1 En toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders baar nie, het Ragel jaloers geword op haar suster en aan Jakob gesê: Gee vir my kinders of anders sterf ek.

2 Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: Is ek dan in die plek van God wat die vrug van die skoot aan jou onthou het?

3 En sy antwoord: Daar is my slavin Bilha; gaan by haar in, dat sy op my knieë kan baar en ek ook uit haar gebou kan word.

4 Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha as vrou gegee, en Jakob het by haar ingegaan.

5 En Bilha het swanger geword en vir Jakob 'n seun gebaar.

6 Toe sê Ragel: God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my 'n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem.

7 En Bilha, die slavin van Ragel, het weer bevrug geword en vir Jakob 'n tweede seun gebaar.

8 Toe sê Ragel: Ek het bomenslike worstelinge met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom N ftali genoem.

9 En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou.

10 En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob 'n seun gebaar.

11 Toe sê Lea: Gelukkig! En sy het hom Gad genoem.

12 Daarna het Silpa, die slavin van Lea, vir Jakob 'n tweede seun gebaar.

13 Toe sê Lea: Ek, gelukkige! want die dogters sal my gelukkig prys. En sy het hom Aser genoem.

14 En Ruben het in die dae van die koringoes gegaan en in die veld liefdesappels gevind en die na sy moeder Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: Gee my tog van jou seun se liefdesappels.

15 Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het nie, dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap.

16 Toe Jakob dan die aand uit die veld kom, gaan Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na my kom, want ek het jou eerlik gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het die nag by haar geslaap.

17 En God het Lea verhoor: sy het bevrug geword en vir Jakob 'n vyfde seun gebaar.

18 Toe sê Lea: God het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom Issaskar genoem.

19 En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob 'n sesde seun gebaar.

20 Toe sê Lea: God het my 'n mooi geskenk gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar. En sy het hom S,bulon genoem.

21 En daarna het sy 'n dogter gebaar en haar Dina genoem.

22 En God het aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en haar skoot geopen:

23 sy het bevrug geword en 'n seun gebaar. Toe sê sy: God het my smaad weggeneem.

24 En sy het hom Josef genoem en gesê: Mag die HERE vir my 'n ander seun daar byvoeg!

25 En nadat Ragel Josef gebaar het, sê Jakob vir Laban: Laat my trek, dat ek na my woonplek en my land kan gaan.

26 Gee my vroue en my kinders waarvoor ek u gedien het, dat ek kan gaan; want u weet self hoe ek u gedien het.

27 Daarop antwoord Laban hom: As ek nou guns in jou oë gevind het -- ek het waargeneem dat die HERE my om jou ontwil geseënhet.

28 Verder sê hy: Bepaal vir my jou loon, en ek sal dit gee.

29 Toe antwoord hy hom: U weet self hoe ek u gedien het en wat u vee by my geword het.

30 Want min was dit wat u voor my koms gehad het, en dit het sterk vermeerder; en die HERE het u geseënop my voetspoor. Wanneer sal ek dan nou ook vir my huis werk?

31 En hy vra: Wat moet ek jou gee? Toe antwoord Jakob: U hoef my niks te gee nie. As u hierdie ding vir my wil doen, wil ek weer u kleinvee oppas, ja, versorg --

32 ek sal vandag deur al u kleinvee deurgaan en daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer; al die vee onder die skaaplammers wat swart is, en die bontes en gestippeldes onder die bokke, dit moet my loon wees.

33 En my regverdigheid sal later vir my getuig: as u kom om my loon na te gaan, sal alles wat nie gestippel of bont is onder die bokke, en wat nie swart is onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my wees.

34 Toe antwoord Laban: Goed, laat dit wees volgens jou woord!

35 En hy het dieselfde dag uitgekeer die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en almal wat swart was onder die skaaplammers, en die aan sy seuns afgegee.

36 En hy het 'n afstand van drie dae bepaal tussen hom en Jakob; en Jakob het die orige kleinvee van Laban opgepas.

37 Toe neem Jakob vir hom groen latte van populier--, amandel-- en plataanhout, en hy skil daarin wit strepe, sodat die wit van die latte uitkom;

38 en hy sit die latte wat hy geskil het, vlak voor die vee in die trogge, in die drinkbakke waar die vee kom drink het; en hulle het verhit geword as hulle kom drink.

39 En die vee het verhit geword by die latte, en die vee het gelam gestreeptes, gestippeldes en bontes.

40 Toe skei Jakob die lammers, en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart was onder Laban se vee. En hy het vir hom afsonderlike troppe gemaak en die nie onder Laban se vee gesit nie.

41 En elke keer as die sterkste diere verhit word, sit Jakob die latte voor die oë van die vee in die trogge, sodat hulle verhit sou word by die latte.

42 Maar as die vee swakkerig was, het hy dit nie ingesit nie; so was dan die swakkes vir Laban en die sterkes vir Jakob.

43 En die man het buitengewoon uitgebrei en baie kleinvee en slavinne en slawe en kamele en esels gehad.

1 Rachelė matydama, kad ji nevaisinga, pavydėjo savo seseriai Lėjai ir tarė Jokūbui: "Duok man vaikų, kitaip aš mirsiu!"

2 Jokūbas, supykęs ant Rachelės, tarė: "Ar aš Dievas, kuris tau vaikų neduoda?"

3 Tada ji tarė: "Štai mano tarnaitė Bilha. Įeik pas ją, kad ji pagimdytų ant mano kelių ir aš galėčiau turėti vaikų iš jos".

4 Ji davė jam už žmoną savo tarnaitę Bilhą, ir Jokūbas įėjo pas ją.

5 Bilha pastojo ir pagimdė Jokūbui sūnų.

6 Tada Rachelė tarė: "Dievas teisingai nusprendė dėl manęs, išklausydamas mano balsą ir davė man sūnų". Todėl ji pavadino jį Danu.

7 Rachelės tarnaitė Bilha pastojo ir pagimdė Jokūbui antrą sūnų.

8 Tada Rachelė tarė: "Didžiose grumtynėse grūmiausi su savo seserimi ir nugalėjau". Ir ji pavadino jį Neftaliu.

9 Lėja matydama, kad nebegali daugiau gimdyti, davė Jokūbui savo tarnaitę Zilpą už žmoną.

10 Zilpa, Lijos tarnaitė, pagimdė Jokūbui sūnų.

11 Tada Lėja tarė: "Laimingai!" Ir ji pavadino jį Gadu.

12 Vėliau Zilpa pagimdė Jokūbui antrą sūnų.

13 Tada Lėja tarė: "Aš laimingoji! Nes moterys vadins mane palaiminta". Ir ji pavadino jį Ašeru.

14 Kviečių pjūties metu Rubenas išėjęs rado mandragorų ir juos parnešė savo motinai Lėjai. Tada Rachelė tarė Lėjai: "Duok man savo sūnaus mandragorų".

15 Bet ji atsakė: "Ar negana tau, kad turi mano vyrą, ar nori atimti ir mano sūnaus mandragorus?" Rachelė tarė: "Tegul jis šią naktį praleidžia su tavimi už tavo sūnaus mandragorus!"

16 Jokūbui pareinant vakare iš lauko, Lėja išėjo jo pasitikti ir tarė: "Tu eisi pas mane, nes aš tave pasamdžiau už mano sūnaus mandragorus". Taip jis praleido su ja tą naktį.

17 Dievas išklausė Lėją; ji pagimdė Jokūbui penktąjį sūnų.

18 Tada Lėja tarė: "Dievas man atlygino, nes aš daviau savo tarnaitę savo vyrui". Ji pavadino jį Isacharu.

19 Lėja vėl pastojo ir pagimdė Jokūbui šeštąjį sūnų.

20 Tada Lėja tarė: "Dievas apdovanojo mane gera dovana; dabar mano vyras gyvens su manimi, nes aš jam pagimdžiau šešis sūnus". Ir ji praminė jį Zabulonu.

21 Po to ji pagimdė dukterį ir ją pavadino Dina.

22 Dievas atsiminė Rachelę, išklausė ją ir padarė vaisingą.

23 Ji pagimdė sūnų ir tarė: "Dievas pašalino mano gėdą".

24 Ji pavadino jį Juozapu, sakydama: "Viešpats duos man dar kitą sūnų!"

25 Rachelei pagimdžius Juozapą, Jokūbas tarė Labanui: "Paleisk mane, grįšiu į tėvynę, į savo šalį!

26 Duok man mano žmonas ir mano vaikus, už kuriuos tau tarnavau, ir leisk man eiti. Tu juk žinai, kaip aš tau tarnavau!"

27 Labanas jam tarė: "O kad aš rasčiau malonę tavo akyse! Aš patyriau, kad Viešpats laimino mane dėl tavęs.

28 Nustatyk tu pats sau užmokestį, ir aš tau jį duosiu!"

29 Jokūbas atsakė: "Tu pats žinai, kaip tau tarnavau ir kokia tapo tavo banda mano priežiūroje.

30 Tu mažai turėjai prieš man atvykstant, bet dabar tai smarkiai padaugėjo, nes Viešpats tave laimino, kai aš atėjau. O dabar ar ne laikas man pasirūpinti savo namais?"

31 Labanas tarė: "Ką turiu tau duoti?" Jokūbas atsakė: "Nieko man neduok! Jei sutiksi su mano reikalavimu, aš vėl ganysiu ir saugosiu tavo kaimenę:

32 šiandien pereisiu visas avių bandas, išskirdamas iš jų kiekvieną dėmėtą bei lopiniuotą avį ir kiekvieną juodą avį, ir visas lopiniuotas bei dėmėtas ožkas. Tai bus mano atlyginimas.

33 Mano sąžiningumas kalbės už mane, kai ateis laikas man atsiimti užmokestį tavo akivaizdoje. Visa, kas nebus dėmėta bei lopiniuota tarp ožkų ir avių, tebūna kaip mano pavogta!"

34 Labanas atsakė: "Sutinku. Tebūna kaip sakai!"

35 Ir jis atskyrė tą dieną ožkas ir avis, ožius ir avinus­lopiniuotus ir dėmėtus; visus vienos spalvos gyvulius atidavė savo sūnums.

36 Labanas nustatė, kad tarp jo ir Jokūbo būtų trijų dienų atstumas. Jokūbas ganė likusią Labano kaimenę.

37 Jokūbas, paėmęs žalias drebulių, migdolų ir liepų lazdeles, išlupinėjo jose dryžius, kad tose vietose, kur buvo žievė, būtų balta.

38 Jis tas išpjaustytas lazdeles sudėjo į lovius, į kuriuos pilamas vanduo, prie kurių bandos ateidavo gerti, ir atėję gerti imdavo poruotis.

39 Ir avys poruodavosi, žiūrėdamos į lazdeles; ir jos vesdavo dryžuotus, dėmėtus ir lopiniuotus ėriukus.

40 Jokūbas perskyrė savo bandą. Jis sudėjo lazdeles taip, kad jo avys ir Labano avys matytų jas. Jis laikė savo bandas atskirai ir nesuleisdavo jų su Labano bandomis.

41 Kai poravosi stipresnieji gyvuliai, Jokūbas įdėdavo lazdeles į lovius taip, kad gyvuliai matytų jas ir poruotųsi.

42 Silpnesniems gyvuliams poruojantis, jis neįdėdavo tų lazdelių. Taigi silpnesnieji teko Labanui, o stipresnieji Jokūbui.

43 Taip šis žmogus nepaprastai pralobo. Jis turėjo daug tarnų ir tarnaičių, galvijų, avių, kupranugarių ir asilų.