1 Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?2 Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.3 Daarom dan, as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man lewe, sal sy 'n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie 'n egbreekster is as sy 'n ander man s'n word nie.4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan 'n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.5 Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.7 Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.8 Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.9 En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.10 En die gebod wat die lewe moes wees, die het vir my geblyk die dood te wees.11 Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood.12 Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.13 Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word.14 Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.16 En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is.17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.18 Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.19 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.22 Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens;23 maar ek sien 'n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! [ (Romans 7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde. ]
1 Ar nežinote, broliai,aš kalbu žinantiems įstatymą,kad įstatymas galioja žmogui, kol jis gyvas?2 Pavyzdžiui, ištekėjusi moteris įstatymo surišta su vyru, kol jis gyvas. Jei vyras miršta, ji tampa laisva nuo įstatymo, rišusio ją su vyru.3 Ji vadinsis svetimautoja, jei, vyrui gyvam esant, bus žmona kitam. Bet jei vyras miršta, ji tampa laisva nuo įstatymo ir, ištekėdama už kito, nebėra svetimautoja.4 Taip ir jūs, mano broliai, per Kristaus kūną esate mirę įstatymui, kad priklausytumėte kitam prikeltam iš numirusiųir kad mes neštume vaisių Dievui.5 Kol gyvenome pagal kūną, mumyse veikė įstatymo pažadintos nuodėmingos aistros, ir mes nešėme vaisių mirčiai.6 Bet dabar, numirę įstatymui, kuriuo buvome surišti, esame išlaisvinti iš jo, kad tarnautume nauja dvasia, o ne pasenusia raide.7 Ką tad pasakysime? Gal įstatymas yra nuodėmė? Jokiu būdu! Bet aš nebūčiau pažinęs nuodėmės, jei nebūtų įstatymo. Nebūčiau suvokęs geismo, jei įstatymas nebūtų pasakęs: "Negeisk!"8 Bet nuodėmė, per įsakymus gavusi progą, pažadino manyje visokius geismus, o be įstatymo nuodėmė negyva.9 Kadaise be įstatymo aš buvau gyvas. Bet, atėjus įsakymui, atgijo nuodėmė, ir aš numiriau.10 Taip man paaiškėjo, kad įsakymas, skirtas gyvenimui, nuvedė mane į mirtį.11 Nes įsakymo paskatinta nuodėmė mane suvedžiojo ir juo mane nužudė.12 Todėl įstatymas šventas; įsakymas taip pat šventas, ir teisingas, ir geras.13 Vadinasi, geras dalykas tapo man mirtimi? Jokiu būdu! Bet nuodėmė pasirodė nuodėme tuo, kad atnešė man mirtį, pasinaudodama geru dalyku,kad per įsakymą nuodėmė taptų be galo nuodėminga.14 Nes mes žinome, kad įstatymas yra dvasiškas, o aš esu kūniškas, parduotas nuodėmei.15 Aš net neišmanau, ką darąs, nes darau ne tai, ko noriu, bet tai, ko nekenčiu.16 O jei darau tai, ko nenoriu, tada sutinku, kad įstatymas geras.17 Tada jau nebe aš tai darau, bet manyje gyvenanti nuodėmė.18 Aš juk žinau, kad manyje, tai yra mano kūne, nėra jokio gėrio. Gero trokšti sugebu, o padaryti ne.19 Aš nedarau gėrio, kurio trokštu, o darau blogį, kurio nenoriu.20 O jeigu darau, ko nenoriu, tada nebe aš tai darau, bet manyje gyvenanti nuodėmė.21 Taigi aš randu tokį įstatymą: kai trokštu padaryti gera, prie manęs prilimpa bloga.22 Juk kaip vidinis žmogus aš gėriuosi Dievo įstatymu.23 Bet savo nariuose matau kitą įstatymą, kovojantį su mano proto įstatymu, ir paverčiantį mane belaisviu nuodėmės įstatymo, kuris yra mano nariuose.24 Vargšas aš žmogus! Kas išlaisvins mane iš šito mirties kūno!25 Bet ačiū Dievuiper mūsų Viešpatį Jėzų Kristų! Taigi aš pats protu tarnauju Dievo įstatymui, o kūnunuodėmės įstatymui.