1 Alef. Ek is die man wat ellende gesien het deur die roede van sy grimmigheid.2 My het Hy gelei en laat wandel in duisternis sonder lig.3 Ja, altyd weer draai Hy die hele dag sy hand teen my.4 Bet. Hy het my vlees en my vel laat wegteer, my gebeente verbreek.5 Hy het my met 'n bouwerk omsingel van gif en moeite.6 Hy het my in donker plekke laat sit soos die wat lankal dood is.7 Gimel. Hy het my toegemuur, sodat ek nie kan uitkom nie, my koperboeie swaar gemaak.8 Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord.9 Hy het my weë toegemuur met gekapte klip, my paaie onbegaanbaar gemaak.10 Dalet. Hy is 'n beer wat my voorlê, 'n leeu in skuilplekke.11 Hy het my weë laat wegdraai en my verskeur, my tot 'n woesteny gemaak.12 Hy het sy boog gespan en my as 'n teiken vir die pyl opgestel.13 He. Hy het die pyle uit sy pylkoker in my niere laat ingaan.14 Ek het 'n belagging geword vir my hele volk, hulle spotlied die hele dag.15 Hy het my met bitter kruie versadig, my genoeg wilde-als laat drink.16 Wau. En Hy het my die tande op gruisklippertjies laat stukkend byt, my in die as neergedruk.17 En U het my siel van die vrede verstoot, ek het die goeie vergeet.18 Ja, ek het gesê: My roem het vergaan en my hoop op die HERE.19 Sajin. Dink aan my ellende en my omswerwing, aan die wilde-als en die gif.20 As my siel terdeë daaraan dink, buig hy hom neer in my.21 Dit sal ek ter harte neem, daarom sal ek hoop:22 Get. dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie;23 hulle is elke môre nuut; u trou is groot.24 Die HERE is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.25 Tet. Goed is die HERE vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.26 Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die HERE.27 Dit is goed vir 'n man dat hy die juk in sy jeug dra.28 Jod. Laat hom eensaam sit en swyg, as Hy hom dit opgelê het.29 Laat hy sy mond in die stof steek -- miskien is daar hoop!30 Laat hy die wang gee vir die wat hom slaan, laat hy genoeg kry van smaad.31 Kaf. Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie.32 Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van sy goedertierenhede;33 want nie van harte verdruk of bedroef Hy die mensekinders nie.34 Lamed. Dat hulle al die gevangenes van die aarde onder hul voete vertrap,35 dat hulle die reg van 'n man verdraai voor die aangesig van die Allerhoogste,36 dat hulle 'n mens onregverdig behandel in sy regsaak -- het die HERE dit nie gesien nie?37 Mem. Wie spreek daar, en dit gebeur? Het die Here dit nie beveel nie?38 Gaan uit die mond van die Allerhoogste nie kwaad sowel as goed nie?39 Wat klaag 'n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.40 Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die HERE bekeer;41 laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê:42 Ons het oortree en ons was wederstrewig -- U het nie vergewe nie.43 Samek. U het U in toorn gehul en ons agtervolg, U het gedood sonder verskoning.44 U het Uself in 'n wolk gehul, sodat daar geen gebed kon deurdring nie;45 U het ons 'n uitvaagsel en 'n wegwerpsel onder die volke gemaak.46 Pe. Al ons vyande het hulle mond teen ons oopgerek;47 skrik en kuil het ons deel geword, ondergang en verbreking.48 My oog loop af in waterstrome oor die verbreking van die dogter van my volk.49 Ajin. My oog vloei rusteloos weg sonder ophou,50 totdat die HERE uit die hemel neersien en aanskou.51 My oog gee my pyn oor al die dogters van my stad.52 Sade. Hulle het my soos 'n voël rondgejaag, die wat sonder oorsaak my vyande is;53 hulle het my lewe in 'n kuil tot niet gemaak en klippe op my gegooi.54 Water het oor my hoof gestroom, ek het gesê: Dit is klaar met my!55 Kof. Ek roep u Naam aan, HERE, uit die onderste kuil.56 U hoor my stem; verberg u oor nie vir my ontboeseming, vir my hulpgeroep nie.57 U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie!58 Resj. U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe.59 U sien, HERE, my verdrukking; verskaf my tog reg.60 U sien al hulle wraaksug, al hulle planne teen my.61 Sjin. U hoor hulle smaadrede, HERE, al hulle planne teen my,62 die lippe van my teëstanders en hulle bedenksels die hele dag teen my.63 Aanskou tog hulle sit en hulle opstaan, ek is hulle spotlied.64 Tau. U sal hulle vergeld vir wat hulle gedoen het, HERE.65 U sal hulle gee verblinding van hart, u vervloeking oor hulle.66 U sal hulle in toorn vervolg en hulle verdelg van onder die hemel van die HERE uit.
1 Ašžmogus, patyręs vargą nuo Jo rūstybės lazdos.2 Jis atvedė mane į tamsybę, o ne į šviesą.3 Jis laiko ištiesęs savo ranką prieš mane visą dieną.4 Jis pasendino mano kūną ir odą, sulaužė kaulus.5 Jis apsupo mane kartybe ir vargu,6 perkėlė į tamsą kaip mirusį.7 Jis uždarė man duris ir apkalė mane sunkiomis grandinėmis.8 Aš šaukiu ir meldžiuosi, bet Jis neatsako į mano maldą.9 Jis užtvėrė mano kelius tašytais akmenimis ir mano takus iškraipė.10 Jis tykojo manęs kaip lokys, kaip liūtas lindynėje.11 Jis mane paklaidino, sudraskė ir paliko vienišą.12 Įtempęs lanką, Jis pastatė mane taikiniu13 ir pervėrė mano širdį strėlėmis.14 Aš tapau pajuoka visai savo tautai, apie mane jie dainuoja per dieną.15 Jis pasotino mane kartybėmis ir girdė metėlėmis.16 Jis išlaužė mano dantis į žvyrą, užpylė mane pelenais.17 Neturiu ramybės ir nežinau, kas yra gerovė.18 Aš tariau: "Mano stiprybė ir viltis Viešpatyje pražuvo".19 Atsimink mano vargą, kartybę, metėlę ir tulžį.20 Mano siela nuolat tai atsimena ir yra pažeminta manyje.21 Nors aš viso to neužmirštu, visgi dar turiu vilties.22 Viešpaties malonė nepranyko, Jo gailestingumas dar nepasibaigė.23 Tai atsinaujina kas rytą, ir didelė yra Jo ištikimybė.24 Viešpats yra mano dalis, todėl vilsiuosi Juo.25 Viešpats yra geras Jo laukiantiems ir ieškantiems.26 Gera yra turėti viltį ir kantriai laukti Viešpaties išgelbėjimo,27 gera žmogui nešti jungą nuo pat jaunystės.28 Jis sėdi atsiskyręs ir tyli, nes tai Viešpaties uždėta našta.29 Jis paliečia dulkes savo burna: "Galbūt dar yra vilties".30 Jis atsuka skruostą jį mušančiam, sotinasi panieka,31 nes Viešpats neatstumia amžiams.32 Jis siunčia sielvartą, bet vėl pasigaili dėl savo malonės gausos.33 Jis nenori varginti žmonių ir sukelti jiems sielvarto.34 Kai mindžioja kojomis belaisvius,35 kai Aukščiausiojo akivaizdoje pamina žmogaus teises,36 kai iškraipo žmogaus bylą, Viešpats tam nepritaria.37 Kas gali sakyti, kad įvyksta ir tai, ko Viešpats neįsako?38 Ar ne iš Aukščiausiojo burnos ateina, kas gera ir kas pikta?39 Kodėl žmogus skundžiasi, baudžiamas dėl savo nuodėmių?40 Patikrinkime savo kelius ir grįžkime prie Viešpaties.41 Kelkime savo širdis ir rankas į Dievą danguose.42 Mes nusikaltome ir maištavome, ir Tu mums neatleidai.43 Tu apsisiautei rūstybe ir persekiojai mus, Tu žudei mus nesigailėdamas.44 Tu apsigaubei debesiu taip, kad maldos nepasiektų Tavęs.45 Tu padarei mus sąšlavomis ir atmatomis tarp tautų.46 Mūsų priešai atvėrė savo burnas prieš mus.47 Baimė ir žabangai užgriuvo mus, griovimas ir sunaikinimas.48 Mano akys pasruvo ašaromis dėl tautos sunaikinimo.49 Mano ašaros plūs nesulaikomai, be perstojo,50 kol Viešpats pažvelgs iš dangaus į mus.51 Aš liūdžiu dėl savo miesto dukterų.52 Priešai pagavo mane kaip paukštį be priežasties,53 įmetė mane gyvą į duobę, mėtė akmenimis.54 Vanduo pakilo iki mano galvos; maniau, esu žuvęs.55 Viešpatie, iš duobės gilybės šaukiausi Tavęs.56 Tu išgirdai mano balsą. Nenukreipk savo ausies nuo mano šauksmo.57 Tu priartėjai, kai šaukiausi Tavo pagalbos, ir tarei: "Nebijok".58 Viešpatie, Tu atėjai man į pagalbą ir išgelbėjai mano gyvybę.59 Viešpatie, Tu matei man daromą skriaudą, išspręsk mano bylą.60 Tu matei jų įniršį ir visus jų sumanymus prieš mane;61 Tu girdėjai jų patyčias ir visus jų sumanymus prieš mane.62 Mano priešininkų lūpos visą laiką planuoja pikta prieš mane.63 Ar jie sėdi, ar keliasi, aš esu jų daina.64 Viešpatie, atlygink jiems pagal jų darbus.65 Suteik jų širdims skausmo. Prakeikimas tekrinta ant jų.66 Viešpatie, persekiok juos ir nušluok nuo žemės paviršiaus.