Publicidade

Êxodo 22

1 As iemand 'n bees of 'n stuk kleinvee steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir 'n bees vergoed en vier stuks kleinvee vir 'n stuk kleinvee.2 As 'n dief betrap word terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie;3 as die son oor hom opgegaan het, ontstaan daardeur bloedskuld. Hy moet ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word.4 As die gesteelde goed -- of dit 'n bees, 'n esel of 'n stuk kleinvee is -- nog lewendig in sy besit gevind word, moet hy dubbel vergoeding gee.5 As iemand 'n stuk veld of 'n wingerd laat afwei en sy vee vry laat loop, sodat dit in die veld van 'n ander wei, moet hy van die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee.6 As 'n vuur uitbreek en die dorings vat, sodat 'n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee.7 As iemand aan sy naaste geld of goed in bewaring gee, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy uitgevind word, dubbel vergoeding gee.8 As die dief nie uitgevind word nie, moet die eienaar van die huis na die owerhede gaan om te beslis of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie.9 By alle sake van ontvreemding, of dit gaan oor 'n bees, oor 'n esel, oor kleinvee, oor klere of oor enigiets wat verloor is, waarvan iemand sê: Dit is myne! -- moet die saak van altwee voor die owerhede kom; die een wat die owerhede skuldig verklaar, moet aan sy naaste dubbel vergoeding gee.10 As iemand aan sy naaste 'n esel of bees of stuk kleinvee of enige dier gee om op te pas, en dit gaan dood of kry 'n ongeluk of word weggevoer sonder dat iemand dit sien,11 dan moet die eed by die HERE tussen hulle twee beslis, of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie; en die eienaar moet daarmee tevrede wees, en die ander hoef geen vergoeding te gee nie.12 Maar as dit van hom weggesteel is, moet hy aan die eienaar vergoeding gee.13 As dit verskeur is, moet hy dit as bewys bring; wat verskeur is, hoef hy nie te vergoed nie.14 En as iemand van sy naaste iets te leen vra, en dit kry 'n ongeluk of gaan dood terwyl die eienaar daar nie by is nie, moet hy ten volle vergoeding gee.15 As die eienaar daarby gewees het, hoef hy geen vergoeding te gee nie. As dit gehuur was, kom die huurgeld daarvoor.16 As iemand 'n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.17 As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.18 Die towerheks mag jy nie laat lewe nie.19 Elkeen wat met 'n dier gemeenskap het, moet sekerlik gedood word.20 Hy wat aan die gode offer, behalwe aan die HERE alleen, moet met die banvloek getref word.21 Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.22 Julle mag geen weduwee of wees verdruk nie.23 As jy hulle op enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek, as hulle na My roep, hulle geroep sekerlik hoor.24 en my toorn sal ontvlam, en Ek sal julle met die swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word.25 As jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos 'n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie.26 As jy ooit jou naaste se gewaad as pand neem, moet jy hom dit teruggee voor die son ondergaan;27 want dit is sy enigste bedekking, dit is die bekleding vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? En as hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek is genadig.28 Jy mag God nie vloek nie, en 'n owerste onder jou volk mag jy nie verwens nie.29 Die offer uit jou volle opbrings en jou parskuip mag jy nie terughou nie. Die eersgeborene van jou seuns moet jy aan My gee.30 Jy moet dieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee: sewe dae moet dit by sy moeder wees; op die agtste dag moet jy dit aan My gee.31 En julle moet vir My heilige mense wees. Daarom mag julle nie vleis eet wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi.

1 "Jei kas pavagia jautį ar avį ir jį papjauna ar parduoda, jis sugrąžins penkis jaučius už jautį ir keturias avis už avį.2 Jei kas užklumpa vagį besilaužiantį ir suduoda jam taip, kad tas numiršta, jis nebaudžiamas už pralietą kraują.3 Jei jis tai padarytų dienos metu, jis kaltinamas už pralietą kraują. Vagis privalo viską atlyginti. Jei jis nieko neturi, jį parduosite už vagystę.4 Jei pas jį randamas dar gyvas pavogtas jautis ar avis, jis atlygins dvigubai.5 Jei kas nugano lauką ar vynuogyną ir leidžia savo gyvulius ganytis svetimame lauke, tas privalo atlyginti geriausiu, kas yra jo paties lauke ar vynuogyne.6 Jei ugnis išsiplečia ir apima erškėčius, ir sudega sustatyti pėdai ar tebeaugantys javai lauke, tai tas, kuris užkūrė ugnį, atlygina visą nuostolį.7 Jei kas paveda savo artimui saugoti pinigus ar kitokius daiktus ir jie pavagiami iš jo namų, tai, suradus vagį, jis privalo dvigubai atlyginti.8 Jei vagies nesuranda, namų savininką atvesite pas teisėjus, kad ištirtų, ar jis nepridėjo rankos prie savo artimo nuosavybės.9 Kai kyla ginčas dėl nuosavybės: jaučio, asilo, avies, apsiausto ar dėl bet kokio kito pamesto daikto, apie kurį kitas tvirtina, kad tai jo,­abu privalo ateiti pas teisėjus. Kuris kaltas, privalo dvigubai atlyginti savo artimui.10 Jei kas paveda savo artimui saugoti asilą, jautį, avį ar bet kokį gyvulį ir tas, niekam nematant, pastimpa, susižeidžia ar nuvaromas,11 tas, kuris saugojo, turi prisiekti prieš Viešpatį, kad nepridėjo rankos prie artimo nuosavybės. Tada savininkas privalo sutikti su tuo ir jis neturės atlyginti nuostolio.12 O jei bus pavogta iš jo, jis atlygins savininkui.13 Jei gyvulį sudrasko žvėrys, jis privalo liekanas atgabenti įrodymui ir jam nereikės atlyginti už tai, kas sudraskyta.14 Jei kas pasiskolina iš savo artimo ir tai sugadinama ar pastimpa, kai savininko nėra šalia, tai jis privalo atlyginti nuostolį.15 Jei savininkas buvo šalia, atlyginti nereikia. Jei buvo išnuomota, reikia sumokėti tik už nuomą.16 Jei kas suvedžioja mergaitę dar nesužadėtą, jis privalo ją vesti ir duoti jai kraitį.17 Jei jos tėvas nesutinka jos išleisti už jo, tai jis sumokės tiek pinigų, kiek mokama kraičiui mergaitei.18 Būrėjams neleisi gyviems išlikti.19 Kas santykiauja su gyvuliu, turi būti baudžiamas mirtimi.20 Kas aukoja kitiems dievams, o ne Viešpačiui, turi būti sunaikintas.21 Ateivio neskriausi ir nespausi, nes jūs patys buvote ateiviai Egipto šalyje.22 Neskriauskite našlės ar našlaičio.23 Jei juos skriausi ir jie šauksis mano pagalbos, Aš tikrai išklausysiu jų šauksmą.24 Tada savo rūstybėje išžudysiu jus kardu: jūsų žmonos liks našlėmis ir vaikai našlaičiais.25 Jei paskolinsi pinigų mano tautos beturčiui, gyvenančiam šalia tavęs, nepasidaryk lupikas ir neapkrauk jo palūkanomis.26 Jei paimsi kaip užstatą savo artimo apsiaustą, privalai jam grąžinti jį iki saulės laidos.27 Nes tai yra jo vienintelis apsiaustas kūnui pridengti. Kuo kitu jis apsidengs miegodamas? Ir kai jis šauksis manęs, išklausysiu, nes esu gailestingas.28 Nekalbėk pikta prieš tautos teisėjus ir nekeik tautos vadovo.29 Savo javų ir vaisių pirmienų nedelsk pristatyti. Pirmagimį savo sūnų atiduosi man.30 Taip pat pasielgsi su savo jaučiais ir avimis. Septynias dienas jis pasiliks prie savo motinos, aštuntąją dieną atiduosi jį man.31 Jūs būsite šventi žmonės man, ir žvėries sudraskyto gyvulio nevalgysite; šuniui jį numeskite".

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-