1 Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;2 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag.3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid -- dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos 'n dief sou oorval nie.5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.7 Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus10 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.12 Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;13 en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.14 En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.15 Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd n wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.16 Wees altyddeur bly.17 Bid sonder ophou.18 Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.19 Blus die Gees nie uit nie.20 Verag die profesieë nie.21 Beproef alle dinge; behou die goeie.22 Onthou julle van elke vorm van kwaad.23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!24 Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.25 Broeders, bid vir ons.26 Groet die broeders almal met 'n heilige kus.27 Ek besweer julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word.28 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
1 Dėl valandos ir laiko, broliai, nėra reikalo jums rašyti.2 Jūs patys gerai žinote, kad Viešpaties diena užklups lyg vagis naktį.3 Kai žmonės kalbės: "Ramybė ir saugumas", tada juos ir ištiks netikėtas žlugimas, tarytum gimdymo skausmai nėščią moterį, ir jie niekur nepaspruks.4 Bet jūs, broliai, nesate tamsoje, kad toji diena jus užkluptų lyg vagis.5 Juk jūs visi esate šviesos ir dienos vaikai. Mes nepriklausome nei nakčiai, nei tamsai.6 Todėl nemiegokime kaip kiti, bet budėkime ir būkime blaivūs!7 Mat kas miega, miega naktį, ir kas pasigeria, pasigeria naktį.8 O mes, priklausydami dienai, būkime blaivūs ir apsirengę tikėjimo bei meilės šarvus ir užsidėję išgelbėjimo vilties šalmą.9 Juk Dievas mus paskyrė ne rūstybei, bet kad įgytume išgelbėjimą per mūsų Viešpatį Jėzų Kristų,10 kuris mirė už mus, kad mes ar budėdami, ar miegodami gyventume kartu su Juo.11 Todėl guoskite ir statydinkite vieni kitus, ką jūs ir darote.12 Prašome jus, broliai, gerbti tuos, kurie darbuojasi tarp jūsų, vadovauja jums Viešpatyje ir teikia jums pamokymų.13 Be galo branginkite juos, mylėdami dėl jų darbo! Taikiai sugyvenkite tarpusavyje!14 Raginame jus, broliai: įspėkite nedrausminguosius, padrąsinkite liūdinčiuosius, palaikykite silpnuosius, būkite kantrūs su visais!15 Žiūrėkite, kad kas neatsimokėtų kam nors blogu už bloga, bet visada siekite daryti gera vieni kitiems ir visiems.16 Visada džiaukitės,17 be paliovos melskitės!18 Už viską dėkokite, nes tokia Dievo valia jums Kristuje Jėzuje.19 Negesinkite Dvasios!20 Neniekinkite pranašavimų!21 Visa ištirkite ir to, kas gera, laikykitės!22 Susilaikykite nuo visokio blogio!23 Pats ramybės Dievas iki galo jus tepašventina ir teišlaiko jūsų dvasią, sielą ir kūną nepeiktiną mūsų Viešpaties Jėzaus atėjimui.24 Ištikimas yra Tas, kuris jus šaukia, Jis ir įvykdys!25 Broliai, melskitės už mus!26 Sveikinkite visus brolius šventu pabučiavimu.27 Saikdinu jus Viešpačiu, kad šis laiškas būtų perskaitytas visiems šventiesiems broliams.28 Mūsų Viešpaties Jėzaus Kristaus malonė tebūna su jumis! Amen.