1 Dit is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hisk¡a, die koning van Juda, versamel het.2 Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur.3 Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.4 Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid 'n voorwerp uitkom;5 verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.6 Pronk nie voor die koning nie, en staan nie op die plek van die grotes nie.7 Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! -- as dat jy verneder word voor 'n edele wat jou oë gesien het.8 Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek?9 Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar 'n ander se geheim nie,10 sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie.11 Goue appels op versierde silwerborde, so is 'n woord op sy tyd gespreek.12 'n Wyse bestraffer by 'n oor wat luister, is 'n goue ring en 'n goue sieraad.13 Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.14 'n Man wat hom beroem op 'n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie.15 Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente.16 Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.17 Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.18 'n Knopkierie en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is 'n man wat teen sy naaste as valse getuie optree.19 'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n ontroue in die dag van benoudheid.20 Soos een wat 'n kleed uittrek op 'n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat 'n bedroefde hart met liedere verwelkom.21 As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.22 Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde.23 Die noordewind bring 'n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat -- kwaai gesigte.24 Om te woon op die hoek van 'n dak, is beter as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis.25 Koue water op 'n vermoeide siel, so is 'n goeie tyding uit 'n ver land.26 'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.27 Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is 'n eer.28 'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.
1 Tai taip pat Saliamono patarlės, kurias surinko Judo karaliaus Ezekijo vyrai.2 Dievo šlovėnuslėpti dalyką, karaliaus garbėištirti dalyką.3 Kaip dangaus aukštybės ir žemės gilybės, taip neištiriama karaliaus širdis.4 Pašalink priemaišas iš sidabro, ir sidabrakalys padarys iš jo indą.5 Pašalink nedorėlį iš karaliaus akivaizdos, ir jo sostas įsitvirtins teisingume.6 Nesiaukštink karaliaus akivaizdoje, nestok didžiūnų vieton.7 Geriau būti pakviestam į garbingesnę vietą, negu būti pažemintam akivaizdoje kunigaikščio, kurį matei savo akimis.8 Neik skubotai į teismą, nes nežinosi, ką daryti, kai tavo artimas sugėdins tave.9 Išspręskite savo ginčą su artimu tarpusavyje ir neatskleiskite paslapčių svetimiesiems,10 kad kas išgirdęs nesugėdintų tavęs ir tavo garbė nenukentėtų.11 Laiku pasakytas tinkamas žodis yra kaip aukso obuolys sidabro įdėkle.12 Išmintingas įspėjimas paklusniai ausiai yra kaip aukso žiedas ar auksinis papuošalas.13 Ištikimas pasiuntinys yra kaip sniego šaltumas pjūties metu, jis atgaivina šeimininko širdį.14 Kas giriasi tuo, ko nepadarė, yra kaip debesys ir vėjai be lietaus.15 Kantrumu galima įtikinti kunigaikštį; švelnus liežuvis sulaužo kaulus.16 Radęs medaus, valgyk, kiek nori, tik nepersivalgyk, kad nereikėtų išvemti.17 Nesilankyk per dažnai pas savo artimą, kad nenusibostum ir jis nepradėtų tavęs nekęsti.18 Žmogus, kuris neteisingai liudija prieš savo artimą, yra kaip ietis, kardas ar aštri strėlė.19 Kaip sugedęs dantis ar išnirusi koja, taip pasitikėjimas neištikimu žmogumi nelaimės dieną.20 Kas dainuoja liūdinčiam, prilygsta tam, kuris atima apsiaustą šaltą dieną arba užpila actą ant žaizdos.21 Jei tavo priešas alksta, pavalgydink jį, jei trokštapagirdyk.22 Taip darydamas, krausi žarijas ant jo galvos, ir Viešpats atlygins tau.23 Šiaurys vėjas atneša lietų, apkalbos sukelia pyktį.24 Geriau gyventi palėpės kampe negu su vaidinga moterimi dideliuose namuose.25 Kaip šaltas vanduo ištroškusiam, taip gera žinia iš tolimo krašto.26 Kaip sudrumstas šaltinis arba užterštas šulinys yra teisusis, krentąs prieš nedorėlį.27 Negerai persivalgyti medaus, taip pat siekti sau šlovės nėra šlovė.28 Žmogus, kuris nesusivaldo, yra kaip atviras miestas, kurio sienos sugriautos.