1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand 'n besondere gelofte aflê mense aan die HERE toewy volgens jou skatting,
3 dan moet jou skatting vir 'n manspersoon van twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die heiligdom.
4 Maar is dit 'n vrou, dan moet jou skatting dertig sikkels wees.
5 En is dit iemand van vyf tot twintig jaar, dan moet jou skatting vir 'n manspersoon twintig sikkels wees en vir 'n vroulike tien sikkels.
6 Maar is dit iemand van 'n maand oud tot vyf jaar, dan moet jou skatting vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou skatting vir die vroulike drie sikkels silwer.
7 En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo is dit 'n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir 'n vrou tien sikkels.
8 Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag, moet hy voor die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat; volgens wat hy kan bekostig wat die gelofte gedoen het, moet die priester hom skat.
9 En as dit vee is waarvan hulle aan die HERE 'n offer kan bring, moet alles wat hy daarvan aan die HERE gee, heilig wees.
10 Hy mag dit nie omwissel of omruil nie 'n goeie vir 'n slegte of 'n slegte vir 'n goeie nie; maar as hy tog 'n dier vir 'n ander een omruil, moet dit en die geruilde heilig wees.
11 En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan die HERE geen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel,
12 en die priester moet dit skat of dit goed of sleg is; na jou skatting, priester, so sal dit wees.
13 Maar as hy dit wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg.
14 En as iemand sy huis as heilige gawe aan die HERE toewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.
15 En as hy wat dit geheilig het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees.
16 En as iemand 'n stuk land van sy besitting aan die HERE heilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: 'n homer garssaad op vyftig sikkels silwer.
17 As hy sy stuk land van die jubeljaar af heilig volgens jou skatting, so moet dit bly.
18 Maar as hy sy stuk land n die jubeljaar heilig, moet die priester vir hom die geld bereken na die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word.
19 En as hy wat die stuk land geheilig het, dit beslis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; en dit sal syne bly.
20 En as hy die stuk land nie los nie, of as hy die stuk land aan 'n ander verkoop, mag dit nie meer gelos word nie;
21 maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan die HERE heilig wees soos 'n stuk land onder die ban; die besit daarvan kom aan die priester toe.
22 En as hy aan die HERE 'n stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,
23 moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting gee as 'n heilige gawe aan die HERE.
24 In die jubeljaar moet die stuk land terugkom aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat in besit was van die stuk land.
25 En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel van die heiligdom wees; die sikkel moet twintig gera wees.
26 Maar die eersgeborene van 'n dier wat as eersgeborene aan die HERE behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit 'n bees is of 'n stuk kleinvee dit behoort aan die HERE.
27 Maar is dit van 'n onrein dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoop en die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word.
28 Maar niks van die bangoed wat iemand aan die HERE wy, van alles wat aan hom behoort mense of vee of grond wat in sy besit is mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die HERE hoogheilig wees.
29 Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word.
30 Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die HERE; dit is heilig aan die HERE.
31 Maar as iemand van sy tiende iets wil los, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg.
32 Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee alles wat onder die herderstaf deurgaan die tiende moet aan die HERE heilig wees.
33 Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.
34 Dit is die gebooie wat die HERE Moses by die berg Sinai vir die kinders van Israel beveel het.
1 Herra sanoi Moosekselle:
3 miehestä, joka on iältään kahdenkymmenen ja kuudenkymmenen välillä, viisikymmentä hopeasekeliä pyhäkkösekeleinä laskettuna
4 ja naisesta vastaavasti kolmekymmentä sekeliä.
5 Viisivuotiaasta kaksikymmenvuotiaaseen maksettakoon miespuolisesta kaksikymmentä sekeliä ja naispuolisesta vastaavasti kymmenen sekeliä.
6 Yhden kuukauden ikäisestä viisivuotiaaseen maksettakoon miespuolisesta viisi ja naispuolisesta kolme sekeliä hopeaa.
7 Kuusikymmenvuotiaasta tai sitä vanhemmasta miespuolisesta maksettakoon viisitoista ja naispuolisesta kymmenen sekeliä.
8 Jos lupauksen tekijä ei pysty maksamaan täyttä lunastussummaa, hän vieköön lahjoitettavaksi luvatun ihmisen papin luo, jonka tulee määrätä lunastushinta sen mukaan, paljonko lupauksen tekijällä on varaa maksaa.
10 Lupauksen tekijä ei saa vaihtaa eläintä, ei tuoda huonoa hyvän tilalle eikä hyvää huonon tilalle. Jos kuitenkin joku vaihtaa eläimen toiseen, molemmat eläimet jäävät Herralle.
11 Jos taas Herralle on luvattu eläin, joka ei kelpaa uhriksi, lupauksen tekijän on vietävä eläin papin luo.
12 Pappi arvioi, miten hyvä tai huono eläin on, ja hänen määräämänsä lunastussumma on lopullinen.
13 Jos omistaja tahtoo lunastaa eläimensä takaisin, hänen tulee lisätä papin määräämään hintaan viidesosa.
15 Jos se, joka on pyhittänyt talonsa Herralle, tahtoo lunastaa sen takaisin, hänen tulee lisätä papin määräämään hintaan viidesosa, ja niin talo on taas hänen omansa.
17 Jos pelto pyhitetään riemuvuodesta lähtien, siitä on maksettava tämä lunastussumma kokonaisuudessaan,
18 mutta jos se pyhitetään riemuvuosien välillä, papin on annettava hyvitystä pienentämällä lunastussummaa sen mukaan, montako vuotta edellisestä riemuvuodesta on kulunut.
19 Jos se, joka on pyhittänyt peltonsa Herralle, tahtoo lunastaa sen takaisin, hänen tulee lisätä papin määräämään hintaan viidesosa, ja niin pelto palautuu hänelle.
20 Mutta jos hän myy Herralle pyhittämänsä pellon lunastamatta sitä ensin itselleen, peltoa ei enää kukaan voi lunastaa takaisin.
21 Kun pelto riemuvuotena vapautuu, se jää Herralle pyhitetyksi samalla tavoin kuin Herralle tuomittu pelto. Siitä tulee pappien pysyvää omaisuutta.
23 papin tulee määrätä lunastusmaksu sen mukaan, montako vuotta on jäljellä seuraavaan riemuvuoteen. Ostajan on samana päivänä maksettava tämä summa Herralle pyhitettynä lahjana.
24 Riemuvuotena pelto palautuu sille, jolta se on ostettu ja jonka perintömaata se on.
25 Kaikki lunastussummat tulee laskea pyhäkkösekelin painon mukaan, jolloin yksi sekeli on kaksikymmentä geraa.
27 Jos esikoinen on uhriksi kelpaamaton eläin, antajan on lunastettava se takaisin maksamalla papin määräämä hinta viidesosalla lisättynä. Jos eläintä ei lunasteta, se myydään papin aluksi määräämästä hinnasta.
29 Herralle tuomittua ihmistä ei voi lunastaa vapaaksi, vaan hänet on surmattava.
31 Jos kuitenkin joku tahtoo ostaa takaisin osan kymmenyksistään, hänen tulee maksaa lunastushinta viidesosalla lisättynä.
32 Myös nautakarjasta, lampaista ja vuohista on annettava kymmenykset pyhänä lahjana Herralle. Joka kymmenes eläin, joka kulkee karjaansa laskevan omistajan sauvan alitse, kuuluu Herralle.
34 Nämä ovat säädökset, jotka Herra Siinainvuorella