1 Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.2 Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,3 as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie.4 Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.5 Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het.6 Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon.7 Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.8 Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.9 Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.11 Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees.12 Want ons beveel ons nie weer by julle aan nie, maar ons gee julle aanleiding tot roem oor ons, sodat julle iets kan hê teenoor die wat hulle op die uiterlike beroem en nie op die hart nie.13 Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil.14 Want die liefde van Christus dring ons,15 omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.16 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tog nie meer so nie.17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.18 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.20 Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
1 Mes žinome, kad, mūsų žemiškajam namui, šiai palapinei, suirus, turime pastatą iš Dievo, ne rankomis statytus amžinus namus danguje.2 Todėl mes dejuojame, karštai trokšdami apsivilkti savo buveinę iš dangaus,3 nes aprengti nebūsime nuogi.4 Juk mes, esantys šioje palapinėje, dejuojame prislėgti, norėdami ne nusirengti, bet apsirengti, kad tai, kas maru, būtų gyvenimo praryta.5 Tam mus paruošęs yra Dievas, kuris davė mums Dvasią kaip užstatą.6 Todėl mes visada užtikrinti, žinodami, kad, kol gyvename namuosekūne, mes nesame su Viešpačiu,—7 mes gyvename tikėjimu, o ne regėjimu,—8 tačiau esame užtikrinti ir norėtume verčiau palikti kūną ir būti kartu su Viešpačiu.9 Todėl mes siekiame,tiek nebūdami, tiek būdami su Juo,Jam patikti.10 Nes mums visiems reikės stoti prieš Kristaus teismo krasę, kad kiekvienas atsiimtų pagal tai, ką jis, gyvendamas kūne, darėgera ar bloga.11 Todėl, pažindami Viešpaties baimę, mes stengiamės įtikinti žmones. Dievui mes esame atviri, tikiuosi, kad esame atviri ir jūsų sąžinėms.12 Neprisistatome jums iš naujo, bet duodame progą pasigirti mumis, kad turėtumėte, ką sakyti žmonėms, besigiriantiems savo išore, o ne širdimi.13 Jei mes išprotėjętai Dievui; jei esame sveiko prototai dėl jūsų.14 Nes Kristaus meilė valdo mus, įsitikinusius, kad jei vienas mirė už visus, tai ir visi yra mirę.15 O Jis mirė už visus, kad gyvieji nebe sau gyventų, bet Tam, kuris už juos mirė ir prisikėlė.16 Todėl nuo šiol mes nė vieno nebepažįstame pagal kūną. Jei mes ir pažinome Kristų pagal kūną, tai dabar taip Jo nebepažįstame.17 Taigi, jei kas yra Kristuje, tas yra naujas kūrinys. Kas sena praėjo, štai visa tapo nauja.18 O visa tai iš Dievo, kuris per Jėzų Kristų sutaikino mus su savimi ir davė mums sutaikinimo tarnavimą.19 Tai Dievas Kristuje sutaikino su savimi pasaulį, nebeįskaitydamas žmonėms jų nusikaltimų, ir davė mums sutaikinimo žodį.20 Taigi mes esame Kristaus pasiuntiniai, tarsi pats Dievas prašytų per mus. Kristaus vardu maldaujame: "Susitaikinkite su Dievu!"21 Nes Tą, kuris nepažino nuodėmės, Jis padarė nuodėme dėl mūsų, kad mes Jame taptume Dievo teisumu.