1 Toe neem Pilatus dan vir Jesus en laat Hom g,sel.
2 En die soldate het 'n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en 'n purper kleed om Hom gewerp
3 en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle het Hom in die aangesig geslaan.
4 Pilatus gaan toe weer buitentoe en sê vir hulle: Kyk, ek bring Hom vir julle uit buitentoe, sodat julle kan weet dat ek in Hom geen skuld vind nie.
5 En Jesus het uitgekom buitentoe en die doringkroon en die purperkleed gedra. En Pilatus sê vir hulle: D r is die mens!
6 En toe die owerpriesters en die dienaars Hom sien, skreeu hulle en sê: Kruisig, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie.
7 Die Jode antwoord hom: Ons het 'n wet en volgens ons wet moet Hy sterf, omdat Hy Homself die Seun van God gemaak het.
8 En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy nog meer bevrees geword
9 en weer in die paleis ingegaan en vir Jesus gesê: Van waar is U? Maar Jesus het hom geen antwoord gegee nie.
10 En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?
11 Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.
12 Hierop het Pilatus probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskreeu en gesê: As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie. Elkeen wat homself koning maak, kom in verset teen die keiser.
13 En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy Jesus buitentoe gebring en op die regterstoel gaan sit in die plek wat Plaveisel genoem word, en in Hebreeus G bbata.
14 En dit was die voorbereiding vir die pasga en omtrent die sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: D r is julle Koning!
15 Maar hulle skreeu: Neem weg, neem weg, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: Ons het geen koning behalwe die keiser nie.
16 Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jesus geneem en Hom weggelei.
17 En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Golgota,
18 waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, en Jesus in die middel.
19 En Pilatus het ook 'n opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe: JESUS, DIE NASARÂNER, DIE KONING VAN DIE JODE.
20 Hierdie opskrif dan het baie van die Jode gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was; en dit was geskrywe in Hebreeus en Grieks en Latyn.
21 En die owerpriesters van die Jode het vir Pilatus gesê: Moenie skrywe: Die Koning van die Jode nie; maar dat Hy gesê het: Ek is die Koning van die Jode.
22 Pilatus het geantwoord: Wat ek geskryf het, het ek geskrywe.
23 En toe die soldate Jesus gekruisig het, neem hulle sy klere en maak vier dele, vir elke soldaat 'n deel, en die onderkleed; maar die onderkleed was sonder naat, van bo af in een stuk gewewe.
24 En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s'n dit sal wees -- sodat die Skrif vervul sou word wat sê: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp. Dit het die soldate dan gedoen.
25 En by die kruis van Jesus het gestaan sy moeder en sy moeder se suster, Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdal,na.
26 En toe Jesus sy moeder sien en die dissipel wat Hy liefgehad het, by haar staan, sê Hy vir sy moeder: Vrou, d r is u seun!
27 Daarop sê Hy vir die dissipel: D r is jou moeder! En van daardie uur af het die dissipel haar in sy huis geneem.
28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was -- sodat die Skrif vervul sou word -- het Jesus gesê: Ek het dors!
29 En daar het 'n kan vol asyn gestaan; en hulle het 'n spons met asyn gevul en op 'n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring.
30 En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.
31 En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was -- want die dag van daardie sabbat was groot -- het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word.
32 Die soldate het toe gekom en die bene van die eerste een gebreek en van die ander een wat saam met Hom gekruisig was;
33 maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy al dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie.
34 Maar een van die soldate het met 'n spies in sy sy gesteek, en dadelik het daar bloed en water uitgekom.
35 En hy wat dit gesien het, het dit getuig, en sy getuienis is waaragtig; en hy weet dat hy die waarheid spreek, sodat julle kan glo.
36 Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word nie.
37 En weer sê 'n ander Skrif: Hulle sal sien in wie hulle gesteek het.
38 En n hierdie dinge het Josef van Arimath,a, wat 'n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem.
39 En Nikod,mus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met 'n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig.
40 En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.
41 En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, 'n tuin, en in die tuin 'n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie.
42 Daar het hulle Jesus toe neergelê weens die voorbereiding van die Jode, omdat die graf naby was.
1 Nyt Pilatus käski ruoskia Jeesuksen.
2 Sotilaat väänsivät orjantappuroista kruunun hänen päähänsä ja pukivat hänet purppuranpunaiseen viittaan.
8 Tämän kuullessaan Pilatus kävi yhä levottomammaksi.
13 Nämä sanat kuultuaan Pilatus toi Jeesuksen ulos ja asettui tuomarinistuimelleen niin sanotulle Kivipihalle, jonka hepreankielinen nimi on Gabbata.
16 Silloin Pilatus heidän vaatimuksestaan luovutti Jeesuksen ristiinnaulittavaksi. Jeesusta lähdettiin viemään.
17 Kantaen itse ristiään hän kulki kaupungin ulkopuolelle paikkaan, jota kutsutaan Pääkallonpaikaksi, heprean kielellä Golgata.
18 Siellä sotilaat ristiinnaulitsivat Jeesuksen ja kaksi muuta hänen kanssaan, yhden kummallekin puolelle ja Jeesuksen heidän keskelleen.
20 Monet juutalaiset lukivat kirjoituksen, sillä paikka, missä Jeesus ristiinnaulittiin, oli lähellä kaupunkia. Teksti oli kirjoitettu hepreaksi, latinaksi ja kreikaksi.
23 Ristiinnaulittuaan Jeesuksen sotilaat ottivat hänen vaatteensa ja jakoivat ne neljään osaan, kullekin sotilaalle osansa. He ottivat myös paidan, mutta kun se oli saumaton, ylhäältä alas samaa kudosta,
25 Jeesuksen ristin luona seisoivat hänen äitinsä ja tämän sisar sekä Maria, Klopaksen vaimo, ja Magdalan Maria.
29 Siellä oli astia täynnä hapanviiniä. Sotilaat kastoivat siihen sienen ja nostivat sen iisoppiruo'on päässä Jeesuksen huulille.
31 Silloin oli valmistuspäivä, ja alkava sapatti oli erityisen suuri juhla. Jotta ruumiit eivät jäisi sapatiksi ristille, juutalaiset pyysivät Pilatukselta, että ristiinnaulituilta lyötäisiin sääriluut poikki ja heidät otettaisiin alas.
32 Niinpä sotilaat katkaisivat sääriluut niiltä miehiltä, jotka oli ristiinnaulittu Jeesuksen kanssa, ensin toiselta ja sitten toiselta.
33 Jeesuksen luo tultuaan he huomasivat hänen jo kuolleen eivätkä siksi katkaisseet hänen sääriluitaan.
34 Yksi sotilaista kuitenkin työnsi keihään hänen kylkeensä, ja haavasta vuoti heti verta ja vettä.
35 Se, joka tämän näki, on todistanut siitä, jotta tekin uskoisitte. Hänen todistuksensa on luotettava, ja hän tietää puhuvansa totta.
38 Tämän jälkeen muuan Joosef, joka oli kotoisin Arimatiasta, pyysi Pilatukselta, että saisi ottaa Jeesuksen ruumiin ristiltä. Hän oli Jeesuksen opetuslapsi, joskin salaa, sillä hän pelkäsi juutalaisia. Pilatus suostui pyyntöön, ja Joosef tuli ja otti ruumiin alas.
39 Paikalle tuli myös Nikodemos, se mies, joka ensi kerran oli käynyt Jeesuksen luona yöllä, ja hänellä oli mukanaan sata mittaa mirhan ja aaloen seosta.
40 Miehet ottivat Jeesuksen ruumiin ja kietoivat sen käärinliinoihin pannen mukaan tuoksuaineita, niin kuin juutalaisten on tapana tehdä haudatessaan vainajansa.
41 Siellä, missä Jeesus ristiinnaulittiin, oli puutarha, ja puutarhassa oli uusi hauta, johon ei vielä ollut haudattu ketään.
42 He panivat Jeesuksen siihen, koska oli juutalaisten juhlan valmistuspäivä ja se hauta oli lähellä.