1 Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.2 Want julle weet watter bevele ons julle deur die Here Jesus gegee het.3 Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;4 dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer,5 nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie;6 dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here 'n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.7 Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.8 Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.9 Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê;10 en julle doen dit ook aan al die broeders in die hele Macedonië; maar ons vermaan julle, broeders, om oorvloediger te wees11 en julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het,12 sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal voor wees nie.16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
1 Pagaliau, broliai, prašome ir raginame jus Viešpatyje Jėzuje: jeigu išmokote iš mūsų, kaip privalote elgtis ir patikti Dievuitaip ir elkitės, darydami vis daugiau pažangos!2 Jūs juk žinote, kokių nurodymų jums davėme Viešpaties Jėzaus vardu.3 Nes tokia Dievo valiajūsų šventėjimas; kad susilaikytumėte nuo ištvirkavimo4 ir kiekvienas iš jūsų mokėtų saugoti savąjį indą šventume ir pagarboje,5 o ne aistringame geiduly, kaip pagonys, kurie nepažįsta Dievo;6 kad nė vienas neperžengtų ribų ir šituo dalyku neapgaudinėtų savo brolio, nes Dievas už visa tai keršija, kaip jau esame įspėję ir patvirtinę.7 Dievas nepašaukė mūsų nedorybei, bet šventumui.8 Todėl, kas tai atmeta, ne žmogų atmeta, bet Dievą, kuris ir davė mums savo Šventąją Dvasią.9 Apie brolišką meilę nebereikia jums rašyti, nes jūs patys esate Dievo išmokyti mylėti vienas kitą,10 ir jūs taip darote visiems broliams visoje Makedonijoje. Mes tik raginame jus, broliai, daryti vis daugiau pažangos,11 stengtis gyventi ramiai, atsidėti saviesiems reikalams ir dirbti savo rankomis, kaip jums įsakėme.12 Taip jūs deramai elgsitės pašalinių akyse ir jums nieko netrūks.13 Aš nenoriu, kad jūs, broliai, liktumėte nežinioje dėl užmigusiųjų ir nusimintumėte kaip kiti, kurie neturi vilties.14 Jeigu tikime, kad Jėzus mirė ir prisikėlė, tai Dievas ir tuos, kurie užmigo su Jėzumi, atves kartu su Juo.15 Ir tai jums sakome Viešpaties žodžiu, jog mes, gyvieji, išlikusieji iki Viešpaties atėjimo, nepralenksime užmigusiųjų.16 Nes pats Viešpats nužengs iš dangaus, nuskambėjus paliepimui, arkangelo balsui ir Dievo trimitui, ir mirusieji Kristuje prisikels pirmiausia,17 paskui mes, gyvieji, išlikusieji, kartu su jais būsime pagauti į debesis susitikti su Viešpačiu ore ir taip visuomet pasiliksime su Viešpačiu.18 Todėl guoskite vieni kitus šiais žodžiais.