14 Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.
15 Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre .
16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:
17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
18 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in die dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
19 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
20 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
21 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
22 Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasar,ner, 'n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet --
23 Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring;
24 Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.
25 Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie.
26 Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.
27 Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.
28 U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.
29 Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe.
30 Omdat hy dan 'n profeet was en geweet het dat God vir hom met 'n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit,
31 het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.
32 Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.
33 Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy d¡t uitgestort, wat julle nou sien en hoor.
34 Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand
35 totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.
36 Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.
37 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?
38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
39 Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
40 En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.
41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op die dag omtrent drie duisend siele toegebring.
15 Eivät nämä miehet ole juovuksissa, niin kuin te luulette -- nythän on vasta aamu, päivän kolmas tunti.
16 Tämä on sitä, mikä profeetta Joelin suulla on ilmoitettu:
17 -- Viimeisinä päivinä, sanoo Jumala, minä vuodatan Henkeni kaikkiin ihmisiin. Teidän poikanne ja tyttärenne profetoivat, nuorukaiset näkevät näkyjä ja vanhukset ennusunia.
18 Näin teen: palvelijoihini ja palvelijattariini minä vuodatan Henkeni niinä päivinä, ja he profetoivat.
19 Minä näytän ihmeitä ylhäällä taivaalla, merkkejä alhaalla maan päällä: verta, tulta ja suitsevaa savua.
20 Aurinko pimenee, kuu värjäytyy vereen, ennen kuin koittaa Herran päivä, suuri ja häikäisevä.
21 Mutta joka huutaa avuksi Herran nimeä, se pelastuu.
23 Tämän Jeesuksen te surmasitte. Te panitte lakia tuntemattomat pakanat naulitsemaan hänet ristiin, kun hänet oli annettu teidän käsiinne niin kuin Jumala oli suunnitellut ja ennalta nähnyt.
24 Mutta Jumala herätti hänet, päästi hänet kuoleman kidasta. Eihän edes ollut mahdollista, että kuolema olisi voinut pitää häntä vallassaan,
25 sillä Daavid sanoo hänestä: -- Minä näen alati edessäni Herran, hän pysyy oikealla puolellani, etten horjahtaisi.
26 Siksi minun sydämeni iloitsee ja kieleni riemuitsee, vieläpä ruumiini on lepäävä toivossa,
27 sillä sinä et hylkää sieluani tuonelaan etkä salli pyhän palvelijasi ruumiin maatua.
28 Sinä osoitat minulle elämän tien. Minä saan nähdä sinun kasvosi, sinä täytät minut ilolla.
30 Mutta Daavid oli profeetta, ja Jumala oli valalla vannoen luvannut asettaa Daavidin valtaistuimelle hänen oman jälkeläisensä. Daavid tiesi tämän
31 ja näki ennalta Kristuksen ylösnousemuksen. Sitä hän tarkoitti sanoessaan, ettei Herra hylkää häntä tuonelaan eikä hänen ruumiinsa maadu.
32 Tämän Jeesuksen on Jumala herättänyt kuolleista; me kaikki olemme sen todistajia.
33 Jumala on korottanut hänet oikealle puolelleen, ja hän on ottanut vastaan Isän lupaaman Pyhän Hengen lahjan ja vuodattanut sen, niin kuin te voitte nähdä ja kuulla.
34 Ei Daavid itse noussut taivaisiin. Hänhän sanoo: -- Herra sanoi minun herralleni: Istu oikealle puolelleni.
35 Minä kukistan vihollisesi, panen heidät korokkeeksi jalkojesi alle.
41 Ne, jotka ottivat hänen sanomansa vastaan, kastettiin, ja uskovien joukkoon tuli sinä päivänä lisää noin kolmetuhatta henkeä.