1 En dadelik, vroeg in die môre , het die owerpriesters saam met die ouderlinge en skrifgeleerdes en die hele Raad 'n besluit geneem; en nadat hulle Jesus geboei het, het hulle Hom weggelei en aan Pilatus oorgelewer.
2 En Pilatus het Hom gevra: Is U die Koning van die Jode? En Hy het geantwoord en vir hom gesê: U sê dit.
3 En die owerpriesters het baie beskuldiginge teen Hom ingebring.
4 En Pilatus het Hom weer gevra en gesê: Antwoord U niks nie? Kyk hoe baie getuienisse hulle teen U inbring.
5 Maar Jesus het niks meer geantwoord nie, sodat Pilatus hom verwonder het.
6 En op die fees was hy gewoond om een gevangene, die een wat hulle gevra het, vir hulle los te laat.
7 En daar was 'n sekere Bar bbas wat met mede-oproermakers in die gevangenis was; en hulle het in die opstand 'n moord begaan.
8 En die skare het geskreeu en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.
9 Toe antwoord Pilatus en sê vir hulle: Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?
10 Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het.
11 Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Bar bbas vir hulle moes loslaat.
12 Toe antwoord Pilatus weer en sê vir hulle: Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle Koning van die Jode noem?
13 En hulle skreeu weer: Kruisig Hom!
14 Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom!
15 En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Bar bbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat g,sel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.
16 Toe lei die soldate Hom weg in die binneplaas, dit is die goewerneur se paleis, en hulle roep die hele leërafdeling bymekaar
17 en trek Hom 'n purperkleed aan en vleg 'n kroon van dorings en sit dit vir Hom op;
18 en hulle begin Hom begroet: Wees gegroet, Koning van die Jode!
19 En hulle slaan Hom met 'n riet op die hoof en spuug op Hom en val op die knieë en bring Hom hulde.
20 En toe hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die purperkleed uit en trek Hom sy eie klere aan; en hulle lei Hom weg om Hom te kruisig.
21 En hulle het 'n sekere Simon van Cir,ne wat van die veld af gekom het, die vader van Alexander en Rufus, gedwing om sy kruis te dra.
22 En hulle het Hom gebring op die plek Golgota, dit is, as dit vertaal word: Plek van die Hoofskedel.
23 Toe gee hulle Hom wyn met mirre gemeng om te drink, maar Hy het dit nie geneem nie.
24 En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp oor wat elkeen moes kry.
25 En dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het.
26 En die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe: DIE KONING VAN DIE JODE.
27 Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter-- en een aan sy linkerkant.
28 En die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken.
29 En die verbygangers het Hom gesmaad, terwyl hulle hul hoof skud en sê: Ha, U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou,
30 verlos Uself en kom af van die kruis!
31 En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes gespot en vir mekaar gesê: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie.
32 Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.
33 En toe dit die sesde uur was, kom daar duisternis oor die hele aarde tot die negende uur toe.
34 En die negende uur het Jesus met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Elo‹, Elo‹, lamma sabagt ni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?
35 En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Kyk, Hy roep na El¡a.
36 Toe hardloop een en maak 'n spons vol asyn en sit dit op 'n riet en laat Hom drink; en hy sê: Wag, laat ons sien of El¡a kom om Hom af te haal.
37 Maar Jesus het met 'n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas.
38 En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.
39 En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.
40 En daar was ook vroue wat van ver af dit aanskou het. Onder hulle was Maria Magdal,na ook, en Maria, die moeder van Jakobus, die kleine, en van Joses, en Salome --
41 hulle wat Hom gevolg en Hom gedien het toe Hy in Galil,a was -- en baie ander vroue wat saam met Hom opgegaan het na Jerusalem.
42 En toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat,
43 kom daar 'n vername raadslid, Josef van Arimath,a, wat self ook die koninkryk van God verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra.
44 En Pilatus was verwonderd dat Hy al dood was, en hy het die hoofman oor honderd geroep en hom gevra of Hy al lank dood was.
45 En toe hy dit van die hoofman oor honderd verneem het, het hy die liggaam aan Josef geskenk.
46 En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom neergelê in 'n graf wat in 'n rots uitgekap was. En hy het 'n steen teen die opening van die graf gerol.
47 En Maria Magdal,na en Maria, die moeder van Joses, het gesien waar Hy neergelê word.
1 Heti aamulla ylipapit pitivät neuvottelun vanhimpien ja lainopettajien kanssa, ja sitten neuvosto teki päätöksen: Jeesus pantiin köysiin, vietiin pois ja luovutettiin Pilatukselle.
3 Ylipapit esittivät nyt useita syytöksiä häntä vastaan,
5 Mutta Jeesus ei enää vastannut mitään. Tämä ihmetytti Pilatusta.
6 Juhlan aikana maaherra aina päästi vapaaksi yhden vangin, sen jota kansa pyysi.
7 Sillä kertaa oli vangittuna kapinoitsijoita, jotka kapinan aikana olivat tehneet murhan. Heidän joukossaan oli Barabbas- niminen mies.
8 Pilatuksen luo kerääntyi nyt väkijoukko, joka pyysi häntä tekemään niin kuin hänen tapansa oli.
10 Hän näet ymmärsi, että ylipapit olivat pelkästä kateudesta jättäneet Jeesuksen hänen käsiinsä.
11 Ylipapit kuitenkin kiihottivat väkijoukkoa pyytämään, että hän pikemminkin vapauttaisi Barabbaksen.
15 Tehdäkseen kansalle mieliksi Pilatus päästi Barabbaksen vapaaksi, mutta Jeesuksen hän ruoskitti ja luovutti ristiinnaulittavaksi.
16 Sotilaat veivät Jeesuksen maaherran hallintopalatsin sisäpihalle ja kutsuivat koolle koko sotaväenosaston.
17 He panivat hänen harteilleen purppuranpunaisen viitan ja väänsivät orjantappuroista kruunun ja asettivat sen hänen päähänsä.
19 He löivät häntä ruokokepillä päähän, sylkivät hänen päälleen ja polvistuivat ja kumarsivat häntä.
20 Aikansa pilkattuaan he riisuivat häneltä purppuraviitan, pukivat hänet hänen omiin vaatteisiinsa ja lähtivät kuljettamaan häntä pois ristiinnaulitakseen hänet.
21 Jeesuksen ristiä kantamaan he pakottivat erään ohikulkijan, kyreneläisen Simonin, Aleksandroksen ja Rufuksen isän, joka oli tulossa kaupunkiin.
22 He veivät Jeesuksen paikkaan, jonka nimi on Golgata, käännettynä Pääkallonpaikka.
23 He tarjosivat hänelle viiniä, johon oli sekoitettu mirhaa, mutta hän ei ottanut sitä vastaan.
24 Sitten he ristiinnaulitsivat hänet ja jakoivat keskenään hänen vaatteensa, ratkaisten arpaa heittämällä, kuka mitäkin sai.
25 Oli kolmas tunti, kun he ristiinnaulitsivat hänet.
27 Samalla kertaa he ristiinnaulitsivat kaksi rosvoa, toisen hänen oikealle, toisen hänen vasemmalle puolelleen. [
33 Keskipäivällä, kuudennen tunnin aikaan, tuli pimeys koko maan ylle, ja sitä kesti yhdeksänteen tuntiin saakka.
37 Mutta Jeesus huusi kovalla äänellä ja antoi henkensä.
38 Silloin temppelin väliverho repesi kahtia, ylhäältä alas asti.
40 Paikalla oli myös naisia jonkin matkan päässä tätä katselemassa. Heidän joukossaan olivat Magdalan Maria, toinen Maria, joka oli nuoremman Jaakobin ja Joosefin äiti, sekä Salome.
41 Jo Galileassa he olivat kulkeneet Jeesuksen mukana ja palvelleet häntä. Siellä oli monia muitakin naisia, jotka olivat tulleet Jerusalemiin Jeesuksen mukana.
42 Päivä alkoi olla illassa; oli sapatin aatto, valmistuspäivä.
43 Silloin saapui paikalle arimatialainen Joosef, arvossa pidetty neuvoston jäsen, joka hänkin odotti Jumalan valtakuntaa. Hän rohkaisi mielensä, meni Pilatuksen puheille ja pyysi Jeesuksen ruumista.
44 Pilatus hämmästyi kuullessaan Jeesuksen jo kuolleen. Hän kutsutti sadanpäällikön luokseen ja kysyi, oliko Jeesus todella jo kuollut.
45 Sadanpäällikön vahvistettua asian hän suostui luovuttamaan ruumiin Joosefille.
46 Joosef osti pellavavaatteen, otti Jeesuksen ristiltä, kääri hänet vaatteeseen ja pani hänet valmiiseen kalliohautaan. Hautakammion ovelle hän vieritti kiven.
47 Magdalan Maria ja Joosefin äiti Maria katsoivat, mihin Jeesus haudattiin.