1 En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos 'n man wat uit die slaap opgewek word.2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar 'n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is.3 Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan.4 Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?5 En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubb bel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.7 Wie is jy, groot berg? Voor Serubb bel sal jy tot 'n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!8 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:9 Die hande van Serubb bel het die fondament van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het.10 Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe -- die oë van die HERE wat die ganse aarde deurloop -- met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubb bel?11 Daarop het ek begin spreek en aan hom gesê: Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan die linkerkant daarvan?12 En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat goud uit hulle laat uitstroom?13 Toe antwoord hy my en sê: Weet jy nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.14 En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan.
1 Angelas, kuris kalbėjo su manimi, vėl sugrįžo ir žadino mane, kaip žmogus žadinamas iš miego.2 Jis klausė: "Ką matai?" Aš atsakiau: "Matau auksinę žvakidę, aliejaus indą jos viršuje ir septynias lempas su septyniais vamzdeliais.3 Prie jos yra du alyvmedžiai: vienas aliejaus indo dešinėje, o kitas kairėje".4 Aš klausiau angelo, kuris kalbėjo su manimi: "Kas tai yra, mano viešpatie?"5 Angelas atsakė: "Ar nežinai, kas tai yra?" Aš atsakiau: "Ne, mano viešpatie".6 Jis tarė: "Tai yra Viešpaties žodis Zorobabeliui: ‘Ne galybe ir ne jėga, bet mano dvasia,sako kareivijų Viešpats’ ".7 Kas esi, didis kalne? Zorobabelio akivaizdoje tu pavirsi lyguma! Jis padės paskutinį akmenį, skambant džiaugsmo šūksniams: "Malonė, malonė jam".8 Viešpats kalbėjo man:9 "Zorobabelio rankos padėjo pamatus šiems namams, ir jo rankos užbaigs juos. Tada žinosi, kad kareivijų Viešpats siuntė mane pas jus.10 Kurie paniekino mažą pradžią, džiaugsis, matydami paskutinį akmenį Zorobabelio rankoje. Septynios lempos yra septynios Viešpaties akys, kurios viską stebi žemėje".11 Aš klausiau angelą: "Kas yra šitie du alyvmedžiai žvakidės dešinėje ir kairėje?"12 Aš antrą kartą klausiau jį. "Kas yra tos dvi alyvmedžių šakelės prie auksinių vamzdelių, kuriais teka aliejus?"13 Jis klausė manęs: "Ar nežinai, kas tai yra?" Aš atsakiau: "Ne, mano viešpatie".14 Jis tarė: "Šie du yra pateptieji, kurie stovi prie visos žemės Viešpaties".