1 Op my wagtoring wil ek gaan staan en op 'n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord.
2 Toe antwoord die HERE my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.
3 Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie:
4 Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.
5 En bowendien, die wyn is 'n bedrieër, 'n trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos die dood is hy, so onversadelik -- hy vergader vir homself al die nasies en maak vir hom al die volke bymekaar.
6 Sal hulle nie almal oor hom 'n spreuk, 'n spotlied aanhef nie, raaisels oor hom maak nie, en sê: Wee die man wat hom verryk met wat nie aan hom behoort nie -- hoe lank? -- en hom beswaar met verpande goed.
7 Sal die wat jou byt, nie skielik opstaan en jou skrikaanjaers nie opwaak, sodat jy vir hulle 'n prooi word nie?
8 Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal al die volke wat oorgebly het, jou uitbuit, weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
9 Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou, om homself te red uit die greep van onheil.
10 Jy het skande beraadslaag vir jou huis: die uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur.
11 Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord.
12 Wee hom wat 'n stad bou met bloed en 'n vesting stig deur onreg.
13 Kyk, kom dit nie van die HERE van die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?
14 Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
15 Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou.
16 Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer -- drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die HERE omgaan, en skande tref jou eer.
17 Want die geweld aan die L¡banon gepleeg, sal jou oordek; en die verwoesting waarmee die diere skrikgemaak is -- weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
18 Wat baat 'n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, 'n gegote beeld, wat 'n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak?
19 Wee hom wat vir 'n stuk hout sê: Word wakker! vir 'n dooie klip: Ontwaak! Kan hy 'n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is g,,n gees in sy binneste nie!
20 Maar die HERE is in sy heilige tempel -- swyg voor Hom, o ganse aarde!
1 Aš stovėsiu sargyboje, pakilsiu į bokštą ir stebėsiu, ką Viešpats man kalbės ir ką man atsakyti, kai esu baramas.
2 Viešpats atsakydamas man tarė: "Užrašyk regėjimą aiškiai ant plokščių, kad jį galėtų perskaityti prabėgantis.
3 Regėjimas yra skirtam laikui, bet galiausiai jis kalbės ir nemeluos. Jei jis uždelstųlauk, nes jis tikrai išsipildys ir nevėluos.
4 Pasipūtėlio siela nėra dora, bet teisusis gyvens savo tikėjimu.
5 Kaip vynas yra apgaulingas, taip išdidus žmogusbesotis. Jo gerklė kaip mirusiųjų buveinė, nepasotinama kaip mirtis, jis pavergia tautas ir gimines.
6 Ar ne jie dainuos pašaipias dainas ir sugalvos patarlių apie jį: ‘Vargas tam, kuris daugina tai, kas ne jo. Kaip ilgai tai tęsis? Tu apkrauni save užstatų daugybe’.
7 Ar nepabus ir nepakils tie, kurie apiplėš tave, ar neprivers tavęs drebėti? Tada tu tapsi jiems grobiu.
8 Kadangi tu apiplėšei daug tautų, dabar tave apiplėš visos likusios tautosdėl pralieto kraujo ir padaryto smurto miestams ir visiems jų gyventojams.
9 Vargas tam, kuris godžiai siekia neteisingo pelno savo namams, kad susuktų lizdą aukštybėje, kad apsisaugotų nuo nelaimės!
10 Tu atnešei gėdą savo namams, naikindamas tautas, pats praradai gyvybę!
11 Akmuo iš sienos šauks, o medinės sijos jam atsakys:
12 ‘Vargas tam, kuris stato miestą krauju ir tvirtovę neteisybe’.
13 Tai ne kareivijų Viešpaties valia, kad tautos dirbtų ugniai ir giminės vargtų veltui.
14 Žemė bus pilna Viešpaties šlovės pažinimo kaip jūra pilna vandens.
15 Vargas tam, kuris pila savo artimui, ragindamas jį gerti, ir taip jį nugirdo, kad galėtų matyti jo nuogumą.
16 Tu prisipildei gėda vietoj garbės. Dabar gerk ir tu ir atidenk savo gėdą. Viešpats siunčia tau gėdos ir pažeminimo taurę.
17 Tave užgrius Libanui padarytas smurtas ir gyvulių grobimas gąsdins tave dėl žmonių kraujo ir kraštui, miestams bei visiems jų gyventojams padaryto smurto.
18 Kokia nauda iš drožinio, kurį drožėjas padarė? Ar iš lieto atvaizdo, melų mokytojo, kuriuo jo gamintojas pasitiki, darydamas nebylius stabus?
19 Vargas tam, kuris sako medžiui: ‘Pabusk!’, nebyliam akmeniui: ‘Pajudėk!’ Tiesa, jis aptrauktas auksu ir sidabru, tačiau jame nėra kvapo.
20 Bet Viešpats yra savo šventykloje, tenutyla visas pasaulis prieš Jį!"