1 Die sonde van Juda is geskrywe met 'n ystergriffel, met 'n diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare --2 telkens as hulle kinders aan hulle altare dink en aan hulle heilige boomstamme by die groen bome, op die hoë heuwels.3 My berg in die veld, jou rykdom, al jou skatte sal Ek as buit gee saam met jou hoogtes, weens die sonde in jou hele grondgebied.4 En jy sal uitval -- en dit deur jouself -- uit jou erfenis wat Ek jou gegee het, en Ek sal jou jou vyande laat dien in 'n land wat jy nie ken nie; want julle het 'n vuur aangesteek in my toorn, tot in ewigheid sal dit brand.5 So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.6 En hy sal wees soos 'n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, 'n brakkerige en onbewoonde land.7 Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.8 Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?10 Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.11 'n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy 'n dwaas wees.12 'n Troon van heerlikheid, verhewe van die begin af, is die plek van ons heiligdom.13 o HERE, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het die HERE, die fontein van lewende water, verlaat.14 Maak my gesond, HERE, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.15 Daar sê hulle vir my: Waar is die woord van die HERE? Laat dit tog kom!16 Wat my aangaan, ek het my nie onttrek om U as herder te volg nie, en die ongelukkige dag het ek nie begeer nie. U weet dit. Wat uit my lippe uitgegaan het, was voor u aangesig.17 Wees my nie tot 'n verskrikking nie; U is my toevlug in die dag van onheil.18 Laat my vervolgers beskaamd staan, maar laat my nie beskaamd staan nie; laat hulle verskrik wees, maar laat my nie verskrik wees nie. Bring oor hulle die dag van onheil, en verbreek hulle met 'n dubbele verbreking.19 So het die HERE vir my gesê: Gaan staan in die poort van die kinders van die volk, waardeur die konings van Juda ingaan en waardeur hulle uitgaan, ja, al die poorte van Jerusalem;20 en sê vir hulle: Hoor die woord van die HERE, konings van Juda en die hele Juda en al die inwoners van Jerusalem wat deur hierdie poorte ingaan:21 So spreek die HERE: Neem julle in ag om julle siele ontwil, dat julle geen las dra op die sabbatdag en dit inbring deur die poorte van Jerusalem nie.22 Ook mag julle geen las uit julle huise op die sabbatdag uitdra of enige werk doen nie; maar julle moet die sabbatdag heilig soos Ek julle vaders beveel het.23 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hul nek verhard om nie te luister nie en geen tugtiging aan te neem nie.24 As julle dan aandagtig na My luister, spreek die HERE, om geen las deur die poorte van hierdie stad op die sabbatdag in te bring nie en om die sabbatdag te heilig deur daarop g,,n werk te doen nie,25 dan sal deur die poorte van hierdie stad konings en vorste ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hulle en hulle vorste, die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem; en hierdie stad sal vir ewig bewoon word.26 En hulle sal kom uit die stede van Juda en uit die omstreke van Jerusalem en uit die land Benjamin en uit die Laeveld en uit die Gebergte en uit die Suidland, hulle wat brandoffer en slagoffer en spysoffer en wierook aanbring, en lofoffer aanbring in die huis van die HERE.27 Maar as julle na My nie luister om die sabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem op die sabbatdag in te gaan nie, sal Ek 'n vuur in sy poorte aansteek, wat die paleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie.
1 Judo nuodėmė užrašyta geležiniu rašikliu, aštriu deimantu įrėžta į jų širdį ir ant aukurų ragų,2 kol jų vaikai atsimena aukurus ir alkus po žaliuojančiais medžiais ant aukštų kalvų.3 O mano kalne laukuose! Tavo turtą ir visus lobius leisiu išplėšti visame krašte už tavo nuodėmes.4 Tu turėsi palikti savo paveldėjimą, kurį tau daviau; tave padarysiu vergu priešų šalyje, kurios nepažįsti, nes mano rūstybės ugnis degs amžinai.5 Taip sako Viešpats: "Prakeiktas žmogus, kuris pasitiki žmogumi ir laiko kūną savo stiprybe, kurio širdis nutolsta nuo Viešpaties.6 Jis bus kaip krūmokšnis dykumoje ir nieko gero nematys. Jis gyvens sausoje, druskingoje ir negyvenamoje šalyje.7 Palaimintas žmogus, kuris pasitiki Viešpačiu, kurio viltis yra Viešpats!8 Jis bus kaip medis, pasodintas prie vandens, leidžiantis šaknis prie upelio. Jis nebijos ateinančios kaitros, jo lapai visada žaliuos. Jis nesirūpins sausros metu, bet nuolat neš vaisių.9 Širdis yra labai klastinga ir be galo nedora. Kas ją supras!10 Aš, Viešpats, ištiriu širdį, išbandau inkstus ir atlyginu kiekvienam pagal jo kelius ir jo darbų vaisius".11 Kaip kurapka, tupinti ant kiaušinių, bet neišperinti jų, yra tas, kuris neteisingai įgyja turtą. Gyvenimui įpusėjus turtai paliks jį, ir galiausiai jis liks kaip kvailys.12 Mūsų šventykla yra šlovingas sostas, išaukštintas nuo pradžios.13 Viešpatie, Izraelio viltie! Visi, kurie palieka Tave, bus sugėdinti. Kurie nutolsta nuo Tavęs, bus įrašyti į žemės dulkes, nes jie paliko Viešpatį, gyvojo vandens versmę.14 Viešpatie, pagydyk mane, tai būsiu sveikas; gelbėk mane, tai būsiu išgelbėtas, nes Tu esi mano gyrius!15 Jie man sako: "Kur Viešpaties žodis? Teateina dabar!"16 Aš niekados nevengiau būti ganytoju pas Tave ir nelaukiau nelaimės. Tu žinai visa, ką kalbėjau.17 Negąsdink manęs, Tu esi mano viltis piktą dieną.18 Sugėdink mano persekiotojus ir išgąsdink juos, bet ne mane! Siųsk jiems piktą dieną ir sunaikink juos dvigubu sunaikinimu!19 Viešpats įsakė man: "Eik ir atsistok šventyklos vartuose, pro kuriuos įeina ir išeina Judo karaliai, ir kituose Jeruzalės vartuose,20 sakydamas jiems: ‘Klausykitės Viešpaties žodžio, Judo karaliai ir visi Judo bei Jeruzalės gyventojai, kurie įeinate pro šiuos vartus!21 Taip sako Viešpats: ‘Saugokitės ir neneškite nieko sabato dieną pro Jeruzalės vartus.22 Neišneškite jokios naštos iš savo namų sabato dieną ir nedirbkite jokio darbo, bet švęskite sabatą, kaip įsakiau jūsų tėvams.23 Tačiau jie neklausė ir nekreipė dėmesio, bet užsispyrė, kad negirdėtų ir nepriimtų pamokymo.24 Jei jūs manęs paklausysite,sako Viešpats,ir nenešite jokios naštos į šitą miestą pro vartus sabato dieną, bet švęsite sabatą ir nedirbsite jokio darbo,25 tai pro šito miesto vartus įeis karaliai ir kunigaikščiai, sėdintieji Dovydo soste; važiuos vežimais ir jos ant žirgų jie ir jų kunigaikščiai, Judo ir Jeruzalės gyventojai; ir šitas miestas pasiliks per amžius.26 Jie ateis iš Judo miestų, iš Jeruzalės apylinkių, iš Benjamino krašto, iš lygumos, iš kalnyno ir pietų šalies, atnešdami deginamąsias, padėkos ir duonos aukas bei smilkalus į Viešpaties namus.27 Bet jei manęs neklausysite, nešvęsite sabato, nešite naštas pro Jeruzalės vartus sabato dieną, tai Aš uždegsiu jos vartus ir sunaikinsiu Jeruzalės rūmus’ ".