1 En as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.2 Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.3 Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;4 maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede;5 in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;6 in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;7 in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter-- en linkerhand;8 deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;9 as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;10 as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.11 Ons mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword.12 Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou.13 Maar by wyse van vergoeding -- ek praat soos met kinders -- moet julle ook verruim word.14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?15 En watter ooreenstemming het Christus met B,lial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;18 en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.
1 Būdami Jo bendradarbiai, jūsų taip pat prašome, kad nepriimtumėte Dievo malonės veltui!2 Nes Jis sako: "Aš išklausiau tave priimtinu metu ir išgelbėjimo dieną Aš padėjau tau". Štai dabar yra priimtinas metas, štai dabar išgelbėjimo diena!3 Mes niekuo neduodame akstino pasipiktinti, kad mūsų tarnavimas nebūtų peiktinas.4 Bet visame kame pasirodome Dievo tarnai: su didele kantrybe, skausmuose, sunkumuose, suspaudimuose,5 plakimuose, įkalinimuose, sąmyšiuose, darbuose, budėjimuose, pasninkuose;6 tyrumu, pažinimu, pakantumu, gerumu, Šventąja Dvasia, neveidmainiška meile,7 tiesos žodžiu, Dievo jėga, teisumo ginklais iš dešinės ir kairės;8 gerbiami ir negerbiami, šmeižiami ir giriami, laikomi apgavikais ir teisiais,9 nepažįstamais ir gerai žinomais, laikomi mirštančiaisbet štai mes gyvi; esame baudžiami, bet nenužudomi,10 mus liūdina, bet mes visada džiaugiamės, esame skurdžiai, bet daugelį praturtiname, neturime niekoir valdome viską.11 O korintiečiai! Mūsų lūpos atvirai jums prabilo, mūsų širdis plačiai atverta.12 Ne mumyse jums ankšta; ankšta jūsų pačių širdyse.13 Tad atsimokėkite tuo pačiu, kalbu kaip vaikams,ir taip pat atsiverkite.14 Nevilkite svetimo jungo su netikinčiais. Kas gi bendro tarp teisumo ir nusikaltimo? Ir kas bendro tarp šviesos ir tamsos?15 Kaipgi galima gretinti Kristų su Beliaru? Arba kokia dalis tikinčio su netikinčiu?16 Ir kaip suderinti Dievo šventyklą su stabais? Juk jūs esate gyvojo Dievo šventykla, kaip Dievas yra pasakęs: "Aš gyvensiu juose ir vaikščiosiu tarp jų; būsiu jų Dievas, ir jie bus manoji tauta".17 Todėl: "Išeikite iš jų ir atsiskirkite,sako Viešpats,ir nelieskite to, kas netyra, ir Aš jus priimsiu18 ir būsiu jums Tėvas, o jūs būsite mano sūnūs ir dukterys,sako visagalis Viešpats".