hoeke van die hemel oor Elam aanbring en sal hulle na al hierdie windstreke verstrooi; en daar sal geen nasie wees waar die verjaagdes van Elam nie sal kom nie.37 En Ek sal Elam verskrik voor hulle vyande en voor die wat hulle lewe soek, en Ek sal onheil oor hulle bring, die gloed van my toorn, spreek die HERE; en Ek sal die swaard agter hulle aan stuur totdat Ek hulle vernietig het.38 En Ek sal my troon in Elam vestig, en sal koning en vorste daaruit tot niet maak, spreek die HERE.39 Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Elam verander, spreek die HERE.

1 Viešpats sako amonitams: "Argi Izraelis neturi paveldėtojų? Kodėl Milkomas paveldėjo Gadą ir jo žmonės apsigyveno miestuose?2 Ateis diena, kai Aš leisiu amonitų Rabai patirti karą. Ji pavirs griuvėsiais, o aplinkiniai miestai bus sudeginti; Izraelis atgaus savo nuosavybę.3 Vaitok, Hešbone, nes Ajas sunaikintas. Šaukite, Rabos dukterys, apsivilkite ašutinėmis, raudokite, bėgiodamos patvoriais, nes Milkomas ir jo kunigai bei kunigaikščiai eis į nelaisvę.4 Ko tu giries savo slėniais, nuklydusioji dukra? Pasitiki savo turtais, sakydama: ‘Kas drįs eiti prieš mane?’5 Aš atvesiu prieš tave siaubą,­ sako Viešpats, kareivijų Dievas.­ Apsupę priešai taip jus išsklaidys, kad visi išbėgios ir niekas jų nebesurinks.6 Bet po to Aš išlaisvinsiu amonitus,­sako kareivijų Viešpats".7 Kareivijų Viešpats sako Edomui: "Ar nebėra išminties Temane? Ar išminčiai nebeduoda patarimų, ar jų išmintis išseko?8 Bėkite ir pasislėpkite slėptuvėse, Dedano gyventojai! Aš sunaikinsiu Ezavą, aplankydamas jį.9 Ar vynuogių skynėjai nepaliktų kiek vynuogių? Jei vagys įsilaužtų nakčia, ar jie nepavogtų tik tiek, kiek jiems reikia?10 Bet Aš apnuoginau Ezavą, Aš atidengiau jo paslaptis, ir jis nebeturės, kur pasislėpti. Jo vaikai, broliai ir kaimynai bus sunaikinti.11 Palik savo našlaičius, Aš išsaugosiu juos, tavo našlės tepasitiki manimi.12 Jei nekaltieji turės gerti taurę, tai ar tu liksi nebaustas? Tu neišvengsi bausmės!13 Aš prisiekiau pats savimi, kad Bocra taps siaubu, virs dykuma bei keiksmažodžiu; visi jos miestai bus amžini griuvėsiai,­sako Viešpats".14 Aš sužinojau iš Viešpaties, kad pasiuntinys yra pasiųstas tautoms. Jis kviečia visus į kovą prieš jį.15 "Tu būsi mažas tarp tautų ir paniekintas žmonėse.16 Tavo smarkumas ir širdies išdidumas apgavo tave. Tu gyveni uolų plyšiuose, laikaisi kalvų viršūnėse. Jei tu susikrautum savo lizdą taip aukštai kaip erelis, Aš nustumčiau tave žemyn,­sako Viešpats.­17 Edomas taps pasibaisėjimu; kiekvienas praeivis švilps ir baisėsis jo likimu.18 Kaip sunaikinta Sodoma ir Gomora bei jų apylinkės, taip ir čia nepasiliks ir negyvens joks žmogus.19 Kaip liūtas iš Jordano tankynės jis pakyla ir ateina prieš stipriųjų buveines, bet Aš jį nuvysiu ir paskirsiu tą, kurį išsirinksiu. Kas yra man lygus ir kas gali man pasipriešinti?20 Štai Viešpaties nutarimas Edomui ir sprendimas Temano gyventojams. Iš tiesų net menkiausi iš bandos juos ištrems ir jų buveinės liks apleistos.21 Nuo jų griuvimo trenksmo sudrebės žemė, ir jų šauksmo balsas bus girdimas prie Raudonosios jūros.22 Jis pakils kaip erelis, atskris ir išskės sparnus virš Bocros. Tą dieną Edomo kariai bus nuliūdę ir išsigandę kaip moterys".23 Apie Damaską: "Sąmyšis Hamate ir Arpade, nes bloga žinia pasiekė juos. Jie išsigandę nerimauja kaip neramios jūros bangos.24 Damaskas nusiminęs bėga baimės apimtas; baimė ir skausmai užgriuvo jį kaip gimdyvę.25 Garsusis miestas ištuštėjo, mano džiaugsmo miestas.26 Jo jaunuoliai ir kariai žus gatvėse tą dieną,­sako kareivijų Viešpats,­27 Aš įžiebsiu ugnį Damasko sienose, ji praris Ben Hadado rūmus".28 Apie Kedarą ir Hacoro karalystes, kurias nugalėjo Nebukadnecaras, Babilono karalius, Viešpats sako: "Pasiruoškite ir žygiuokite prieš Kedarą, apiplėškite rytų tautas.29 Jie paims jų palapines ir bandas, apdangalus, indus ir kupranugarius. Ir jiems šauks: ‘Siaubas iš visų pusių!’30 Skubiai bėkite ir pasislėpkite, Hacoro gyventojai. Nebukadnecaras, Babilono karalius, tarėsi prieš jus ir nusprendė dėl jūsų.31 Pakilk prieš šitą turtingą, ramiai gyvenančią tautą,­sako Viešpats.­Jie neturi nei vartų, nei užkaiščių, gyvena atsiskyrę.32 Jų kupranugariai ir didžiulės bandos taps grobiu. Aš išsklaidysiu į visas šalis vyrus, kurie kerpasi plaukus, ir bausiu juos iš visų pusių,­sako Viešpats,­33 Hacore gyvens šakalai, jis liks amžina dykuma. Jame negyvens joks žmogus".34 Viešpats kalbėjo pranašui Jeremijui apie Elamą, pradedant karaliauti Zedekijui, Judo karaliui:35 "Aš sulaužysiu Elamo lanką, jo didžiausią stiprybę.36 Aš pasiųsiu ant Elamo keturis vėjus iš keturių pasaulio šalių ir juos išsklaidysiu į visus pasaulio kraštus taip, kad nebus tautos, kurioje Elamo išsklaidytųjų nebūtų.37 Aš sukelsiu Elame baimę priešų, kurie siekia jo gyvybės, ir atvesiu prieš juos nelaimę, savo rūstybę, siųsiu paskui juos kardą ir sunaikinsiu juos.38 Aš pastatysiu Elame savo sostą ir pašalinsiu jų karalius bei kunigaikščius.39 Bet paskutinėmis dienomis Aš išvaduosiu Elamą,­sako Viešpats".

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-