1 Koning B,lsasar het 'n groot maaltyd berei vir sy duisend maghebbers, en in teenwoordigheid van die duisend het hy wyn gedrink.2 By die genot van die wyn het B,lsasar bevel gegee om die goue en silwervoorwerpe te bring wat sy vader Nebukadn,sar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink.3 Toe het hulle die goue voorwerpe gebring wat uit die tempel, uit die huis van God in Jerusalem weggevoer was, en die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue het daaruit gedrink.4 Hulle het wyn gedrink en die gode van goud en silwer, koper, yster, hout en klip geprys.5 Op dieselfde oomblik het daar vingers van 'n mens se hand te voorskyn gekom en teenoor die kandelaar op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe, en die koning het die deel van die hand gesien wat geskrywe het.6 Toe het die gelaatskleur van die koning verander, en sy gedagtes het hom verskrik, en die gewrigte van sy heupe het losgeraak, en sy knieë het teen mekaar geslaan.7 Die koning het hardop uitgeroep om die besweerders, die Chaldeërs en die waarsêers in te bring. Daarop het die koning gespreek en aan die wyse manne van Babel gesê: Enigeen wat hierdie skrif lees en my sy uitlegging te kenne gee, hy sal met purper beklee word, en 'n goue ketting sal om sy hals wees, en as derde in rang sal hy in die koninkryk heers.8 Toe het al die wyse manne van die koning ingekom, maar hulle was nie in staat om die skrif te lees en sy uitlegging aan die koning bekend te maak nie.9 Toe het koning B,lsasar baie verskrik geword, en sy gelaatskleur het aan hom verander, ook sy maghebbers was in verwarring.10 Na aanleiding van die woorde van die koning en van sy maghebbers het die koningin in die eetsaal ingegaan; die koningin het begin spreek en gesê: Mag die koning in ewigheid lewe! Laat u gedagtes u nie verskrik en u gelaatskleur nie verander nie.11 Daar is 'n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind; daarom het u vader, koning Nebukadn,sar, hom as owerste van die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs, die waarsêers aangestel -- u vader, o koning! --12 omdat in hom 'n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is om drome uit te lê en raaisels op te los en knope los te maak -- in Daniël aan wie die koning die naam van B,ltsasar gegee het; laat Daniël nou geroep word, dan sal hy die uitlegging te kenne gee.13 Toe is Daniël voor die koning gebring; die koning het begin spreek en vir Daniël gesê: Is jy Daniël wat by die Joodse ballinge behoort, wat die koning, my vader, uit Juda gebring het?14 Ek het van jou gehoor dat die gees van die gode in jou is, en dat verligting en verstand en voortreflike wysheid in jou gevind word.15 Nou net is die wyse manne, die besweerders, voor my gebring om hierdie skrif te lees en sy uitlegging aan my bekend te maak; maar hulle is nie in staat om die uitlegging van die woord te kenne te gee nie.16 Maar ek het van jou gehoor dat jy uitlegginge kan gee en knope kan losmaak; as jy nou die skrif kan lees en sy uitlegging aan my bekend maak, sal jy met purper beklee word, en 'n goue ketting sal daar om jou hals wees, en jy sal as derde in rang in die koninkryk heers.17 Toe het Daniël geantwoord en voor die koning gesê: U kan u gawes maar vir uself hou en u geskenke aan 'n ander gee; nogtans sal ek die skrif vir die koning lees en die uitlegging aan hom bekend maak.18 Wat u betref, o koning, die allerhoogste God het aan u vader Nebukadn,sar die koningskap en grootheid en heerlikheid en majesteit gegee.19 En vanweë die grootheid wat Hy hom gegee het, het al die volke, nasies en tale gebewe en vir hom gesidder; wie hy wou, het hy gedood, en wie hy wou, het hy laat lewe, en wie hy wou, het hy verhoog, en wie hy wou, het hy verneder.20 Maar net toe sy hart hom verhef het en sy gees verhard is om oormoedig te wees, is hy van die troon van sy koningskap afgestoot, en die heerlikheid is hom ontneem.21 En hy is uit die mense verstoot, en sy hart het soos die van die diere geword, en hy het saam met die wilde-esels gewoon; hulle het hom plante laat eet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak totdat hy erken het dat die allerhoogste God mag het oor die koningskap van die mens en daaroor kan aanstel wie Hy wil.22 Maar u, B,lsasar, sy seun, het u hart nie verneder nie, alhoewel u dit alles weet;23 maar u het u verhef teen die Here van die hemel, en die voorwerpe van sy huis het hulle voor u gebring; en u en u maghebbers, u vroue en u byvroue het wyn daaruit gedrink; en u het die gode van silwer en goud, koper, yster, hout en klip geprys, wat nie sien en nie hoor en nie weet nie, maar die God in wie se hand u asem en voor wie al u paaie is, Hom het u nie vereer nie.24 Toe is deur Hom die deel van die hand gestuur en hierdie skrif geskrywe.25 En dit is die skrif wat geskrywe is: Men,, men,, tek,l ufars¡n.26 Dit is die uitleg van die woord: Men, -- God het u koningskap getel en daar 'n einde aan gemaak;27 tek,l -- u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind;28 per,s -- u koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee.29 Toe het B,lsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met purper beklee, met 'n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers.30 In dieselfde nag is B,lsasar, die koning van die Chaldeërs, gedood.
1 Karalius Belšacaras iškėlė didelę puotą tūkstančiui savo didžiūnų ir jų akivaizdoje gėrė vyną.2 Belšacaras, paragavęs vyno, įsakė atnešti auksinius ir sidabrinius indus, kuriuos jo tėvas Nebukadnecaras buvo atgabenęs iš Jeruzalės šventyklos, kad iš jų gertų karalius, jo kunigaikščiai, žmonos ir sugulovės.3 Tada atnešė auksinius ir sidabrinius indus, kurie buvo atgabenti iš Jeruzalės šventyklos, Dievo namų. Iš jų gėrė karalius, jo kunigaikščiai, žmonos ir sugulovės.4 Jie gėrė vyną ir gyrė savo auksinius, sidabrinius, varinius, geležinius, medinius ir akmeninius dievus.5 Tą pačią valandą pasirodė žmogaus rankos pirštai ir rašė ties žvakide ant karaliaus rūmų sienos. Karalius matė rašančią ranką.6 Jo veidas pasikeitė, jį apėmė neramios mintys, sąnariai suglebo ir keliai drebėjo.7 Karalius, garsiai šaukdamas, liepė atvesti žynius, chaldėjus ir astrologus. Jiems susirinkus, karalius kalbėjo Babilono išminčiams: "Kas perskaitys šitą raštą ir man jį išaiškins, tas bus apvilktas purpuru, jam bus užkabinta auksinė grandinė ir jis bus paskelbtas trečiu valdovu karalystėje!"8 Tačiau visi išminčiai negalėjo nei rašto perskaityti, nei jo išaiškinti karaliui.9 Tuomet karalius Belšacaras labai sunerimo, jo veidas pabalo, o didžiūnai buvo apstulbę.10 Išgirdusi karaliaus ir didžiūnų žodžius, karalienė įėjo į puotos salę, ir tarė: "Karaliau, gyvuok per amžius! Teneapima tavęs neramios mintys ir tavo veidas tenepasikeičia!11 Tavo karalystėje yra vyras, kuris turi šventųjų dievų dvasią. Tavo tėvo dienomis šviesa, supratimas ir išmintis, panaši į dievų išmintį, buvo jame. Karalius Nebukadnecaras, tavo tėvas, paskyrė jį ženklų aiškintojų, žynių, chaldėjų ir astrologų viršininku,12 kadangi jis turėjo nepaprastą dvasią, supratimą ir protą, galintį išaiškinti sapnus, atspėti mįsles ir atidengti paslaptis. Tai Danielius, kuriam karalius davė Beltšacaro vardą. Taigi pašauk Danielių, ir jis tau išaiškins".13 Kai Danielių atvedė pas karalių, karalius tarė: "Ar tu tas Danielius iš Judo tremtinių, kuriuos karalius, mano tėvas, atvedė iš Judėjos?14 Aš girdėjau apie tave, kad šventųjų dievų dvasia yra tavyje ir taip pat šviesa, supratimas bei nepaprasta išmintis.15 Buvo pakviesti išminčiai ir žyniai, kad perskaitytų šitą raštą ir jį išaiškintų, bet jie nesugebėjo išaiškinti tų žodžių prasmės.16 Aš girdėjau apie tave, kad tu gali išaiškinti paslaptis. Jei perskaitysi raštą ir pasakysi jo reikšmę, būsi apvilktas purpuru, gausi auksinę grandinę ir būsi trečias valdovas karalystėje!"17 Danielius atsakė karaliui: "Dovanos telieka pas tave arba duok jas kitam! Tačiau aš perskaitysiu raštą karaliui ir jį išaiškinsiu.18 O karaliau! Aukščiausiasis Dievas davė tavo tėvui Nebukadnecarui karalystę, didybę, garbę ir šlovę.19 Dėl didybės, kuri jam buvo duota, visų kalbų tautos ir giminės drebėjo ir bijojo jo. Ką norėjo, jis nužudė, ką norėjo, paliko gyvą; ką norėjo, jis išaukštino, ką norėjo, pažemino.20 O kai jo širdis pasiaukštino ir dvasia sukietėjo nuo išdidumo, jis buvo nustumtas nuo karališko sosto ir neteko savo šlovės.21 Iš žmonių jis buvo pašalintas, jo širdis pasidarė kaip žvėries, su laukiniais asilais jis gyveno, valgė žolę kaip jautis, jo kūną vilgė dangaus rasa, kol jis pažino, kad aukščiausiasis Dievas viešpatauja žmonių karalystėje ir paskiria valdovu tą, kurį Jis nori.22 O tu, jo sūnau Belšacarai, nenusižeminai širdimi, nors visa tai žinojai.23 Tu pasipūtei prieš dangaus Viešpatį, įsakei atnešti Jo namų indus ir tu bei tavo didžiūnai, tavo žmonos ir sugulovės gėrė iš jų vyną, ir tu gyrei sidabrinius, auksinius, varinius, geležinius, medinius ir akmeninius dievus, kurie negali nei matyti, nei girdėti, nei suprasti. O Dievo, kurio rankoje yra tavo gyvybė ir kurio žinioje yra visi tavo keliai, tu nešlovinai.24 Todėl Jis siuntė ranką, ir šitas raštas buvo užrašytas.25 Štai kas parašyta: ‘Mene, mene, tekel, uparsin’.26 Tokia jų reikšmė: ‘Mene’Dievas suskaičiavo tavo karalystės dienas ir jas užbaigė;27 ‘Tekel’esi pasvertas svarstyklėmis ir rastas per lengvas;28 ‘Peres’tavo karalystė padalyta ir atiduota medams ir persams!"29 Belšacaras įsakė apvilkti Danielių purpuru, užkabinti auksinę grandinę ir paskelbė, kad jis bus trečias valdovas karalystėje.30 Tą pačią naktį karalius Belšacaras, chaldėjų karalius, buvo nužudytas,31 ir Darijus, medas, pradėjo valdyti, būdamas šešiasdešimt dvejų metų.