23 Dieselfde dag kom daar na Hom Sadduseërs, hulle wat sê dat daar geen opstanding is nie, en vra Hom

24 en sê: Meester, Moses het gesê: As iemand sonder kinders sterwe, moet sy broer sy vrou trou en kinders vir sy broer verwek.

25 Nou was daar by ons sewe broers, en die eerste het getrou en gesterwe; en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat.

26 So ook die tweede en die derde tot die sewende toe.

27 En laaste van almal het die vrou ook gesterwe.

28 In die opstanding dan, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees -- want hulle almal het haar gehad?

29 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

30 Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.

31 En wat die opstanding van die dode betref -- het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:

32 Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes.

33 En toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.

23 Samana päivänä Jeesuksen luo tuli saddukeuksia, jotka kieltävät ylösnousemuksen. He esittivät hänelle kysymyksen:

25 Keskuudessamme oli seitsemän veljestä. Vanhin heistä meni naimisiin, mutta kuoli, ja koska hänellä ei ollut lapsia, leski jäi hänen veljelleen.

26 Samoin kävi toiselle veljelle, niin myös kolmannelle ja lopulta kaikille seitsemälle.

27 Viimeisenä kaikista kuoli nainen.

30 Ei ylösnousemuksessa oteta vaimoa eikä mennä vaimoksi. Ylösnousseet ovat kuin enkelit taivaassa.

31 Mutta ylösnousemuksesta puheen ollen -- ettekö ole lukeneet, mitä Jumala on teille sanonut:

33 Kun väkijoukko kuuli tämän, se oli ihmeissään hänen opetuksestaan.