1 Net toe Salomo gereed was met die bou van die huis van die HERE en die huis van die koning en elke begeerte wat Salomo wou uitvoer,
2 verskyn die HERE vir die tweede maal aan Salomo soos Hy aan hom verskyn het in G¡beon;
3 en die HERE sê vir hom: Ek het jou gebed en jou smeking gehoor wat jy voor my aangesig uitgespreek het; Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheilig deur my Naam daar te vestig tot in ewigheid; en my oë en my hart sal daar altyd wees.
4 En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, met 'n volkome hart en in opregtheid deur te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en verordeninge onderhou,
5 dan sal Ek die troon van jou koningskap oor Israel vir ewig bevestig, soos Ek jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar sal vir jou nooit 'n man ontbreek op die troon van Israel nie.
6 As julle en julle kinders ooit van My afvallig word en my gebooie, my insettinge wat Ek julle voorgehou het, nie onderhou nie, maar ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig,
7 dan sal Ek Israel uit die land uitroei wat Ek hulle gegee het, en die huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp, sodat Israel 'n spreekwoord en 'n spotlied sal word onder al die volke.
8 En hierdie huis wat so hoog is -- elkeen wat daarlangs verbygaan, sal hom verbaas en spot, en hulle sal vra: Waarom het die HERE so gedoen met hierdie land en met hierdie huis?
9 Dan sal hulle sê: Omdat hulle die HERE hul God verlaat het wat hulle vaders uit Egipteland uitgelei het, en ander gode aangehang en daarvoor neergebuig en hulle gedien het -- daarom het die HERE al hierdie onheil oor hulle gebring.
10 En aan die einde van twintig jaar waarin Salomo die twee huise, die huis van die HERE en die huis van die koning, gebou het --
11 Hiram, die koning van Tirus, het Salomo gehelp met sederhout en sipreshout en goud soveel as hy wou hê -- gee koning Salomo aan Hiram twintig stede in die land Galil,a.
12 En Hiram het uit Tirus uitgetrek om die stede te bekyk wat Salomo hom gegee het, maar hulle was nie reg in sy oë nie.
13 Daarop sê hy: Wat vir stede is dit wat jy my gegee het, my broer? En hulle noem dit die land Kabul, tot vandag toe.
14 En Hiram het aan die koning honderd en twintig talente goud gestuur.
15 En dit was die saak van die dwangarbeiders wat koning Salomo laat opkom het om die huis van die HERE en sy huis en Millo en die muur van Jerusalem en Hasor en Meg¡ddo en Geser te bou.
17 So het Salomo dan Geser opgebou en Bet-Horon-Onder
18 en B älat en Tamar in die woestyn, in die land,
19 en al die voorraadstede wat Salomo gehad het, en die stede vir die strydwaens en die stede vir die perderuiters en wat Salomo graag wou gebou het in Jerusalem en in die L¡banon en in die hele land van sy heerskappy.
20 Al die mense wat oorgebly het van die Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, wat nie uit die kinders van Israel was nie --
21 hulle kinders wat n hulle in die land oorgebly het, wat die kinders van Israel nie met die banvloek kon tref nie, die het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe.
22 Maar van die kinders van Israel het Salomo niemand 'n slaaf gemaak nie, maar hulle was krygsmanne en sy dienaars en sy owerstes en sy adjudante en owerstes oor sy strydwaens en sy perderuiters.
23 Dit was die hoofopsigters van Salomo oor die werk: vyf honderd en vyftig wat oor die mense wat die werk verrig, bevel gevoer het.
24 Skaars het die dogter van Farao opgetrek uit die stad van Dawid na haar huis wat hy vir haar gebou het, of hy het Millo gebou.
25 En Salomo het drie maal in die jaar brandoffers en dankoffers gebring op die altaar wat hy vir die HERE gebou het, hy het naamlik rook laat opgaan by die altaar wat daar was voor die aangesig van die HERE, sodat hy die huis voltooi het.
26 Koning Salomo het ook skepe gebou in Âseon-Geber wat by Elot aan die kus van die Skelfsee in die land Edom lê.
27 Toe stuur Hiram sy dienaars op die skepe, seevaarders wat die see ken, saam met die dienaars van Salomo;
28 en hulle het in Ofir aangekom en daarvandaan goud gaan haal, vier honderd en twintig talente, en dit na koning Salomo gebring.
1 Kun Salomo oli saanut valmiiksi Herran temppelin, oman palatsinsa ja kaiken muun, mitä hän oli suunnitellut,
2 Herra ilmestyi hänelle uudelleen, samalla tavoin kuin aikaisemmin Gibeonissa.
4 Jos sinä vaellat minun teitäni yhtä ehjin ja vilpittömin mielin kuin isäsi Daavid, jos teet kaiken käskyjeni mukaan ja noudatat minun säädöksiäni ja lakejani,
5 minä pidän ajasta aikaan pystyssä sinun kuninkaallisen valtaistuimesi. Olenhan sanonut isällesi Daavidille, että Israelin valtaistuimella on aina oleva hänen sukuunsa kuuluva mies.
7 niin minä hävitän Israelin kansan tästä maasta, jonka olen sille antanut. Temppelin, jonka olen nimelleni pyhittänyt, minä hylkään ja hävitän, ja kaikkien kansojen parissa Israelista tulee pilkan kohde ja varoittava esimerkki.
8 Tästä temppelistä tulee sellainen rauniokasa, että jokainen ohikulkija tyrmistyy ja kysyy: 'Miksi Herra on tehnyt näin tälle maalle ja tälle temppelille?'
10 Salomolta meni kaksikymmentä vuotta kahteen suureen rakennustyöhön, Herran temppelin ja oman palatsinsa rakentamiseen.
11 Tyroksen kuningas Hiram avusti Salomoa toimittamalla hänelle setriä, sypressipuuta ja kultaa niin paljon kuin Salomo halusi. Niinpä kuningas Salomo työn päätyttyä antoi Hiramille Galileasta kaksikymmentä kaupunkia.
12 Hiram lähti Tyroksesta katsomaan näitä kaupunkeja, jotka Salomo oli hänelle antanut, mutta ne eivät olleet hänelle mieleen.
14 Hiram oli lähettänyt kuninkaalle satakaksikymmentä talenttia kultaa.
15 Kun kuningas Salomo rakensi Herran temppeliä ja omaa palatsiaan, Milloa ja Jerusalemin muureja ja Hasoria, Megiddoa ja Geseriä, hän määräsi työvelvollisuuden.
16 Farao, Egyptin kuningas, oli valloittanut Geserin. Hän oli polttanut sen, surmannut siellä asuvat kanaanilaiset ja antanut sitten kaupungin myötäjäisiksi tyttärelleen, Salomon vaimolle.
17 Salomo rakensi Geserin uudelleen. Samoin hän rakensi alemman Bet-Horonin,
18 Negevissä sijaitsevat Baalatin ja Tamarin kaupungit
19 sekä ne kaupungit, joissa hän piti varastojaan, vaunujaan ja hevosiaan. Hän rakensi myös kaikkea muuta, mitä näki hyväksi, Jerusalemiin, Libanoniin ja koko sille alueelle, jota hän hallitsi.
20 Salomo määräsi, että kaikkien jäljellä olevien amorilaisten, heettiläisten, perissiläisten, hivviläisten ja jebusilaisten, kaikkien, jotka eivät olleet israelilaisia, oli tehtävä verotyötä.
21 Israelilaiset eivät olleet pystyneet tuhoamaan heitä kaikkia, ja niin heidän jälkeläisiään oli yhä maassa. Heidän on tehtävä verotyötä vielä tänäkin päivänä.
22 Israelilaisista Salomo ei pannut ketään orjan asemaan. He palvelivat sotilaina, kuninkaan virkamiehinä ja päällikköinä sekä hänen sotavaunujensa päällikköinä, taistelijoina ja ajajina.
23 Töiden valvojina Salomolla oli viisisataaviisikymmentä virkamiestä. Työvelvolliset olivat heidän alaisiaan.
24 Kun faraon tytär oli muuttanut Daavidin kaupungista omaan palatsiinsa, jonka Salomo oli hänelle rakentanut, kuningas ryhtyi heti rakentamaan Milloa.
25 Kolmesti vuodessa Salomo uhrasi polttouhreja ja yhteysuhreja alttarilla, jonka hän oli Herralle rakentanut, ja suitsutti Herran edessä. Temppeli oli silloin jo valmis.
26 Kuningas Salomo rakensi myös laivaston Esjon- Geberissä, joka on Edomin maassa Kaislameren rannalla lähellä Eilatia.
27 Hiram lähetti laivastoon Salomon väen avuksi omia miehiään, jotka olivat kokeneita merenkulkijoita.
28 He purjehtivat Ofiriin ja toivat sieltä kuningas Salomolle neljäsataakaksikymmentä talenttia kultaa.