Publicidade

Jeremias 8

1 In die tyd, spreek die HERE, sal hulle die bene van die konings van Juda en die bene van sy vorste en die bene van die priesters en die bene van die profete en die bene van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte uithaal,2 en hulle sal dit uitsprei voor die son en voor die maan en voor die hele leër van die hemel wat hulle liefgehad en gedien het, en waar hulle agter aan geloop het, en wat hulle gesoek en waarvoor hulle hul neergebuig het; dit sal nie versamel en begrawe word nie, mis sal dit op die aarde wees.3 En die dood sal bo die lewe verkies word deur die hele oorblyfsel, die wat oor is van hierdie bose geslag in al die plekke waarheen Ek hulle verdryf het, spreek die HERE van die leërskare.4 En jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE: Sal iemand val en nie weer opstaan nie? Of sal hy weggaan en nie weer terugkom nie?5 Waarom is dan hierdie volk, Jerusalem, afkerig met 'n aanhoudende afkerigheid? Hulle hou vas aan bedrog, hulle weier om terug te keer.6 Ek het geluister en gehoor: hulle spreek wat nie reg is nie; daar is niemand wat berou het oor sy boosheid, dat hy sou sê: Wat het ek gedoen nie? Elkeen spring weg in sy loop soos 'n perd wat storm in die geveg.7 Selfs 'n groot sprinkaanvoël aan die hemel ken sy bepaalde tye, en 'n tortelduif en 'n swaweltjie en 'n kraanvoël neem die tyd van hulle koms in ag; maar my volk ken die reg van die HERE nie.8 Hoe durf julle sê: Ons is wys, en die wet van die HERE is by ons? Waarlik, kyk, bedrieglik werk die leuenpen van die skrywers.9 Die slim mense kom in die skande, is verslae en verstrik. Kyk, hulle het die woord van die HERE verwerp, en watter wysheid sou hulle hê?10 Daarom sal Ek hulle vroue aan ander gee, hulle landerye aan veroweraars; want van die kleinste tot die grootste maak hulle almal onregverdige wins; van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog.11 En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! -- terwyl daar geen vrede is nie.12 Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het, tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; en die tyd van hulle besoeking sal hulle struikel, sê die HERE.13 Saamskraap, wegraap sal Ek hulle, spreek die HERE. Daar is geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, ja, die blare verdor. So het Ek ook vir hulle die bestel wat dwarsoor hulle sal gaan.14 Waarom bly ons sit? Kom bymekaar, en laat ons in die versterkte stede ingaan en daar omkom; want die HERE onse God laat ons omkom, en Hy laat ons gifwater drink, omdat ons teen die HERE gesondig het.15 Hulle wag op vrede, maar daar is niks goeds nie; op 'n tyd van beterskap, maar kyk, daar is verskrikking.16 Van Dan af word die gesnuif van sy perde gehoor, vir die geluid van die gerunnik van sy perde bewe die hele land; en hulle kom en eet die land op en sy volheid, die stad en die wat daarin woon.17 Want kyk, Ek stuur slange, basiliske onder julle waarteen daar geen beswering is nie, en hulle sal julle byt, spreek die HERE.18 Ag, kon ek my maar opvrolik in kommer! My hart is krank in my.19 Daar is die hulpgeroep van die dogter van my volk uit 'n baie ver land: Is die HERE nie in Sion nie? Of is sy Koning nie daarin nie? Waarom het hulle My geterg met hulle gesnede beelde, met vreemde, nietige afgode?20 Die oes is verby, die somer is ten einde, en ons is nie verlos nie!21 Vanweë die verbreking van die dogter van my volk is ek gebreek, is ek in die rou; verbaasdheid het my aangegryp.22 Is daar geen balsem in G¡lead nie? Of is daar geen geneesheer nie? Want waarom het die genesing van die dogter van my volk nie tot stand gekom nie?

1 "Tuo metu,­sako Viešpats,­paims iš kapų Judo karalių, kunigaikščių, kunigų, pranašų ir Jeruzalės gyventojų kaulus.2 Juos išbarstys priešais saulę, mėnulį ir visą dangaus kareiviją, kuriuos jie mylėjo ir sekė, kuriems tarnavo, ieškojo ir garbino. Jie nebus surinkti ir palaidoti, jie bus mėšlas dirvai tręšti.3 Visi likę gyvieji iš šitos piktos kartos, kurie yra mano išsklaidyti, labiau norės mirti negu gyventi.4 Sakyk jiems: ‘Taip sako Viešpats: ‘Jei kas krinta, ar jis nebeatsikels? Jei kas nusigręžia, ar jis nebeatsigręš?5 Kodėl šita tauta užsispyrusiai laikosi savo paklydimo? Jie įsikibę į apgaulę ir nesutinka atsiversti.6 Aš klausiausi ir supratau, kad jie kalba netiesą. Nė vienas neatgailauja dėl savo nedorybės, sakydamas : ‘Ką aš padariau?’ Jie visi eina savais keliais kaip žirgas, puoląs į kovą.7 Net gandras, balandis, kregždė ir strazdas žino savo sugrįžimo laiką, bet mano tauta nežino Viešpaties nuostatų.8 Kaip jūs galite sakyti: ‘Mes išmintingi ir Viešpaties įstatymas yra pas mus’? Iš tikrųjų mano įstatymą raštininkų plunksna padarė bevertį.9 Išmintingieji bus sugėdinti, išgąsdinti ir pagauti. Jie atmetė Viešpaties žodį, tai kur jų išmintis?10 Todėl Aš atiduosiu jų žmonas kitiems, jų laukus svetimiems, nes jie visi, nuo mažiausio iki didžiausio, pasidavę godumui, nuo pranašo iki kunigo jie visi elgiasi klastingai.11 Jie gydo mano tautos žaizdas tik paviršutiniškai, sakydami: ‘Taika! Taika!’ Tačiau taikos nėra.12 Jie turėtų gėdytis, nes elgėsi bjauriai, tačiau jie nei gėdijasi, nei parausta. Todėl jie kris tarp krintančių sukniubę, kai juos aplankysiu’,­sako Viešpats.13 ‘Aš tikrai juos sunaikinsiu,­sako Viešpats.­Neliks vynuogių ant vynmedžių ir figų ant figmedžių, o lapai nuvys. Tai, ką jiems esu davęs, pasitrauks nuo jų’ ".14 Kodėl mes čia sėdime? Susirinkime, skubėkime į sustiprintus miestus ir ten sėdėkime tyliai, nes Viešpats, mūsų Dievas, mus nutildė ir girdo karčiu vandeniu, kadangi Jam nusidėjome.15 Mes laukėme taikos, bet nieko gero nesulaukėme. Laukėme sveikatos, o štai­sunaikinimas!16 Nuo Dano girdisi žirgų prunkštimas, nuo jų žvengimo dreba visas kraštas. Priešas užima šalį ir ryja visa: jos turtus, miestus ir gyventojus.17 "Aš siunčiu jums nuodingų gyvačių, kurių negalima užkerėti, ir jos jus įgels",­sako Viešpats.18 Kada aš būsiu paguostas savo skausme, mano širdis alpsta manyje.19 Mano tautos pagalbos šauksmas girdisi visame krašte. Argi nebėra Viešpaties Sione? Argi jis nebekaraliauja? Kodėl jie pykdė mane savo drožiniais ir svetimais stabais?20 Praėjo pjūtis, pasibaigė vasara, o mes nesame išgelbėti.21 Dėl savo tautos nelaimės aš kenčiu ir gedžiu, siaubas apėmė mane.22 Argi nėra balzamo Gileade, argi nėra ten gydytojo? Kodėl neužgyja mano tautos žaizda?

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-