1 My seun, as jy vir jou naaste borg gestaan het, vir 'n vreemde jou handslag gegee het,
2 verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond,
3 doen dan dit, my seun, om jouself te red -- want jy het in die hand van jou naaste geraak -- gaan, werp jou neer en bestorm jou naaste,
4 gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie;
5 red jou soos 'n gemsbok uit die hand, en soos 'n voël uit die hand van 'n voëlvanger.
6 Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!
7 Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,
8 maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.
9 Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?
10 Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus!
11 So kom dan jou armoede soos 'n rondloper en jou gebrek soos 'n gewapende man.
12 'n Deugniet, 'n kwaaddoener is hy wat met 'n valse mond rondloop,
13 wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee;
14 in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.
15 Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.
16 Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel 'n gruwel:
17 trotse oë, 'n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,
18 'n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,
19 een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.
20 Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
21 bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals;
22 mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.
23 Want die gebod is 'n lamp en die onderwysing 'n lig en die teregwysinge van die tug 'n weg tot die lewe,
24 om jou te bewaar vir 'n slegte vrou, vir die gevlei van 'n vreemde tong.
25 Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie;
26 want vir 'n hoer verval 'n mens tot 'n stuk brood, en 'n ander se vrou maak jag op 'n kosbare lewe.
27 Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?
28 Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry?
29 So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.
30 'n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het;
31 en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee.
32 Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets;
33 slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;
34 want jaloersheid is 'n toorngloed in 'n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie;
35 hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot.
1 Mano sūnau, jei laidavai už savo artimą ar padavei ranką už svetimąjį,
2 tu įsipainiojai savo burnos žodžiais ir esi sugautas savo kalbomis.
3 Daryk štai ką, mano sūnau, ir gelbėk save, nes esi patekęs į savo artimo rankas: eik, nusižemink ir maldauk savo artimą.
4 Neduok miegoti savo akims ir neleisk užsimerkti akių vokams.
5 Gelbėkis kaip elnė iš medžiotojo, kaip paukštis iš paukštgaudžio rankų.
6 Tinginy, eik pas skruzdę, apsvarstyk jos kelius ir būk išmintingas.
7 Ji neturi vadovo, prižiūrėtojo ar valdovo,
8 bet paruošia sau maisto vasarą ir pjūties metu renka atsargas.
9 Ar ilgai miegosi, tinginy? Kada atsikelsi iš savo miego?
10 Truputį pamiegosi, truputį pasnausi, truputį pagulėsi sudėjęs rankas,
11 ir ateis skurdas kaip pakeleivis ir nepriteklius kaip ginkluotas plėšikas.
12 Nenaudėlis žmogus, piktadarys, vaikštinėja su klastinga burna,
13 mirksi akimis, trypia kojomis, rodo pirštu.
14 Klasta jo širdyje, jis nuolat planuoja pikta ir sėja vaidus.
15 Todėl staiga ateis jo žlugimas, ūmai bus jis sudaužytas, nesulaukęs pagalbos.
16 Viešpats nekenčia šešių dalykų, septyni yra pasibjaurėjimas Jo akyse:
17 išdidus žvilgsnis, meluojantis liežuvis, rankos, praliejančios nekaltą kraują,
18 širdis, planuojanti nedorybę, kojos, greitos bėgti į pikta,
19 neteisingas liudytojas, kalbantis melą ir žmogus, sėjantis nesantaiką tarp brolių.
20 Mano sūnau, laikykis savo tėvo įsakymų ir nepaniekink motinos įstatymo.
21 Visam laikui užrišk juos ant savo širdies, apsivyniok aplink kaklą.
22 Tau einant, jie lydės tave, tau atsigulus, jie saugos tave, tau pabudus, jie kalbės su tavimi.
23 Įsakymas yra žiburys, įstatymasšviesa, o pamokantis pabarimasgyvenimo kelias.
24 Jie saugos tave nuo nedoros moters, nuo svetimos moters meilikaujančios kalbos.
25 Negeisk jos grožio savo širdyje, tenesuvilioja tavęs jos blakstienos.
26 Dėl paleistuvės vyras lieka tik su duonos kąsniu, neištikimoji medžioja jo brangią gyvybę.
27 Ar gali žmogus paimti ugnį į savo antį ir nesudeginti drabužių?
28 Ar gali kas, vaikščiodamas ant žarijų, nenusideginti kojų?
29 Taip ir tas, kas įeina pas artimo žmoną; kas paliečia ją, neliks nekaltas.
30 Vagis ne taip niekinamas, jei jis vagia būdamas alkanas ir norėdamas pasisotinti.
31 Tačiau pagautas jis atlygins septyneriopai ir atiduos visą savo namų turtą.
32 Svetimoteriaujančiam trūksta proto, jis pats save pražudo.
33 Žaizdų ir nešlovės jis susilauks, jo gėda nebus išdildyta;
34 nes pavydas sužadins vyro įniršį, jis nepasigailės keršto dieną.
35 Jis nepriims jokios išpirkos ir nenusiramins, nors duotum jam daugybę dovanų.