1 Toe sê B¡leam vir Balak: Bou vir my hier sewe altare en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme.
2 En Balak het gedoen soos B¡leam verlang het; en Balak en B¡leam het 'n bul en 'n ram op elke altaar geoffer.
3 Daarop sê B¡leam vir Balak: Bly by jou brandoffer staan, en ek sal heengaan; miskien sal die HERE my tegemoetkom, en wat Hy my ook al laat sien, sal ek jou bekend maak. En hy het na 'n kaal heuwel gegaan.
4 En God het B¡leam tegemoetgekom, en hy het vir Hom gesê: Sewe altare het ek reggemaak en 'n bul en 'n ram op elke altaar geoffer.
5 Toe lê die HERE 'n woord in B¡leam se mond en sê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.
6 En hy het na hom teruggegaan terwyl hy daar staan by sy brandoffer, hy en al die vorste van Moab.
7 En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Uit Aram laat Balak my haal, die koning van Moab -- uit die berge van die Ooste: Kom vervloek Jakob vir my, en kom, verwens Israel.
8 Hoe sal ek vloek wie God nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie die HERE nie verwens nie?
9 Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, 'n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.
10 Wie het die stof van Jakob getel? En wie, volgens getal, die vierde deel van Israel? Laat my sterwe die dood van die opregtes, en laat my einde soos syne wees!
11 Toe sê Balak vir B¡leam: Wat het jy my aangedoen? Ek het jou laat haal om my vyande te vloek, en kyk, jy het net geseën!
12 En hy antwoord daarop d¡t: Moet ek dan nie sorgvuldig alles spreek wat die HERE in my mond lê nie?
13 Daarop sê Balak vir hom: Kom tog saam met my na 'n ander plek vanwaar jy hom kan sien -- net sy kant sal jy sien, maar heeltemal kan jy hom nie sien nie -- en vervloek hom daarvandaan vir my.
14 En hy het hom saamgeneem na die Veld van die Wagte, op die top van Pisga, en sewe altare gebou en 'n bul en 'n ram op elke altaar geoffer.
15 Toe sê hy vir Balak: Bly hier staan by jou brandoffer, en ek sal daar op 'n ontmoeting wag.
16 En die HERE het B¡leam ontmoet en 'n woord in sy mond gelê en gesê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.
17 En hy het by hom gekom terwyl hy daar staan by sy brandoffer, en die vorste van Moab by hom. En Balak sê vir hom: Wat het die HERE gespreek?
18 Toe hef hy sy spreuk aan en sê: Staan op Balak, en hoor! Luister na my, seun van Sippor!
19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
20 Kyk, ek het ontvang om te seën; en het Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie.
21 'n Mens aanskou geen ongeregtigheid in Jakob en sien geen onheil in Israel nie. Die HERE sy God is met hom, en die gejubel tot eer van die Koning is by hom.
22 God wat hulle uit Egipte uitgelei het, is vir hulle soos die horings van 'n buffel.
23 Want daar is geen towery teen Jakob of waarsêery teen Israel nie. Nou sal van Jakob en van Israel gesê word wat God gedoen het.
24 Kyk, 'n volk wat opstaan soos 'n leeuin, en soos 'n leeu verhef hy hom. Hy gaan nie lê voordat hy roof eet en die bloed van die wat verslaan is, drink nie.
25 Toe sê Balak vir B¡leam: Jy moet hulle glad nie vloek nie, en jy moet hulle glad nie seën nie.
26 Maar B¡leam antwoord en sê vir Balak: Het ek nie dit met jou gespreek nie: Alles wat die HERE spreek, dit sal ek doen?
27 Verder sê Balak vir B¡leam: Kom tog, ek sal jou na 'n ander plek saamneem; miskien sal dit reg wees in die oë van God dat jy hulle vir my daarvandaan vervloek.
28 Toe neem Balak B¡leam saam na die top van Peor wat oor die wildernis afkyk.
29 Daarop sê B¡leam vir Balak: Bou vir my hier sewe altare, en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme.
30 En Balak het gedoen soos B¡leam verlang het en 'n bul en 'n ram op elke altaar geoffer.
1 Tada Balaamas kalbėjo Balakui: "Pastatydink man čia septynis aukurus ir paruošk man septynis veršius ir septynis avinus".
2 Balakas padarė, kaip Balaamas sakė. Tada juodu aukojo po veršį ir aviną ant kiekvieno aukuro.
3 Balaamas tarė Balakui: "Pastovėk prie savo deginamosios aukos, o aš pasitrauksiu ir lauksiu Viešpaties žodžio: aš tau pasakysiu, ką Jis lieps". Jis nuėjo į nuošalią aukštumą.
4 Ten jį sutiko Dievas. Balaamas Jam kalbėjo: "Pastatydinau septynis aukurus ir aukojau ant jų po veršį ir aviną".
5 Viešpats įdėjo žodį į Balaamo lūpas ir sakė: "Grįžk pas Balaką ir taip kalbėk".
6 Sugrįžęs rado stovintį Balaką prie savo deginamosios aukos su visais Moabo kunigaikščiais.
7 Jis kalbėjo: "Iš Aramo mane atvedė Balakas, moabitų karalius, iš rytų šalies kalnų pašaukė mane: ‘Ateik ir prakeik Jokūbą, linkėk pikta Izraeliui’.
8 Kaipgi aš keikčiau, ko Dievas nekeikia? Kaipgi aš pasmerkčiau, ko Viešpats nesmerkia?
9 Aš matau juos nuo uolų viršūnių ir į juos žiūriu nuo kalnų. Ta tauta gyvena atskirai ir neprisideda prie kitų tautų.
10 Kas galėtų suskaityti Jokūbo dulkes ir suskaičiuoti ketvirtadalį Izraelio? O, kad galėčiau mirti teisiųjų mirtimi! O, kad mirčiau ramybėje kaip jie!"
11 Balakas sakė Balaamui: "Ką tu man padarei? Aš tave pasišaukiau, kad prakeiktum mano priešus, o tu juos palaiminai".
12 Tas jam atsakė: "Argi aš neturiu kalbėti to, ką Viešpats įdeda į mano lūpas?"
13 Balakas sakė jam: "Eikš su manimi į kitą vietą, kur matysi izraelitų dalį, bet visų negalėsi matyti; iš ten juos prakeiksi".
14 Kai jį nuvedė ant Pisgos kalno viršūnės, jis ten pastatydino septynis aukurus ir ant kiekvieno aukojo po veršį ir aviną.
15 Tada Balaamas tarė Balakui: "Stovėk čia prie deginamosios aukos, o aš eisiu pasitikti Viešpaties".
16 Viešpats sutiko Balaamą ir įdėjo žodį į jo lūpas, sakydamas: "Eik vėl pas Balaką ir pasakyk tai".
17 Sugrįžęs jis rado Balaką stovintį prie savo deginamosios aukos kartu su Moabo kunigaikščiais. Balakas klausė jo: "Ką tau kalbėjo Viešpats?"
18 Balaamas atsakė: "Balakai, klausykis ir išgirsk, Ciporo sūnau!
19 Dievas ne žmogus, kad meluotų, ir ne žmogaus sūnus, kad pakeistų savo nuomonę. Ar Jis pasakė ir nepadarys? Ar Jis kalbėjo ir neįvykdys?
20 Man įsakyta laiminti; Jis palaimino, ir aš negaliu to pakeisti.
21 Jis nerado nedorybės Jokūbe ir neįžiūrėjo neteisybės Izraelyje. Viešpats, jų Dievas, yra su jais, ir karaliaus šauksmas girdimas tarp jų.
22 Dievas juos išvedė iš Egipto, jų galybė kaip stumbro.
23 Nėra užkeikimo prieš Jokūbą nei ištarmės prieš Izraelį; ateis laikas, kai apie Izraelį sakys: ‘Štai ką padarė Dievas’.
24 Tai tauta, kuri pakils kaip liūtė ir atsistos kaip liūtas, neatsiguls, kol nesurys grobio ir neišgers užmuštųjų kraujo".
25 Balakas tarė Balaamui: "Tu jų neprakeik, bet ir nelaimink".
26 Balaamas atsakė Balakui: "Argi aš tau nesakiau, kad ką man Viešpats lieps, tą turėsiu daryti!"
27 Ir Balakas tarė Balaamui: "Eime, nuvesiu tave į kitą vietą, gal patiks Dievui, kad iš ten juos prakeiktum".
28 Balakas užvedė Balaamą į Peoro kalno viršūnę, kuris yra prie dykumos.
29 Čia Balaamas sakė Balakui: "Pastatydink man čia septynis aukurus ir paruošk tiek pat veršių ir avinų aukai".
30 Balakas padarė, kaip Balaamas įsakė. Jie aukojo po veršį ir po aviną ant kiekvieno aukuro.