1 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:

2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;

3 want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,

4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening.

6 Want ek word alreeds as 'n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby.

7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.

8 Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in die dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.

9 Beywer jou om gou na my te kom.

10 Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessalon¡ka vertrek, Crescens na Gal sië, Titus na Dalm sië.

11 Lukas is alleen by my. Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees.

12 T¡chikus het ek na fese gestuur.

13 As jy kom, moet jy die reismantel bring wat ek by Carpus in Troas laat bly het, en die boeke, veral die perkamente.

14 Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke!

15 Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan.

16 In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!

17 Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos.

18 En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

19 Groet Prisca en Aquila en die huis van Ones¡forus.

20 Er stus het in Korinthe gebly. Trofimus het ek siek in Mil,te agtergelaat.

21 Beywer jou om voor die winter te kom. Eubulus en Pudens en Linus en Claudia en al die broeders groet jou.

22 Mag die Here Jesus Christus met jou gees wees! Die genade sy met julle! Amen.

1 Aš primygtinai prašau prieš Dievą ir Viešpatį Jėzų Kristų, kuris teis gyvuosius ir mirusiuosius, Jam ir Jo karalystei atėjus:

2 skelbk žodį, veik laiku ir nelaiku, bark, drausk, ragink su didžia ištverme ir pamokymu.

3 Nes ateis laikas, kai žmonės nebepakęs sveiko mokslo, bet, pasidavę savo įgeidžiams, pasikvies sau mokytojus, kad tie dūzgentų ausyse;

4 jie nukreips ausis nuo tiesos ir atvers pasakoms.

5 Bet tu būk visame kame apdairus, iškęsk sunkumus, dirbk evangelisto darbą, atlik savo tarnavimą.

6 Nes aš jau atnašaujamas, ir mano iškeliavimo laikas jau čia pat.

7 Aš kovojau gerą kovą, baigiau bėgimą, išlaikiau tikėjimą.

8 Nuo šiol manęs laukia teisumo vainikas, kurį aną dieną man duos Viešpats, teisingasis Teisėjas,­ir ne tik man, bet ir visiems, kurie pamilo Jo pasirodymą.

9 Pasistenk greitai atvykti pas mane,

10 nes Demas, pamilęs šį pasaulį, paliko mane ir iškeliavo į Tesaloniką, Krescentas­į Galatiją, Titas­į Dalmatiją.

11 Vienas Lukas tėra su manimi. Pasiimk ir atvesk su savimi Morkų, jis man naudingas tarnavimui.

12 Tichiką pasiunčiau į Efezą.

13 Atvykdamas atgabenk apsiaustą, kurį palikau Troadėje pas Karpą, taip pat ir knygas, ypač pergamentus.

14 Kalvis Aleksandras man padarė daug bloga, Viešpats jam teatmoka pagal jo darbus.

15 Ir tu saugokis jo, nes jis labai priešinosi mūsų žodžiams.

16 Mano pirmajame apsigynime nė vieno nebuvo su manimi, visi mane paliko. Tenebus jiems tai palaikyta nusikaltimu!

17 Bet Viešpats stovėjo su manimi ir sustiprino mane, kad toliau skelbčiau Evangeliją ir išgirstų visi pagonys; aš buvau išgelbėtas iš liūto nasrų.

18 Ir Viešpats išgelbės mane iš visų piktų kėslų ir išsaugos savo dangiškajai karalystei. Jam šlovė per amžių amžius! Amen.

19 Pasveikink Priską, Akvilą ir Onesiforo namiškius.

20 Erastas pasiliko Korinte, o Trofimą palikau Milete sergantį.

21 Pasistenk atvykti dar prieš žiemą! Tave sveikina Eubulas, Pudentas, Linas ir Klaudija bei visi broliai.

22 Viešpats Jėzus Kristus tebūna su tavo dvasia! Malonė teesie su jumis! Amen.