1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:2 Jy mag vir jou geen vrou neem nie, en jy mag geen seuns of dogters hê in hierdie plek nie.3 Want so sê die HERE van die seuns en die dogters wat in hierdie plek gebore word, en van hulle moeders wat hulle baar, en van hulle vaders wat hulle verwek in hierdie land:4 Aan dodelike siektes sal hulle sterwe, hulle sal nie beklaag of begrawe word nie, hulle sal mis op die aarde wees; en hulle sal deur die swaard en die hongersnood verteer word, en hulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.5 Want so sê die HERE: Kom nie in die klaaghuis en gaan nie om te rouklaag nie, en betuig geen deelneming met hulle nie; want Ek het my vrede van hierdie volk weggeneem, spreek die HERE, die goedertierenheid en die barmhartigheid.6 Groot sowel as klein sal sterwe in hierdie land; hulle sal nie begrawe word nie, en niemand sal hulle beklaag en homself stukkend kerwe of vir hom 'n kaal plek skeer om hulle ontwil nie.7 Ook sal niemand vir hulle treurbrood breek om iemand te troos oor 'n dooie, of aan hulle die troosbeker gee om te drink oor iemand se vader of oor iemand se moeder nie.8 Kom ook nie in 'n huis van maaltye om met hulle saam aan te sit nie, om te eet en te drink nie.9 Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek laat uit hierdie plek ophou voor julle oë en in julle dae die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid.10 En as jy al hierdie woorde aan hierdie volk bekend maak en hulle jou vra: Waarom het die HERE al hierdie groot onheile oor ons gespreek? En wat is ons ongeregtigheid en ons sonde wat ons teen die HERE onse God begaan het? --11 dan moet jy vir hulle sê: Omdat julle vaders My verlaat het, spreek die HERE, en agter ander gode aan geloop en hulle gedien en hul daarvoor neergebuig het, maar My verlaat het en my wet nie gehou het nie,12 en julle nog erger gehandel het as julle vaders; want kyk, julle wandel elkeen na die verhardheid van sy bose hart, om na My nie te luister nie.13 Daarom sal Ek julle wegslinger uit hierdie land na 'n land wat julle nie geken het, julle en julle vaders nie; en daar sal julle ander gode dien dag en nag, omdat Ek julle geen genade sal bewys nie.14 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat daar nie meer gesê sal word: So waar as die HERE leef, wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie;15 maar: So waar as die HERE leef, wat die kinders van Israel laat optrek het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het. Ja, Ek sal hulle terugbring in hulle land wat Ek aan hulle vaders gegee het.16 Kyk, Ek stuur baie vissers, spreek die HERE, wat hulle sal vang, en daarna sal Ek baie jagters stuur wat hulle sal opjaag, van elke berg en van elke heuwel en uit die klipskeure.17 Want my oë is op al hulle weë, dit is nie voor my aangesig bedek nie, en hulle ongeregtigheid is nie voor my oë verborge nie.18 Daarom sal Ek eers hulle ongeregtigheid en hulle sonde dubbel vergelde, omdat hulle my land ontheilig het met die lyke van hulle verfoeisels en my erfenis gevul het met hulle gruwels.19 o HERE, my sterkte en my beskutting en my toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net leuens het ons vaders geërwe, nietige afgode, en daaronder was niks wat voordeel kon bring nie.20 Sal 'n mens vir hom gode maak wat tog geen gode is nie?21 Daarom, kyk, Ek laat hulle hierdie keer voel, voel my hand en my mag; en hulle sal weet dat my Naam HERE is.
1 Viešpats kalbėjo man:2 "Tau nevalia vesti žmonos ir turėti sūnų ar dukterų šioje vietoje,3 nes Viešpats taip sako apie sūnus ir dukteris, gimstančius šitoje vietoje, ir apie jų motinas ir tėvus:4 ‘Baisia mirtimi jie mirs! Jų niekas neapraudos ir nepalaidos, jie bus kaip mėšlas laukuose! Nuo kardo ir bado jie žus, jų lavonai bus ėdesiu padangių paukščiams ir laukiniams žvėrims’.5 Taip sako Viešpats: ‘Neik į namus, kuriuose gedulas, neraudok ir neužjausk jų, nes Aš atėmiau iš šitos tautos savo ramybę, malonę ir pasigailėjimą.6 Dideli ir maži mirs šitoje šalyje; jų nepalaidos ir neapraudos, nesiraižys dėl jų ir plikai nenusiskus.7 Nelauš duonos gedinčiam, nepaguos dėl mirusio ir neduos gerti paguodos taurės dėl tėvo ar motinos.8 Tau nevalia eiti į puotos namus ir ten sėdėti, valgyti ir gerti su jais.9 Nes taip sako kareivijų Viešpats, Izraelio Dievas: ‘Aš pašalinsiu tada šitoje vietoje, jums matant, džiaugsmo ir linksmybės balsą, jaunikio ir jaunosios balsą’.10 Kai tu praneši šitai tautai visus tuos žodžius ir jie klaus: ‘Kodėl Viešpats paskelbė mums šitą didelę nelaimę? Kokia yra mūsų nuodėmė, kuo nusikaltome Viešpačiui, mūsų Dievui?’,11 tada jiems atsakyk: ‘Nes jūsų tėvai paliko mane, sekė svetimus dievus, jiems tarnavo ir juos garbino, o mano įstatymo nesilaikė.12 Jūs elgiatės dar blogiau negu jūsų tėvai, jūs sekate savo piktos širdies užgaidas, o manęs neklausote.13 Aš išmesiu jus iš šitos šalies į šalį, kurios nežinote nei jūs, nei jūsų tėvai, ir ten dieną bei naktį tarnausite svetimiems dievams, nes Aš neberodysiu jums savo malonės.14 Ateina dienos,sako Viešpats,kai nebesakys: ‘Kaip gyvas Viešpats, kuris išvedė Izraelio tautą iš Egipto žemės!’15 Bet sakys: ‘Kaip gyvas Viešpats, kuris išvedė izraelitus iš šiaurės ir iš visų šalių, kuriose jie buvo išsklaidyti’. Aš juos sugrąžinsiu į jų žemę, kurią daviau jų tėvams.16 Aš pasiųsiu daug žvejų, kurie žvejos juos; po to pasiųsiu daug medžiotojų, kurie juos medžios kalnuose ir kalvose bei uolų plyšiuose.17 Mano akys seka juos visuose keliuose, jie negali pasislėpti nuo manęs, mano akys mato jų kaltę.18 Aš visų pirma dvigubai atlyginsiu jiems už jų nusikaltimus, nes jie suteršė mano žemę ir mano paveldėjimą pripildė savo šlykščiais ir bjauriais stabais’ ".19 Viešpatie, Tu esi mano stiprybė ir mano pilis, mano priebėga nelaimės metu! Pas Tave ateis tautos nuo žemės pakraščių ir sakys: "Mūsų tėvai paveldėjo tik apgaulę, tuštybę ir stabus, kurie jiems nieko nepadėjo".20 Ar gali žmogus pasidaryti dievų? Juk jie ne dievai!21 "Aš leisiu jiems patirti savo galią ir jie žinos, kad mano vardas yra Viešpats".