1 Want kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, 'n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.3 En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare.4 Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel -- insettinge en verordeninge.5 Kyk, Ek stuur julle die profeet El¡a voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek.6 En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.
1 "Štai ateina diena, deganti kaip krosnis, kurioje visi išdidieji ir visi nedorėliai sudegs kaip ražienos,sako kareivijų Viešpats.Jiems neliks nei šaknies, nei šakos.2 Bet jums, bijantiems mano vardo, užtekės teisumo saulė su išgydymu po jos sparnais. Jūs išeisite ir šokinėsite kaip išleisti iš tvarto veršiukai.3 Jūs mindžiosite nedorėlius, ir jie bus pelenai po jūsų kojomis tą dieną, kai Aš tai padarysiu,sako kareivijų Viešpats.4 Atsiminkite mano tarno Mozės įstatymą, kurį daviau Horebe visam Izraeliui, jo nuostatus ir potvarkius.5 Aš siųsiu jums pranašą Eliją, prieš ateinant didingai ir baisiai Viešpaties dienai.6 Jis atgręš tėvų širdis į vaikus ir vaikų širdis į tėvus, kad neateičiau ir neištikčiau žemės prakeikimu".