Publicidade

Jeremias 43

1 En toe Jeremia geëindig het om die hele volk toe te spreek met al die woorde van die HERE hulle God, waarmee die HERE hulle God hom na hulle gestuur het, naamlik al hierdie woorde,2 het As rja, die seun van Hos ja, en Johanan, die seun van Kar,ag, en al die vermetele manne gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek onwaarheid; die HERE onse God het u nie gestuur om te sê: Julle mag nie na Egipte trek om daar as vreemdelinge te vertoef nie.3 Maar Barug, die seun van Ner¡a, hits u teen ons op om ons oor te gee in die hand van die Chaldeërs, dat hulle ons kan doodmaak en ons in ballingskap na Babel kan wegvoer.4 So het Johanan, die seun van Kar,ag, en al die owerstes van die leërs en die hele volk dan nie geluister na die stem van die HERE om in die land Juda te bly nie.5 Maar Johanan, die seun van Kar,ag, en al die owerstes van die leërs het die hele oorblyfsel van Juda geneem wat uit al die nasies waarheen hulle verdryf was, teruggekom het om in die land Juda te woon,6 die manne en die vroue en die kinders en die dogters van die koning en al die mense wat Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, by Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, laat staan het -- ook die profeet Jeremia en Barug, die seun van Ner¡a --7 en hulle het na Egipteland getrek; want hulle het nie geluister na die stem van die HERE nie. En hulle het tot by Tagp nhes gekom.8 Toe het die woord van die HERE tot Jeremia gekom in Tagp nhes en gesê:9 Neem groot klippe in jou hand en begrawe hulle in klei in die vierkant wat by die ingang van Farao se paleis in Tagp nhes is, voor die oë van die Joodse manne;10 en sê vir hulle: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek stuur en laat my kneg Nebukadr,sar, die koning van Babel, haal, en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het; en hy sal sy pragtapyt daaroor uitspan.11 En hy sal kom en Egipteland verower: wie vir die pes bestem is, vir die pes; en wie vir die gevangenskap, vir die gevangenskap; en wie vir die swaard, vir die swaard!12 En Ek sal 'n vuur aansteek in die huise van die gode van Egipte; en hy sal hulle verbrand en hulle as gevangenes wegvoer; en hy sal hom wikkel in die land van Egipte soos 'n herder hom wikkel in sy kleed, en hy sal daarvandaan in vrede wegtrek.13 En hy sal die klippilare van Bet-Semes wat in Egipteland is, verbreek en die huise van die gode van Egipte met vuur verbrand.

1 Kai Jeremijas baigė kalbėti žmonėms Viešpaties, jų Dievo, žodžius, kuriuos Viešpats, jų Dievas, jiems siuntė,2 Azarija, Hošajos sūnus, Johananas, Kareacho sūnus, ir visi išdidūs žmonės atsakė Jeremijui: "Netiesą kalbi! Viešpats, mūsų Dievas, nesiuntė tavęs mums pasakyti: ‘Neikite į Egiptą gyventi’.3 Baruchas, Nerijos sūnus, kursto tave prieš mus, kad mes patektume į chaldėjų rankas ir jie mus nužudytų arba ištremtų į Babiloną!"4 Johananas, Kareacho sūnus, visi karo vadai ir visa tauta nepaklausė Viešpaties įsakymo likti Judo krašte.5 Johananas, Kareacho sūnus, ir visi karo vadai paėmė žmones, sugrįžusius iš visų aplinkinių tautų, kur jie buvo išsklaidyti:6 vyrus, moteris, vaikus ir karaliaus dukteris­visus, kuriuos Nebuzaradanas, sargybos viršininkas, buvo palikęs pas Gedoliją, Šafano sūnaus Ahikamo sūnų, taip pat pranašą Jeremiją ir Baruchą, Nerijos sūnų.7 Jie nepakluso Viešpaties balsui ir atėjo į Tachpanhesą.8 Viešpats kalbėjo Jeremijui Tachpanhese:9 "Imk didelių akmenų ir įkask juos žemėje prie faraono namų vartų Tachpanhese, izraelitams matant,10 ir sakyk: ‘Taip sako Viešpats: ‘Aš pasiųsiu Nebukadnecarą, Babilono karalių, mano tarną, ir pastatysiu jo sostą ant šitų paslėptų akmenų. Ir jis išties savo palapinę virš šitų akmenų.11 Jis ateis ir užims Egipto žemę. Tada kas skirtas mirčiai­mirs, kas skirtas nelaisvei­eis į nelaisvę, kas skirtas kardui­atiteks kardui.12 Jis padegs Egipto dievų namus, o juos išgabens į nelaisvę. Jis apsirengs Egipto kraštu, kaip piemuo apsirengia apsiaustu, ir ramiai išeis iš ten.13 Jis sudaužys atvaizdus Egipto Bet Šemeše ir sudegins Egipto dievų namus’ ".

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-