1 En Hiram, die koning van Tirus, het sy dienaars na Salomo gestuur, omdat hy gehoor het dat hulle hom in sy vader se plek as koning gesalf het, want Hiram was altyd 'n vriend van Dawid.

2 Daarop laat Salomo aan Hiram weet:

3 U weet self dat my vader Dawid geen huis vir die Naam van die HERE sy God kon bou nie vanweë die oorlog waarmee hulle hom omring het, totdat die HERE hulle onder sy voetsole gebring het.

4 Maar nou het die HERE my God my rus gegee rondom; daar is geen teëstander en daar is geen onheil wat dreig nie.

5 En kyk, ek is van plan om vir die Naam van die HERE my God 'n huis te bou soos die HERE met my vader Dawid gespreek en gesê het: Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit, hy sal die huis vir my Naam bou.

6 Gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit die L¡banon kap, en laat my dienaars saam met u dienaars wees, en die loon van u dienaars sal ek u gee net soos u sê; want u weet self dat onder ons niemand is wat verstaan om bome te kap soos die Sidoniërs nie.

7 Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê: Geseënd is die HERE vandag wat vir Dawid 'n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk.

8 Daarop laat Hiram aan Salomo weet: Ek het gehoor wat u my laat weet het; ,k sal doen alles wat u verlang insake die sederhout en die sipreshout.

9 My dienaars sal dit van die L¡banon na die see afbring, en ,k sal daar vlotte van maak op die see, tot by die plek wat u my sal laat weet, en ek sal dit daar uitmekaar laat neem; dan kan u dit laat wegneem; en u moet doen wat ek verlang deur voedsel aan my huis te lewer.

10 So het Hiram dan aan Salomo sederhout en sipreshout gelewer, soveel as hy wou hê,

11 terwyl Salomo aan Hiram gelewer het twintig duisend kor koring as voedsel vir sy huis en twintig kor uitgestampte olie; so het Salomo aan Hiram jaar vir jaar gelewer.

12 En die HERE het aan Salomo wysheid gegee volgens sy belofte, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het 'n verbond gesluit.

13 Verder het koning Salomo uit die hele Israel die dwangarbeiders laat opkom, sodat die dwangarbeiders dertig duisend man was.

14 En hy het hulle gestuur na die L¡banon, tien duisend elke maand by beurte; een maand was hulle op die L¡banon, twee maande tuis; en Adon¡ram was oor die dwangarbeid.

15 Salomo het ook sewentig duisend draers en tagtig duisend klipkappers op die gebergte gehad,

16 behalwe die hoofopsigters van Salomo wat oor die werk was, drie duisend drie honderd wat bevel gevoer het oor die mense wat die werk doen.

17 En die koning het bevel gegee om groot klippe, kosbare klippe uit te breek om die fondament van die huis met gekapte klippe te lê.

18 En die bouers van Salomo en die bouers van Hiram en die Gibliete het dit gekap en die boomstamme en die klippe bewerk om die huis te bou.

1 (H5:15)Kun Tyroksen kuningas Hiram sai kuulla, että Salomo oli voideltu kuninkaaksi isänsä jälkeen, hän lähetti viemään tervehdyksensä Salomolle, sillä hän oli aina ollut Daavidin ystävä.

2 (H5:16)Salomo lähetti Hiramille sanan:

4 (H5:18)Nyt Herra, minun Jumalani, on suonut minulle joka suunnalla rauhan. Vastustajia ei ole, mikään vaara ei uhkaa.

5 (H5:19)Minä aion nyt rakentaa Herralle, Jumalalleni, omistetun temppelin, sen josta Herra puhui isälleni Daavidille sanoen: 'Sinun poikasi, jonka asetan jälkeesi valtaistuimelle, on rakentava minulle temppelin.'

10 (H5:24)Hiram toimitti Salomolle setrejä ja sypressejä niin paljon kuin tämä halusi.

11 (H5:25)Salomo puolestaan antoi Hiramin hoville kaksikymmentätuhatta kor-mittaa ruokavehnää ja kaksikymmentä kor-mittaa puhdasta oliiviöljyä. Tämän määrän Salomo lähetti Hiramille joka vuosi.

12 (H5:26)Herra oli antanut Salomolle viisautta, niin kuin oli hänelle luvannut. Hiramin ja Salomon välillä vallitsi rauha, ja he solmivat keskenään liiton.

13 (H5:27)Kuningas Salomo otti verotöihin miehiä joka puolelta Israelia, yhteensä kolmekymmentätuhatta miestä.

14 (H5:28)Hän lähetti heitä kuukausittain kymmenentuhatta Libanonin vuorille. He olivat aina kuukauden siellä ja kaksi kuukautta kotona. Verotöiden valvojana oli Adoniram.

15 (H5:29)Lisäksi Salomolla oli seitsemänkymmentätuhatta kantajaa ja kahdeksankymmentätuhatta kivenhakkaajaa vuoristossa.

16 (H5:30)Töitä johtamassa oli Salomon maaherrojen asettamia esimiehiä, kaikkiaan kolmetuhattakolmesataa.

17 (H5:31)Kuningas käski louhia suuria, hyvälaatuisia lohkareita, sillä temppelin perustus oli määrä tehdä hakatusta kivestä.

18 (H5:32)Salomon ja Hiramin työläiset veistivät puut ja hakkasivat kivet yhdessä gebalilaisten ammattimiesten kanssa temppelin rakentamiseen sopiviksi.