1 Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?2 Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy,3 aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop:4 Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders.5 Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.6 Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is.7 Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel.8 Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie,9 hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.10 Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.11 Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.12 Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.13 Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek.14 Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne.15 Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;16 deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.17 Âk het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind.18 Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid.19 My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer.20 Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,21 om die wat my liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol.22 Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.23 Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.24 Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;25 voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore;26 toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.27 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;28 toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;29 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het --30 toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,31 en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.32 Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar.33 Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.34 Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou.35 Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry 'n welbehae van die HERE.36 Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.
1 Argi išmintis nešaukia ir supratimas nekelia savo balso?2 Aukštumose, prie kelių ir prie takų ji stovi.3 Prie miesto vartų, prie įėjimo į miestą, prie durų šaukia:4 "Žmonės, į jus aš kreipiuosi, jums šaukiu, žmonių sūnūs.5 Jūs neišmanėliai, mokykitės išminties; jūs kvailiai, įgykite supratingą širdį.6 Klausykite, nes aš kalbėsiu apie didingus dalykus, mano lūpos skelbs teisumą.7 Mano burna kalbės tiesą, ir nedorybė yra pasibjaurėjimas mano lūpoms.8 Visi mano žodžiai yra teisingi, juose nėra klastos ir iškraipymo.9 Jie yra aiškūs išmanantiems ir teisingi suprantantiems.10 Priimkite mano pamokymą, o ne sidabrą; pažinimą, o ne gryną auksą.11 Išmintis yra brangesnė už deimantus, su ja nesulyginama visa, ko galima trokšti.12 Aš, išmintis, gyvenu su protingumu, atrandu pažinimą bei nuovokumą.13 Viešpaties baimėnekęsti pikto. Išdidumo, puikybės, piktų kelių ir klastingos burnos aš neapkenčiu.14 Manyje patarimas ir sveikas protas, aš turiu supratimą ir jėgą.15 Manimi karaliai karaliauja ir kunigaikščiai leidžia įstatymus.16 Manimi kunigaikščiai, kilmingieji ir teisėjai valdo kraštą.17 Aš myliu tuos, kurie mane myli. Kas anksti manęs ieško, suras mane.18 Aš turiu turtus ir garbę, išliekančius turtus ir teisumą.19 Mano vaisius yra brangesnis už gryną auksą, ir pelno iš manęs daugiau negu iš rinktinio sidabro.20 Aš vedu teisumo keliu, viduriu teisingumo tako,21 kad mane mylintiems duočiau paveldėti turtus ir pripildyčiau jų sandėlius.22 Viešpats turėjo mane savo kelio pradžioje, prieš visus savo darbus.23 Nuo amžių aš įtvirtinta, nuo pradžios, prieš pasaulio sutvėrimą.24 Aš buvau pagimdyta, kai dar netryško vandens šaltiniai, nebuvo gelmių.25 Pirma kalnų ir kalvų iškilimo aš buvau pagimdyta,26 kai Jis dar nebuvo padaręs žemės, jos laukų ir pirmųjų žemės dulkių.27 Kai Jis paruošė dangus, aš ten buvau. Kai Jis nubrėžė ribą virš gelmių,28 įtvirtino debesis viršuje ir sustiprino gelmių šaltinius,29 davė jūrai nurodymą, kad vandenys neperžengtų Jo įsakymo, ir dėjo žemės pamatus,30 aš buvau šalia Jo kaip įgudęs menininkas, gėrėjausi kas dieną ir džiūgavau Jo akivaizdoje.31 Džiaugiausi Jo apgyvendintame pasaulyje ir grožėjausi žmonių vaikais.32 Dabar, vaikai, klausykite manęs. Palaiminti, kurie eina mano keliais.33 Klausykite pamokymų ir būkite išmintingi, neatmeskite jų.34 Palaimintas žmogus, kuris klauso manęs, kasdien budi prie mano vartų ir laukia prie mano durų.35 Kas randa mane, randa gyvenimą ir įgis Viešpaties palankumą.36 Kas nusideda prieš mane, tas kenkia pats sau. Kas manęs nekenčia, myli mirtį".