1 Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.2 Ek het dit vroeër gesê, en ek sê dit vooruit soos toe ek die tweede keer aanwesig was, en ek skrywe dit nou in my afwesigheid aan die wat vroeër gesondig het en aan al die ander, dat as ek weer kom, ek nie sal spaar nie,3 aangesien julle 'n bewys soek van Christus wat in my spreek, en Hy is teenoor julle nie swak nie, maar kragtig onder julle.4 Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God.5 Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie -- as julle ten minste nie verwerplik is nie!6 Maar ek hoop dat julle sal insien dat ons nie verwerplik is nie.7 Ek bid God dat julle geen kwaad mag doen nie -- nie dat ons beproef mag blyk nie, maar dat julle kan doen wat goed is, en ons as verwerplikes kan wees.8 Want ons kan niks doen teen die waarheid nie, maar wel v¡r die waarheid.9 Want ons is bly as ons swak is en julle sterk. En hierom bid ons ook, naamlik om julle volmaking.10 Daarom skryf ek dit in my afwesigheid om nie, as ek teenwoordig is, strengheid te gebruik nie, volgens die gesag wat die Here my gegee het om op te bou en nie om af te breek nie.11 Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.12 Groet mekaar met 'n heilige kus.
1 Jau trečią kartą keliauju pas jus. "Dviejų ar trijų liudytojų lūpomis bus patvirtintas kiekvienas žodis".2 Jau sakiau anksčiau ir sakau, kaip ir antrąkart lankydamasis pas jus, ir, būdamas atstu, dabar rašau tiems, kurie anksčiau nusidėjo, ir visiems kitiems,jeigu atvyksiu vėl, būsiu negailestingas.3 Jūs reikalaujate įrodymo, kad manyje kalba Kristus, o Jis nėra silpnas prieš jus, bet galingas jumyse.4 Nors Jis buvo nukryžiuotas dėl silpnumo, bet dabar gyvas Dievo jėga. Nors mes irgi silpni Jame, bet jums gyvensime su Juo Dievo galybe.5 Patikrinkite patys save, ar esate tikėjime. Ištirkite save! Ar nepažįstate savęs ir nežinote, kad jumyse yra Jėzus Kristus, jeigu tik nesate atmestini?6 Bet turiu vilties, kad jūs suprasite, jog mes nesame atmestini.7 Aš meldžiu Dievą, kad jūs nedarytumėte nieko blogo,ne tam, kad pasirodytume tinkami, bet kad jūs darytumėte gera, o mes būtume tartum atmestini.8 Juk nieko negalime daryti prieš tiesą, bet tik už tiesą.9 Mes džiaugiamės, kai esame silpni, o jūs stiprūs. Ir taip pat norime jūsų tobulumo.10 Todėl, būdamas toli, tai rašau, kad atvykęs neturėčiau griežtai elgtis, naudodamas valdžią, kurią man Viešpats suteikė tam, kad ugdyčiau, o ne kad griaučiau.11 Galiausiai, broliai, likite sveiki. Būkite tobuli, džiaukitės paguoda, būkite vienos minties, gyvenkite taikiai, ir meilės bei ramybės Dievas bus su jumis.12 Pasveikinkite vieni kitus šventu pabučiavimu.13 Jus sveikina visi šventieji. Viešpaties Jėzaus Kristaus malonė, Dievo meilė ir Šventosios Dvasios bendravimas tebūna su jumis visais! Amen.