Publicidade

Jeremias 9

1 Ag, was my hoof maar water en my oog 'n fontein van trane! Dan sou ek dag en nag beween die wat verslaan is van die dogter van my volk.2 Ag, het ek in die woestyn maar 'n herberg vir reisigers gehad! Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af wegtrek; want hulle is almal owerspelers, 'n hoop ontroue mense.3 En hulle span hulle tong, soos hulle boog, met leuens, en nie volgens waarheid is hulle magtig in die land nie; want van boosheid tot boosheid gaan hulle voort, maar My ken hulle nie, spreek die HERE.4 Pas op, elkeen vir sy vriend, en vertrou op geen broer nie; want elke broer is net 'n onderkruiper, en elke vriend gaan om met kwaadsprekery.5 En hulle bedrieg elkeen sy vriend en praat nie die waarheid nie; hulle het hul tong geleer om leuens te praat, hulle maak hul moeg met verdraaiery.6 Jou woning is in die midde van bedrog; deur bedrog weier hulle om My te ken, spreek die HERE.7 Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek smelt hulle en toets hulle; want hoe sou Ek anders handel vanweë die dogter van my volk?8 Hulle tong is 'n moordpyl; dit spreek bedrog; met die mond spreek hulle van vrede met hul naaste, maar in hul binneste beraam hulle listige planne.9 Sou Ek hieroor aan hulle geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie?10 Ek sal geween en geklaag aanhef oor die berge en 'n klaaglied oor die weivelde van die woestyn; want hulle is verwoes, sodat niemand daar deurtrek nie, en 'n mens hoor geen geluid van vee nie; die voëls van die hemel sowel as die diere -- hulle het gevlug, weggetrek.11 En Ek sal Jerusalem maak tot kliphope, 'n lêplek van jakkalse; en die stede van Juda sal Ek 'n woesteny maak, sonder inwoner.12 Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? En met wie het die mond van die HERE gespreek, dat hy dit kan verkondig? Waarom het die land te gronde gegaan, is dit verwoes soos die woestyn, sodat niemand daar deurtrek nie?13 En die HERE het gesê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie,14 maar gewandel het agter die verhardheid van hulle hart en agter die Ba„ls aan, waaraan hulle vaders hulle gewend gemaak het,15 daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek gee aan hulle, aan hierdie volk, wilde-als om te eet, en Ek laat hulle gifwater drink,16 en Ek verstrooi hulle onder die nasies wat hulle en hul vaders nie geken het nie, en stuur die swaard agter hulle aan totdat Ek hulle verteer het.17 So sê die HERE van die leërskare: Let op, en roep die klaagvroue, dat hulle kom; en stuur na die wyse vroue, dat hulle kom;18 en laat hulle gou maak en oor ons 'n weeklag aanhef, sodat ons oë afloop in trane en ons ooglede stroom van water.19 Want die geluid van weeklag word uit Sion gehoor: Hoe is ons verwoes! Ons het diep in die skande gekom, omdat ons die land moet verlaat, omdat hulle ons wonings omgegooi het.20 Want hoor, o vroue, die woord van die HERE, en laat julle oor opvang die woord van sy mond; en leer julle dogters 'n weeklag en vir mekaar 'n klaaglied.21 Want die dood het in ons vensters opgeklim, in ons paleise ingekom om die kinders van die straat af uit te roei, die jongmanne van die pleine af.22 Sê dit: So spreek die HERE: En die lyke van die mense sal neerval soos mis op die oop veld en soos gerwe agter die maaier sonder dat iemand dit versamel.23 So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie;24 maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in die dinge het Ek 'n behae, spreek die HERE.25 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is, wat nogtans onbesnede is:26 oor Egipte en Juda en Edom en oor die kinders van Ammon en Moab en oor almal wat die rand van hulle hare wegskeer, wat in die woestyn woon; want al die heidene is onbesnede, maar die hele huis van Israel is onbesnede van hart.

1 O kad mano galva būtų vandens šaltinis, ir akys ašarų versmė, kad dieną ir naktį galėčiau apraudoti savo tautos užmuštuosius!2 Jei dykumoje turėčiau pastogę, palikčiau savo tautą ir eičiau ten! Nes jie visi svetimauja­neištikimųjų gauja.3 "Jie sulenkia savo liežuvį melui kaip lanką. Jie nepakyla už tiesą žemėje. Jie eina iš pikto į piktą, o manęs nepažįsta",­sako Viešpats.4 "Saugokitės artimo, nepasitikėkite broliu, nes brolis elgiasi klastingai, o artimas skleidžia šmeižtus.5 Vienas apgauna kitą, jie nekalba tiesos. Jie išmokė savo liežuvius kalbėti melą, elgiasi suktai, kol pavargsta.6 Tu gyveni apsuptas apgaulių. Dėl savo apgaulių jie atsisako pažinti mane",­sako Viešpats.7 Todėl taip sako kareivijų Viešpats: "Aš juos išlydysiu ir mėginsiu, nes kaip kitaip galėčiau pasielgti su tokia tauta?8 Jų liežuvis yra mirtina strėlė, jų žodžiai­klasta. Jie taikiai kalba su savo artimu, bet savo širdyje spendžia jam žabangus.9 Ar dėl to neturėčiau jų bausti?­ sako Viešpats,­ar šitokiai tautai neturėčiau atkeršyti?"10 Dėl kalnų verksiu ir dejuosiu, dėl ganyklų raudosiu, nes jos sunaikintos; niekas nebekeliauja per juos, nebesigirdi ir galvijų balso. Net padangių paukščiai ir žvėrys pasitraukė.11 Aš padarysiu Jeruzalę akmenų krūva, šakalų lindyne ir Judo miestus paversiu negyvenama dykuma.12 Kas yra toks išmintingas, kad tai suprastų? Kam Viešpats kalbėjo, kad jis tai paskelbtų, kodėl šalis sunaikinta lyg dykuma, kad niekas nebekeliauja per ją?13 Viešpats tarė: "Kadangi jie atmetė mano įstatymą, kurį jiems daviau, nepakluso mano balsui ir nesielgė pagal jį,14 bet sekė savo širdies užgaidas ir Baalą, kaip jų tėvai juos mokė,15 todėl Aš juos valgydinsiu metėlėmis, girdysiu karčiu vandeniu16 ir išsklaidysiu tarp tautų, kurių nepažino nei jie, nei jų tėvai. Iš paskos pasiųsiu kardą, kol juos visai sunaikinsiu".17 Taip sako kareivijų Viešpats: "Pašaukite raudotojų, kad jos ateitų,18 kad jos atskubėtų ir giedotų raudą apie mus ir mes susigraudinę verktume".19 Rauda girdėti iš Siono: "Mes sunaikinti, visai sugėdinti! Mes turime palikti gimtinę, mūsų gyvenvietės sunaikintos".20 Klausykitės jūs, moterys, Viešpaties žodžio ir priimkite Jo pamokymą. Mokykite savo dukteris raudoti ir kaimynes apverkti.21 Mirtis įėjo pro langus, įsilaužė į mūsų namus. Ji žudo vaikus gatvėse, jaunuolius aikštėse.22 Taip sako Viešpats: "Žmonių lavonai bus išmėtyti kaip mėšlas laukuose, kaip pėdai užpakalyje pjovėjo. Ir niekas jų nesurinks".23 Taip sako Viešpats: "Išmintingasis tenesigiria savo išmintimi, stiprusis­savo stiprybe, o turtingasis­savo turtais.24 Kas nori girtis, tegul giriasi, kad supranta ir pažįsta mane, kad Aš­Viešpats, kuris vykdau malonę, teismą ir teisingumą žemėje, nes tai man patinka,­sako Viešpats".25 "Ateis diena, kai Aš bausiu visus apipjaustytuosius ir neapipjaustytuosius:26 Egiptą, Judą, Edomą, Amoną, Moabą ir visus, gyvenančius dykumoje. Nes visos tautos yra neapipjaustytos ir Izraelis yra neapipjaustytas širdyje",­sako Viešpats.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-