1 Hierna was daar 'n fees van die Jode, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
2 En daar is in Jerusalem by die Skaapspoort 'n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Bet,sda genoem word.
3 Daarin het 'n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het.
4 Want 'n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan n die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.
5 En 'n sekere man was daar, wat agt en dertig jaar aan sy siekte gely het.
6 Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al 'n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?
7 Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan 'n ander een voor my in.
8 Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop.
9 En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was dit sabbat.
10 Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.
11 Hy antwoord hulle: Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop.
12 Toe vra hulle hom: Wie is die man wat vir jou gesê het: Neem jou bed op en loop?
13 Maar hy wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was nie; want Jesus het Hom verwyder, omdat daar 'n skare op die plek was.
14 Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.
15 Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het.
16 En hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die sabbat gedoen het.
17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
18 Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het.
19 Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so.
20 Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.
21 Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.
22 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
23 sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.
26 Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.
27 En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
31 As Ek van Myself getuig, is my getuienis nie waar nie.
32 Daar is 'n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is.
33 Julle het na Johannes gestuur, en hy het vir die waarheid getuig.
34 Maar Ek neem die getuienis van 'n mens nie aan nie; maar Ek sê dit, dat julle gered kan word.
35 Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om julle vir 'n tyd in sy lig te verbly.
36 Maar Ek het 'n groter getuienis as die van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.
37 En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.
38 En julle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie.
39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is die wat van My getuig.
40 En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.
41 Eer neem Ek van die mense nie aan nie.
42 Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.
43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hom sal julle aanneem.
44 Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?
45 Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig -- Moses op wie julle gehoop het.
46 Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe.
47 En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?
1 Tämän jälkeen oli eräs juutalaisten juhla, ja Jeesus lähti Jerusalemiin.
2 Jerusalemissa on Lammasportin lähellä allas, jonka hepreankielinen nimi on Betesda. Sitä reunustaa viisi pylväshallia,
3 ja niissä makasi suuri joukko sairaita: sokeita, rampoja ja halvaantuneita. [Nämä odottivat, että vesi alkaisi liikkua.
4 Aika ajoin näet Herran enkeli laskeutui lammikkoon ja pani veden kuohumaan, ja se, joka ensimmäisenä astui kuohuvaan veteen, tuli terveeksi, sairastipa hän mitä tautia tahansa.]
5 Siellä oli mies, joka oli sairastanut kolmekymmentäkahdeksan vuotta.
9 Mies tuli heti terveeksi, otti vuoteensa ja käveli. Mutta se päivä oli sapatti.
13 Parannettu ei kuitenkaan tiennyt, kuka hän oli, sillä Jeesus oli jo hävinnyt väkijoukkoon.
15 Mies lähti sieltä ja kertoi juutalaisille, että Jeesus oli hänet parantanut.
16 Juutalaiset alkoivat vainota Jeesusta, koska hän teki tällaista sapattina.
18 Tämä vain lisäsi juutalaisten halua ottaa Jeesus hengiltä. Hänhän ei ainoastaan rikkonut sapattikäskyä, vaan vieläpä sanoi Jumalaa omaksi isäkseen ja teki siten itsestään Jumalan vertaisen.
20 Isä rakastaa Poikaa ja näyttää hänelle kaiken, mitä itse tekee. Hän näyttää Pojalle vielä suurempiakin tekoja, sellaisia, että hämmästytte.
21 Niin kuin Isä herättää kuolleet ja antaa heille elämän, niin antaa myös Poika elämän kenelle tahtoo.
22 Isä itse ei tuomitse ketään, vaan hän on antanut kaiken tuomiovallan Pojalle,
23 jotta kaikki kunnioittaisivat Poikaa niin kuin he kunnioittavat Isää. Se, joka ei kunnioita Poikaa, ei kunnioita myöskään Isää, joka on hänet lähettänyt.
25 Totisesti, totisesti: tulee aika -- ja se on jo nyt -- jolloin kuolleet kuulevat Jumalan Pojan äänen. Ne, jotka sen kuulevat, saavat elää,
26 sillä Isä, elämän lähde, on tehnyt myös Pojasta elämän lähteen.
27 Isä on myös antanut hänelle tuomiovallan, koska hän on Ihmisen Poika.
28 Älkää ihmetelkö tätä! Tulee aika, jolloin kaikki, jotka lepäävät haudoissaan, kuulevat hänen äänensä.
29 He nousevat haudoistaan -- hyvää tehneet elämän ylösnousemukseen, pahaa tehneet tuomion ylösnousemukseen.
32 Mutta minusta todistaakin toinen, ja minä tiedän, että todistus, jonka hän minusta antaa, on pätevä.
33 Te lähetitte edustajanne Johanneksen luo, ja hän todisti totuuden puolesta.
34 En minä tarvitse kenenkään ihmisen todistusta, mutta sanon teille tämän, jotta pelastuisitte.
35 Johannes oli kirkkaalla liekillä palava lamppu, mutta vain hetken aikaa te halusitte nauttia hänen valostaan.
37 Myös Isä itse, minun lähettäjäni, on antanut minusta todistuksen. Te ette ole koskaan kuulleet hänen ääntään ettekä nähneet hänen kasvojaan,
38 eikä hänen sanansa pysy teissä, sillä te ette usko sitä, jonka hän on lähettänyt.
39 Te kyllä tutkitte kirjoituksia, koska luulette niistä löytävänne ikuisen elämän -- ja nehän juuri todistavat minusta.
40 Mutta te ette tahdo tulla minun luokseni, että saisitte elämän.
42 Minä tunnen teidät: teissä ei ole rakkautta Jumalaan.
43 Minä olen tullut Isäni nimissä, ettekä te ota minua vastaan. Mutta jos joku toinen tulee omissa nimissään, silloin te kyllä olette vastaanottavaisia.
44 Kuinka te voisittekaan uskoa! Te kärkytte kunniaa toisiltanne ettekä etsi sitä kunniaa, joka tulee yhdeltä ja ainoalta Jumalalta.
46 Jos te uskoisitte Moosesta, uskoisitte myös minua -- juuri minusta hän on kirjoittanut.