1 In die begin van die regering van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, het hierdie woord van die HERE gekom:2 So sê die HERE: Gaan staan in die voorhof van die huis van die HERE, en spreek tot al die stede van Juda wat kom om te aanbid in die huis van die HERE, al die woorde wat Ek jou beveel het om aan hulle te sê; laat geen woord weg nie.3 Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy verkeerde weg; dan sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle handelinge.4 Sê dan vir hulle: So spreek die HERE: As julle na My nie luister nie, om in my wet te wandel wat Ek julle voorgehou het,5 om te luister na die woorde van my knegte, die profete, wat Ek na julle stuur, vroeg ,n laat, sonder dat julle geluister het,6 dan sal Ek hierdie huis maak soos Silo, en hierdie stad sal Ek maak 'n vervloeking vir al die nasies van die aarde.7 En die priesters en die profete en die hele volk het Jeremia hierdie woorde hoor spreek in die huis van die HERE.8 En toe Jeremia klaar gespreek het alles wat die HERE beveel het om aan die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: Jy moet sekerlik sterwe!9 Waarom het jy in die Naam van die HERE geprofeteer en gesê: Hierdie huis sal soos Silo word, en hierdie stad sal verwoes word, sonder inwoner? En die hele volk het bymekaargekom teen Jeremia in die huis van die HERE.10 Toe die vorste van Juda hierdie woorde hoor, het hulle uit die huis van die koning opgegaan na die huis van die HERE; en hulle het gaan sit by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van die HERE.11 En die priesters en die profete het met die vorste en met die hele volk gespreek en gesê: Hierdie man verdien die dood, want hy het geprofeteer teen hierdie stad, soos julle met jul ore gehoor het.12 Maar Jeremia het al die vorste en die hele volk toegespreek en gesê: Die HERE het my gestuur om teen hierdie huis en teen hierdie stad te profeteer al die woorde wat julle gehoor het.13 Maak dan nou julle weë en julle handelinge goed, en luister na die stem van die HERE julle God; dan sal dit die HERE berou oor die onheil wat Hy teen julle gespreek het.14 Maar ek, kyk, ek is in julle hand; maak met my soos dit goed en reg is in julle oë.15 Maar weet verseker as julle my doodmaak dat julle onskuldige bloed bring op julleself en op hierdie stad en op sy inwoners; want die HERE het my waarlik na julle gestuur om al hierdie woorde voor julle ore te spreek.16 Toe sê die vorste en die hele volk aan die priesters en die profete: Hierdie man verdien nie die dood nie, want hy het met ons gespreek in die Naam van die HERE onse God.17 Ook het daar manne opgestaan uit die oudstes van die land, en hulle het die hele vergadering van die volk toegespreek en gesê:18 Miga, die Morastiet, het as profeet opgetree in die dae van Hisk¡a, koning van Juda, en met die hele volk van Juda gespreek en gesê: So spreek die HERE van die leërskare: Sion sal soos 'n land omgeploeg word, en Jerusalem sal puinhope word en die tempelberg bosrante.19 Het Hisk¡a, koning van Juda, en die hele Juda hom ooit gedood? Het hy nie die HERE gevrees en die HERE om genade gesmeek, sodat dit die HERE berou het oor die onheil wat Hy teen hulle gespreek het nie? En ons is besig om ons siele 'n groot onheil te berokken!20 En daar was ook 'n man wat in die Naam van die HERE geprofeteer het, Ur¡a, die seun van Sem ja, van Kirjat-Je rim; en hy het geprofeteer teen hierdie stad en teen hierdie land ooreenkomstig al die woorde van Jeremia.21 Maar toe koning Jojakim en al sy helde en al die vorste sy woorde hoor, het die koning probeer om hom dood te maak. Maar Ur¡a het dit gehoor en bevrees geword en gevlug en in Egipte gekom.22 Toe stuur koning Jojakim manne na Egipte, Âlnatan, die seun van Akbor, en manne saam met hom, na Egipte toe.23 Di, het Ur¡a uit Egipte weggevoer en hom by die koning Jojakim gebring; en hy het hom met die swaard verslaan en sy lyk op die grafte van die gewone mense gegooi.24 Maar die hand van Ah¡kam, die seun van Safan, het Jeremia beskerm, sodat hy nie oorgegee is in die hand van die volk om hom dood te maak nie.
1 Jozijo sūnaus Jehojakimo, Judo karaliaus, karaliavimo pradžioje Viešpats kalbėjo:2 "Atsistok Viešpaties namų kieme ir kalbėk visiems Judo miestams, atėjusiems į Viešpaties namus pagarbinti. Visa, ką tau įsakiau, pasakyk jiems, nepraleisk nė žodžio!3 Gal jie klausysis ir atsisakys savo piktų kelių, kad galėčiau atsisakyti bausmės, kurią esu jiems numatęs.4 Jiems sakyk: ‘Taip sako Viešpats: ‘Jei manęs neklausysite ir nesilaikysite mano įstatymo, kurį jums daviau,5 neklausysite mano tarnų pranašų, kuriuos, anksti keldamas, jums siunčiu, nors neklausote jų,6 tai Aš padarysiu šituos namus kaip Šiloją ir šitą miestą keiksmažodžiu visoms tautoms’ ".7 Kunigai, pranašai ir visa tauta girdėjo Jeremiją kalbant šiuos žodžius Viešpaties namuose.8 Kai Jeremijas baigė kalbėti, ką Viešpats jam buvo įsakęs pranešti visai tautai, jį nutvėrė kunigai, pranašai ir visa tauta, šaukdami: "Tu turi mirti!9 Kodėl pranašavai Viešpaties vardu, kad šitie namai bus kaip Šilojas ir miestas bus nebegyvenamas?" Visa tauta susibūrė prieš Jeremiją prie Viešpaties namų.10 Kai Judo kunigaikščiai išgirdo apie tai, jie nuėjo iš karaliaus namų į Viešpaties namus ir atsisėdo Viešpaties namų Naujuosiuose vartuose.11 Kunigai ir pranašai kalbėjo kunigaikščiams ir visai tautai: "Šitas vyras nusipelnė mirties, nes jis pranašavo prieš šitą miestą, kaip jūs girdėjote savo ausimis".12 Jeremijas atsakė kunigaikščiams ir visai tautai: "Viešpats siuntė mane pranašauti prieš šituos namus ir šitą miestą tais žodžiais, kuriuos jūs girdėjote.13 Taigi dabar pakeiskite savo kelius bei darbus ir klausykite Viešpaties, savo Dievo, tai Jis pasigailės jūsų ir nesiųs sunaikinimo.14 O aš esu jūsų rankose, darykite su manimi, kaip jums atrodo tinkama.15 Bet žinokite, jei jūs mane nužudysite, nekaltą kraują užsitrauksite ant savęs, ant šito miesto ir jo gyventojų, nes Viešpats tikrai mane siuntė kalbėti jums visus šituos žodžius".16 Kunigaikščiai ir visa tauta atsakė kunigams ir pranašams: "Šitas vyras nenusipelnė mirties, nes jis mums kalbėjo Viešpaties, mūsų Dievo, vardu".17 Kai kurie krašto vyresnieji kalbėjo tautos susirinkimui:18 "Michėjas iš Morešeto pranašavo Judo karaliaus Ezekijo dienomis visai Judo tautai Viešpaties vardu, kad Sionas bus ariamas kaip laukas, Jeruzalė pavirs griuvėsiais, o šventyklos kalnas apaugs mišku.19 Argi karalius Ezekijas ir visi Judo žmonės jį nužudė? Jie pabūgo Viešpaties ir maldavo Jį taip, kad Viešpats susilaikė nuo bausmės, kurią Jis jiems buvo paskelbęs. O mes siekiame užsitraukti didelę nelaimę!"20 Tuo laiku buvo dar vienas vyras, Šemajo sūnus Ūrijas iš Kirjat Jarimo, kuris pranašavo Viešpaties vardu prieš šitą miestą ir kraštą taip, kaip Jeremijas.21 Ir kai karalius Jehojakimas, visi jo kariai ir kunigaikščiai išgirdo jo žodžius, karalius ieškojo jo, kad nužudytų. Tai išgirdęs, Ūrijas nusigando ir pabėgo į Egiptą.22 Karalius Jehojakimas siuntė Achboro sūnų Elnataną su palyda į Egiptą.23 Tie atvedė Ūriją iš Egipto pas karalių Jehojakimą, o tas, jį nužudęs kardu, išmetė jo lavoną į prastuomenės kapines.24 Tačiau Safano sūnaus Ahikamo ranka Jeremijas buvo apgintas ir neatiduotas miniai nužudyti.