1 So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.2 En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.3 En God het die sewende dag geseënen dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.4 Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,5 was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.6 Maar 'n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword.8 Ook het die HERE God 'n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, 'n plek gegee.9 En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.10 En daar het 'n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword.11 Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land H wila loop waar die goud is.12 En die goud van die land is goed. Daar is ook balsemgom en onikssteen.13 En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kus loop.14 En die naam van die derde rivier is die Hidd,kel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat.15 Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.16 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.18 Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.19 En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.20 So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.21 Toe het die HERE God 'n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.22 En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die mens.23 Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.25 En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.
1 Taip buvo sutvertas dangus, žemė ir visi jų pulkai.2 Dievas septintą dieną užbaigė savo darbus ir ilsėjosi septintą dieną po visų savo darbų, kuriuos atliko.3 Dievas palaimino septintą dieną ir ją pašventino, nes joje ilsėjosi po visų savo darbų, kuriuos Dievas sukūrė ir padarė.4 Tokia yra dangaus ir žemės kilmė, kai jie buvo sukurti tą dieną, kurią Viešpats Dievas sutvėrė žemę ir dangų,5 ir visus lauko augalus, kurių dar nebuvo žemėje, ir visas lauko žoles, kurios dar nežėlė; nes Viešpats Dievas nesiuntė į žemę lietaus ir nebuvo žmogaus žemei įdirbti.6 Migla kilo nuo žemės ir drėkino jos paviršių.7 Ir Viešpats Dievas padarė žmogų iš žemės dulkių ir įkvėpė į jo šnerves gyvybės kvapą. Taip žmogus tapo gyva siela.8 Viešpats Dievas sukūrė sodą Edene rytuose ir ten apgyvendino žmogų, kurį buvo sutvėręs.9 Viešpats Dievas išaugino iš žemės visokių medžių, gražių pasižiūrėti ir nešančių gerus vaisius maistui; taip pat gyvybės medį sodo viduryje ir medį pažinimo gero ir blogo.10 Upė tekėjo iš Edeno sodui drėkinti; nuo ten ji šakojosi į keturias upes.11 Pirmosios vardas Pišonas. Ji teka aplink visą Havilos šalį, kur randamas auksas.12 Tos šalies auksas yra geras. Ten randa bdeliją ir onikso akmenį.13 Antrosios upės vardas Gihonas. Ji teka aplink visą Kušo šalį.14 Trečiosios upės vardas Tigras. Ji teka į rytus nuo Asūro. O ketvirtoji upė yra Eufratas.15 Ir paėmė Viešpats Dievas žmogų ir apgyvendino jį Edeno sode, kad žmogus jį įdirbtų ir prižiūrėtų.16 Viešpats Dievas įsakė žmogui: "Nuo kiekvieno sodo medžio tau leista valgyti,17 bet nuo medžio pažinimo gero ir blogo nevalgyk, nes tą dieną, kurią valgysi jo vaisių, tikrai mirsi".18 Viešpats Dievas tarė: "Negerai žmogui būti vienam. Aš padarysiu jam tinkamą padėjėją".19 Viešpats Dievas, padaręs iš žemės visus žvėris bei padangių paukščius, juos atvedė prie Adomo, kad matytų, kaip jis juos pavadins; kaip Adomas pavadino kiekvieną gyvą padarą, toks ir yra jo vardas.20 Adomas davė vardus visiems gyvuliams, padangių paukščiams ir visiems lauko žvėrims, tačiau tarp jų neatsirado padėjėjo, tinkamo žmogui.21 Tada Viešpats Dievas giliai užmigdė Adomą, išėmė vieną jo šonkaulių ir tą vietą užpildė kūnu.22 Po to Viešpats Dievas iš šonkaulio, kurį išėmė iš žmogaus, padarė moterį ir ją atvedė pas žmogų.23 Tada Adomas tarė: "Štai kaulas iš mano kaulų ir kūnas iš mano kūno! Šita bus vadinama moterimi, nes iš vyro ji paimta".24 Todėl vyras paliks savo tėvą bei motiną ir susijungs su savo žmona; ir juodu taps vienu kūnu.25 Jie abužmogus ir jo žmonabuvo nuogi, tačiau nesigėdijo.