1 Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.2 Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.3 En Hy sal sit: 'n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid 'n offer sal bring.4 Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir die HERE aangenaam wees soos in die ou dae en soos in die jare van die voortyd.5 En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal 'n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die HERE van die leërskare.6 Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.7 Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?8 Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.9 Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.11 Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.12 En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare.13 Vermetel is julle woorde teen My, sê die HERE. Maar julle vra: Wat het ons onder mekaar teen U gespreek?14 Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit ons om sy verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van die HERE van die leërskare te wandel?15 En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry!16 Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer.17 En hulle sal My tot 'n eiendom wees, sê die HERE van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos 'n man medelyde het met sy seun wat hom dien.18 Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.
1 "Aš siunčiu savo pasiuntinį paruošti kelią pirma manęs. Viešpats, kurio jūs laukiate, ateis netikėtai į savo šventyklą. Štai Jis ateina, sandoros pasiuntinys, kuris jums patinka",sako kareivijų Viešpats.2 Kas išsilaikys tą dieną ir kas ištvers, Jam pasirodžius? Jis yra kaip lydytojo ugnis ir kaip skalbėjų šarmas.3 Jis ateis kaip sidabro ir aukso lydytojas ir apvalys Levio palikuonis, išgrynins juos kaip auksą ir sidabrą, kad aukotų Viešpačiui teisumo auką.4 Tada Viešpačiui patiks Judo ir Jeruzalės aukos kaip praeityje.5 "Aš ateisiu jūsų teisti ir nedelsdamas pasmerksiu žynius, svetimautojus, melagingai prisiekiančius, nusukančius samdinių algą, skriaudžiančius našles bei našlaičius, laužančius ateivių teises ir manęs nebijančius.6 Aš esu Viešpats, Aš nesikeičiu, todėl jūs, Jokūbo vaikai, nebuvote sunaikinti.7 Jūs jau nuo savo tėvų dienų palikote mano nuostatus ir jų nesilaikėte. Sugrįžkite pas mane, tai Aš sugrįšiu pas jus. Jūs sakote: ‘Kaip mums sugrįžti?’8 Ar gali žmogus apiplėšti Dievą? Tačiau jūs apiplėšėte mane. Jūs sakote: ‘Kaip mes apiplėšėme Tave?’ Dešimtinėmis ir aukomis!9 Prakeikimas krinta ant jūsų, kadangi jūs, visa tauta, apiplėšėte mane.10 Atneškite visas dešimtines į sandėlius, kad būtų maisto mano namuose, ir tuo išmėginkite mane,sako kareivijų Viešpats.Ar Aš neatversiu jums dangaus langų ir neišliesiu jums apsčiai palaiminimų?11 Ar nesudrausiu kenkėjo, kad jis nesunaikintų jūsų laukų derliaus ir vynmedis neliktų be vaisių? sako kareivijų Viešpats.12 Tada visos tautos vadins jus palaimintais, nes būsite graži šalis, sako kareivijų Viešpats.13 Įžūlios yra jūsų kalbos prieš mane, tačiau jūs sakote: ‘Ką gi sakėme prieš Tave?’14 Jūs sakėte: ‘Jokios naudos iš tarnavimo Dievui. Kas iš to, kad laikėmės Jo nuostatų ir vaikščiojome nuleidę galvas Viešpaties akivaizdoje?15 Dabar mes vadiname laimingais išdidžiuosius. Jiems sekasi, nors jie elgiasi nedorai. Jie gundo Dievą, bet nebaudžiami’ ".16 Dievo bijantys kalbėjosi vienas su kitu. Viešpats stebėjo ir klausė. Buvo parašyta Jo akivaizdoje atminimo knyga apie tuos, kurie bijo Viešpaties ir gerbia Jo vardą.17 "Jie bus mano,sako kareivijų Viešpats.Tą dieną Aš padarysiu juos savo brangenybėmis. Aš jų gailėsiuos, kaip gailisi žmogus savo sūnaus, kuris jam tarnauja.18 Tada jūs matysite skirtumą tarp teisiojo ir nedorėlio, tarp to, kuris tarnauja Dievui, ir to, kuris Jam netarnauja".