1 Toe begin Hy deur gelykenisse vir hulle te sê: 'n Man het 'n wingerd geplant en 'n heining daarom gesit en 'n parskuip gegrawe en 'n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.
2 En op die regte tyd het hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur om van die landbouers uit die vrug van die wingerd te ontvang;
3 maar hulle het hom geneem en geslaan en hom met leë hande weggestuur.
4 En weer het hy 'n ander dienskneg na hulle gestuur; en hom het hulle gestenig en aan die hoof gewond, hom skandelik behandel en teruggestuur.
5 En weer het hy 'n ander een gestuur, en hom het hulle doodgemaak; ook baie ander -- sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.
6 Hy het toe nog een seun gehad, sy geliefde, en hom die laaste na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.
7 Maar daardie landbouers het by hulleself gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, en die erfdeel sal ons s'n wees.
8 En hulle het hom geneem en doodgemaak en buitekant die wingerd uitgewerp.
9 Wat sal die eienaar van die wingerd dan doen? Hy sal kom en die landbouers ombring en die wingerd aan ander gee.
10 Het julle nie ook hierdie Skrifwoord gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?
11 Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë.
12 En hulle het probeer om Hom in die hande te kry, maar was bang vir die skare, want hulle het begryp dat Hy die gelykenis met die oog op hulle uitgespreek het. Daarop het hulle Hom verlaat en weggegaan.
13 Toe stuur hulle na Hom sommige van die Fariseërs en van die Herodiane om Hom op 'n woord te betrap.
14 En hulle kom en sê vir Hom: Meester, ons weet dat U waaragtig is en U aan niemand steur nie; want U sien nie die persoon van mense aan nie, maar U leer die weg van God in waarheid. Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of moet ons nie betaal nie?
15 Maar Hy het hulle geveinsdheid geken en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My? Bring vir My 'n penning, dat Ek dit kan sien.
16 En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s'n.
17 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor Hom.
18 Toe kom daar Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en sê:
19 Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se broer sterwe en 'n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek.
20 Nou was daar sewe broers, en die eerste het 'n vrou geneem en gesterwe sonder om kinders na te laat.
21 En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so.
22 En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe.
23 In die opstanding dan, wanneer hulle opstaan, wie van hulle se vrou sal sy wees? -- want al sewe het haar as vrou gehad.
24 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?
25 Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is.
26 En wat die dode betref, dat hulle opstaan -- het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie?
27 God is nie 'n God van dooies nie, maar 'n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks.
28 En toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal?
29 En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here;
30 en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
31 En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as die nie.
32 En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie;
33 en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.
34 Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.
35 En terwyl Jesus in die tempel leer, antwoord Hy en sê: Hoe sê die skrifgeleerdes dat die Christus die seun van Dawid is?
36 Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.
37 Dawid self noem Hom dus Here; waarvandaan is Hy dan sy seun? En die groot menigte het graag na Hom geluister.
38 En Hy het aan hulle in sy onderrig gesê: Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van begroetinge op die markte hou
39 en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye --
40 hulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.
41 En Jesus het reg voor die skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi.
42 En daar kom een arm weduwee en gooi twee geldstukkies in, dit is 'n oortjie.
43 Toe roep Hy sy dissipels na Hom en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het.
44 Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het, haar hele lewensonderhoud.
3 Mutta nämä ottivat miehen kiinni, pieksivät hänet ja lähettivät takaisin tyhjin käsin.
4 Omistaja lähetti heidän luokseen toisen palvelijan, mutta tätäkin he pahoinpitelivät ja häpäisivät.
5 Hän lähetti taas uuden palvelijan, ja tämän he tappoivat. Samoin kävi seuraavienkin: toiset he pieksivät, toiset tappoivat.
6 Nyt oli jäljellä enää yksi, hänen rakas poikansa. Tämän hän lähetti vuokraajien luo viimeiseksi ajatellen: 'Minun omaan poikaani he eivät sentään uskalla koskea.'
7 Mutta nämä sanoivat toisilleen: 'Hän on perillinen. Tapetaan hänet, niin perintö on meidän.'
8 He ottivat hänet kiinni, tappoivat hänet ja heittivät ulos viinitarhasta.
10 Olette kai lukeneet kirjoituksista tämän kohdan: -- Kivi, jonka rakentajat hylkäsivät, on nyt kulmakivi.
12 Neuvoston jäsenet olisivat halunneet ottaa Jeesuksen kiinni, sillä he ymmärsivät, että Jeesus oli vertauksessaan puhunut heistä. Mutta koska he pelkäsivät kansaa, he antoivat hänen olla ja lähtivät pois.
13 Sitten he lähettivät muutamia fariseuksia ja Herodeksen kannattajia Jeesuksen luo saadakseen hänet puheistaan kiinni.
18 Sitten Jeesuksen luo tuli saddukeuksia, jotka kieltävät ylösnousemuksen. He esittivät hänelle kysymyksen:
20 Oli seitsemän veljestä. Vanhin heistä otti vaimon ja kuoli jättämättä jälkeläisiä.
21 Silloin toinen otti lesken, mutta hänkin kuoli jälkeläisiä jättämättä. Samoin kävi kolmannen
22 ja kaikkien seitsemän: heiltä ei jäänyt jälkeläisiä. Viimeisenä kaikista kuoli nainen.
25 Kun noustaan kuolleista, ei oteta vaimoa eikä mennä vaimoksi. Ylösnousseet ovat kuin enkelit taivaassa.
26 Ja kun nyt puhumme kuolleiden herättämisestä -- ettekö ole Mooseksen kirjasta lukeneet kertomusta palavasta pensaasta? Siinä Jumala puhuu Moosekselle ja sanoo: 'Minä olen Abrahamin Jumala, Iisakin Jumala ja Jaakobin Jumala.'
30 Rakasta Herraa, Jumalaasi, koko sydämestäsi, koko sielustasi ja mielestäsi ja koko voimallasi.'
36 Daavid itse on Pyhän Hengen innoittamana sanonut: -- Herra sanoi minun herralleni: Istu oikealle puolelleni. Minä kukistan vihollisesi, panen heidät jalkojesi alle.
39 he ottavat synagogassa etumaiset istuimet ja pidoissa kunniapaikat,
41 Jeesus istuutui vastapäätä uhriarkkua ja katseli, kuinka ihmiset panivat siihen rahaa. Monet rikkaat antoivat paljon.
42 Sitten tuli köyhä leskivaimo ja pani arkkuun kaksi pientä lanttia, yhteensä kuparikolikon verran.