1 En toe die teëstanders van Juda en Benjamin hoor dat die ballinge 'n tempel bou vir die HERE, die God van Israel,

2 het hulle aangekom na Serubb bel en na die familiehoofde en aan hulle gesê: Laat ons saam met julle bou, want net soos julle soek ons julle God, en aan Hom offer ons van die dae van Esar-Haddon af, die koning van Assirië, wat ons hierheen laat optrek het.

3 Maar Serubb bel en J,sua en die ander familiehoofde van Israel het aan hulle gesê: Dit sal nie gaan dat julle saam met ons 'n huis vir onse God bou nie, maar ons alleen sal vir die HERE, die God van Israel, dit bou soos koning Kores, die koning van Persië, ons beveel het.

4 Toe het die volk van die land die hande van die volk van Juda laat verslap en hulle afgeskrik om nie te bou nie.

5 En hulle het raadgewers teen hulle gehuur om hulle plan te verydel al die dae van Kores, die koning van Persië, tot op die regering van Dar¡us, die koning van Persië.

6 En onder die regering van Ahasv,ros, in die begin van sy regering, het hulle 'n aanklag geskrywe teen die inwoners van Juda en Jerusalem.

7 En in die dae van Artas sta het Bislam, M¡tredat, T beël en sy ander partygenote aan Artas sta, die koning van Persië, geskrywe; en die skrif van die brief was Aramees geskrywe en in Aramees vertaal.

8 Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, het 'n brief geskrywe teen Jerusalem aan Artas sta, die koning, van die volgende inhoud:

9 Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote, die Dina‹ete, die Afarsatgiete, die Tarpeliete, die Afarsiete, die Arkewiete, die Babiloniërs, die Susangiete, naamlik die Elamiete,

10 en die ander volke wat die groot en beroemde Asnappar weggevoer en in die stad Samar¡a en die orige gebied wes van die Eufraat laat woon het. En nou --

11 dit is 'n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het: Aan koning Artas sta, u dienaars, die manne wes van die Eufraat. En nou --

12 aan die koning word bekend gemaak dat die Jode wat van u af na ons opgetrek het, in Jerusalem aangekom het. Hulle is besig om die rebelse en slegte stad op te bou: die mure voltooi hulle en die fondamente herstel hulle.

13 Laat dit nou aan die koning bekend wees dat hulle, as die stad opgebou en die mure voltooi is, geen belasting, opbrings of tol sal gee nie -- wat aan die inkomste van die konings skade sal doen.

14 Aangesien ons nou die sout van die paleis geëet het en dit ons nie pas om die smaad van die koning aan te sien nie, daarom stuur ons en laat die koning weet,

15 dat hulle kan nasoek in die kroniekboek van u vaders; dan sal u in die kroniekboek vind en daaruit verneem dat die stad 'n rebelse stad was wat aan konings en provinsies skade gedoen het, en dat hulle van ouds af daarin oproer verwek het; daarom is die stad verwoes.

16 Ons maak die koning bekend dat, as die stad opgebou en die mure voltooi word, u daardeur geen deel sal hê wes van die Eufraat nie.

17 Die koning het as antwoord gestuur: Aan Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote wat in Samar¡a en in die orige gebied wes van die Eufraat woon: Heil! En nou --

18 die brief wat julle aan ons gestuur het, is aan my in vertaling voorgelees.

19 En deur my is bevel gegee, en hulle het gesoek en gevind dat die stad van ouds af hom teen konings versit, en dat rebellie en oproer daarin verwek is.

20 En magtige konings was daar oor Jerusalem wat geheers het oor die hele gebied wes van die Eufraat, en belasting, opbrings en tol is aan hulle gegee.

21 Gee nou bevel dat die manne moet ophou en hierdie stad nie opgebou mag word totdat deur my bevel gegee sal word nie.

22 En wees gewaarsku om hierin geen nalatigheid te begaan nie, dat daar nie groter skade tot nadeel van die konings ontstaan nie.

23 Net toe die afskrif van die brief van Artas sta, die koning, aan Rehum en Simsai, die skrywer, en hulle partygenote voorgelees is, het hulle haastig na Jerusalem, na die Jode gegaan en hulle met geweld en mag laat ophou.

24 Toe het die werk aan die huis van God wat in Jerusalem is, opgehou; en dit is gestaak tot op die tweede jaar van die regering van Dar¡us, die koning van Persië.

1 Kun Juudan ja Benjaminin viholliset saivat tietää, että pakkosiirtolaisuudesta palanneet olivat alkaneet rakentaa temppeliä Herralle, Israelin Jumalalle,

4 Tämän jälkeen maan asukkaat alkoivat pelotella Juudan kansaa saadakseen sen luopumaan rakennustöistä.

5 He lahjoivat virkamiehiä tehdäkseen tyhjäksi Juudan kansan hankkeen. Tätä jatkui niin kauan kuin Persian kuningas Kyyros eli, aina kuningas Dareioksen hallituskauteen asti.

6 Kserkseen ollessa Persian kuninkaana, hänen hallituskautensa alussa, maan asukkaat kirjoittivat syytöskirjeen Juudan ja Jerusalemin asukkaita vastaan.

7 Kuningas Artakserkseen aikana Bislam, Mitredat ja Tabel kirjoittivat virkatovereidensa kanssa kirjeen kuninkaalle. Se oli kirjoitettu aramealaisin kirjaimin ja aramean kielellä.

8 Myös käskynhaltija Rehum ja kirjuri Simsai kirjoittivat kuningas Artakserkseelle Jerusalemia koskevan valituskirjeen. Siinä mainittiin ensin kirjeen lähettäjät:

13 Siksi ilmoitamme kuninkaalle, että jos tuo kaupunki rakennetaan ja sen muurit saatetaan kuntoon, he eivät sen jälkeen enää maksa verojaan ja muita maksujaan eivätkä tulleja, ja näin kuninkaan tulot vähenevät.

14 Koska me olemme kuninkaan uskollisia palvelijoita, emme voi tyynesti katsella tällaista kuninkaan halventamista. Lähetämme siis sinulle, kuningas, asiasta ilmoituksen,

15 jotta antaisit tutkia isiesi asiakirjat. Niistä käy ilmi, että tämä on kapinallinen kaupunki, joka on aiheuttanut vahinkoa kuninkaille ja maakunnille ja jossa on kapinoitu jo muinaisina aikoina. Sen vuoksi kaupunki onkin hävitetty.

19 Minä käskin tutkia asiaa, ja silloin todettiin, että tuo kaupunki on jo muinaisina aikoina noussut kuninkaita vastaan ja että siellä on pantu toimeen kapinoita ja levottomuuksia.

20 Jerusalemissa on ollut mahtavia kuninkaita, jotka ovat hallinneet koko Eufratin länsipuolista aluetta ja joille on maksettu veroa, muita maksuja ja tulleja.

21 Antakaa siis määräys, että noiden miesten on keskeytettävä työnsä. Kaupunkia ei saa rakentaa, ennen kuin minä annan luvan.

23 Kun kuningas Artakserkseen kirjeen jäljennös oli luettu käskynhaltija Rehumille, kirjuri Simsaille ja heidän virkatovereilleen, he lähtivät kiireesti Jerusalemiin juutalaisten luo ja pakottivat väkivalloin heidät lopettamaan työnsä.

24 Silloin keskeytyi Jumalan temppelin rakennustyö Jerusalemissa, ja se oli pysähdyksissä Persian kuninkaan Dareioksen hallituskauden toiseen vuoteen asti.