Publicidade

Romanos 14

1 En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.2 Die een glo dat 'n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente.3 Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.4 Wie is jy wat die huiskneg van 'n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.5 Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.6 Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.7 Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.8 Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.9 Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers.10 Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.11 Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.12 So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.13 Laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit d¡t liewer, om nie die broeder 'n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.14 Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein.15 Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie.16 Laat dan van die goeie wat aan julle behoort, nie kwaad gespreek word nie.17 Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.18 Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.19 Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.20 Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir 'n mens om te eet as dit tot aanstoot is.21 Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur jou broeder aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie.22 Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie.23 Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.

1 Silpno tikėjimo žmogų priimkite, bet venkite ginčų dėl skirtingų nuomonių.2 Vienas įsitikinęs, kad galima viską valgyti, o silpnas valgo tik daržoves.3 Kuris valgo, teneniekina nevalgančio, o kuris nevalgo, teneteisia valgančio, nes Dievas jį priėmė.4 Kas tu toks, kad drįsti teisti kito tarną?! Ar jis stovi, ar krenta­tai savajam Viešpačiui. Bet jis stovės, nes Dievas turi galią jį išlaikyti.5 Vienas išskiria vieną dieną iš kitų dienų, o kitam jos visos vienodos. Kiekvienas tebūna įsitikinęs pagal savo išmanymą.6 Tas, kuris išskiria dieną, daro tai Viešpačiui, ir tas, kuris neišskiria dienos, nesilaiko jos Viešpačiui. Tas, kuris valgo­valgo Viešpačiui, nes jis dėkoja Dievui, o tas, kuris nevalgo­nevalgo Viešpačiui ir dėkoja Dievui.7 Nė vienas iš mūsų negyvena sau ir nė vienas sau nemiršta.8 Jei mes gyvename, gyvename Viešpačiui, ir jeigu mirštame, Viešpačiui mirštame. Todėl, ar mes gyvename, ar mirštame,­ esame Viešpaties.9 Nes dėl to Kristus ir mirė, ir prisikėlė, ir atgijo, kad būtų ir mirusiųjų, ir gyvųjų Viešpats.10 Tai kodėl gi tu teisi savo brolį? Arba kodėl niekini savo brolį? Juk mes visi stosime prieš Kristaus teismo krasę.11 Parašyta: "Kaip Aš gyvas,­sako Viešpats,­prieš mane suklups kiekvienas kelis, ir kiekvienos lūpos išpažins Dievą".12 Taigi kiekvienas iš mūsų duos Dievui apyskaitą už save.13 Tad liaukimės teisti vieni kitus. Verčiau nuspręskime neduoti broliui akstino nupulti ar pasipiktinti.14 Žinau ir esu įsitikinęs Viešpatyje Jėzuje, kad nieko nėra savaime netyro. Bet tam, kas mano esant netyrų dalykų, tam jie netyri.15 Jei tavo brolis įsižeidžia dėl maisto, tu jau nebesielgi iš meilės. Savo maistu nežlugdyk to, už kurį mirė Kristus!16 Jūsų gėris tegul nebūna akstinas piktžodžiauti.17 Dievo karalystė nėra valgymas ir gėrimas, bet teisumas, ramybė ir džiaugsmas Šventojoje Dvasioje.18 Kas taip Kristui tarnauja, tas priimtinas Dievui ir vertas žmonių pritarimo.19 Tad siekime to, kas atneša ramybę ir pasitarnauja tarpusavio ugdymui.20 Negriauk Dievo darbo dėl maisto! Nors viskas tyra, bet yra bloga žmogui, kuris valgo kitų papiktinimui.21 Gera yra nevalgyti mėsos, negerti vyno ir vengti visko, kas tavo brolį piktina, žeidžia ar silpnina.22 Turi tikėjimą? Turėk jį sau, prieš Dievą. Laimingas tas, kuris nesmerkia savęs už tai, ką pasirenka.23 O kas valgo abejodamas, tas smerktinas, nes valgo ne iš įsitikinimo. Visa, kas daroma ne iš įsitikinimo, yra nuodėmė.

Veja também

Publicidade
Romanos
Ver todos os capítulos de Romanos
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-