1 Maar in die sewende maand het Ismael, die seun van Net nja, die seun van Elis ma, uit die koninklike geslag en uit die owerstes van die koning, en tien man saam met hom by Ged lja, die seun van Ah¡kam, gekom in Mispa; en hulle het daar saam brood geëet, in Mispa.
2 Toe het Ismael, die seun van Net nja, opgestaan en die tien manne wat by hom was, en hulle het Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, met die swaard verslaan. So het hy hom dan gedood wat die koning van Babel oor die land aangestel het.
3 Ook het Ismael al die Jode verslaan wat by hom, by Ged lja, in Mispa was, en die Chaldeërs, die krygsmanne, wat daar te vinde was.
4 En op die tweede dag, nadat hy Ged lja gedood het, sonder dat dit nog bekend was,
5 kom daar manne van Sigem, van Silo en van Samar¡a, tagtig man, met afgeskeerde baard en geskeurde klere, wat hulleself stukkend gekerwe het; en spysoffer en wierook was in hulle hand om dit na die huis van die HERE te bring.
6 Daarop gaan Ismael, die seun van Net nja, hulle tegemoet uit Mispa, terwyl hy aldeur loop en huil; en toe hy hulle teëkom, sê hy vir hulle: Kom na Ged lja, die seun van Ah¡kam!
7 Maar toe hulle binne-in die stad kom, het Ismael, die seun van Net nja, hulle gedood en in die put gegooi, hy en die manne wat by hom was.
8 Maar onder hulle was daar tien man wat vir Ismael gesê het: Maak ons nie dood nie, want ons het verborge voorrade in die veld: koring en gars en olie en heuning. Toe het hy daarvan afgesien en hulle nie saam met hulle broers gedood nie.
9 En die put waar Ismael al die lyke van die manne wat deur hom verslaan is, langs Ged lja ingegooi het, was die wat koning Asa gemaak het tot verdediging teen Ba,sa, die koning van Israel -- die het Ismael, die seun van Net nja, vol gemaak met die wat verslaan was.
10 En Ismael het die hele oorblyfsel van die volk wat in Mispa was, as gevangenes weggevoer; die dogters van die koning en die hele volk wat in Mispa oorgebly het, wat Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, aan Ged lja, die seun van Ah¡kam, toevertrou het -- Ismael, die seun van Net nja, het hulle as gevangenes weggevoer en hy het weggetrek om oor te gaan na die kinders van Ammon.
11 Toe Johanan, die seun van Kar,ag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, hoor al die onheil wat Ismael, die seun van Net nja, aangerig het,
12 het hulle al die manne geneem en weggetrek om teen Ismael, die seun van Net nja, te veg; en hulle het hom aangetref by die groot water wat by G¡beon is.
13 En toe die hele volk wat by Ismael was, Johanan, die seun van Kar,ag, sien en al die owerstes van die leërs saam met hom, was hulle bly;
14 en die hele volk wat Ismael uit Mispa as gevangenes weggevoer het, het omgedraai en weer oorgeloop na Johanan, die seun van Kar,ag.
15 Maar Ismael, die seun van Net nja, het van Johanan ontsnap saam met agt man en weggetrek na die kinders van Ammon.
16 Toe het Johanan, die seun van Kar,ag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, die hele oorblyfsel van die volk geneem wat Ismael, die seun van Net nja, uit Mispa as gevangenes weggevoer het, nadat hy Ged lja, die seun van Ah¡kam, verslaan het -- naamlik manne, krygsmanne, en vroue en kinders en hofdienaars, wat hy van G¡beon teruggebring het.
17 En hulle het weggetrek en vertoef in Gerut-Kimham wat naby Betlehem lê, om verder na Egipte te trek,
18 vanweë die Chaldeërs; want hulle was vir hulle bevrees, omdat Ismael, die seun van Net nja, Ged lja, die seun van Ah¡kam, verslaan het, wat deur die koning van Babel oor die land aangestel was.
1 Y ACONTECIO en el mes séptimo, que vino Ismael hijo de Nethanías, hijo de Elisama, de la simiente real, y algunos príncipes del rey, y diez hombres con él, á Gedalías hijo de Ahicam en Mizpa; y comieron pan juntos allí en Mizpa.
2 Y levantóse Ismael hijo de Nethanías, y los diez hombres que con él estaban, é hirieron á cuchillo á Gedalías hijo de Ahicam, hijo de Saphán, matando así á aquel á quien el rey de Babilonia había puesto sobre la tierra.
3 Asimismo hirió Ismael á todos los Judíos que estaban con él, con Gedalías en Mizpa, y á los soldados Caldeos que allí se hallaron.
4 Sucedió además, un día después que mató á Gedalías, cuando nadie lo sabía aún,
5 Que venían unos hombres de Sichêm y de Silo y de Samaria, ochenta hombres, raída la barba, y rotas las ropas, y arañados y traían en sus manos ofrenda y perfume para llevar á la casa de Jehová.
6 Y de Mizpa salióles al encuentro, llorando, Ismael hijo de Nethanías: y aconteció que como los encontró, díjoles: Venid á Gedalías, hijo de Ahicam.
7 Y fue que cuando llegaron al medio de la ciudad, Ismael hijo de Nethanías los degolló, y echólos en medio de un aljibe, él y los hombres que con él estaban.
8 Mas entre aquellos fueron hallados diez hombres que dijeron á Ismael: No nos mates; porque tenemos en el campo tesoros de trigos, y cebadas, y aceite, y miel. Y dejólos, y no los mató entre sus hermanos.
9 Y el aljibe en que echó Ismael todos los cuerpos de los hombres que hirió por causa de Gedalías, era el mismo que había hecho el rey Asa por causa de Baasa, rey de Israel: llenólo de muertos Ismael, hijo de Nethanías.
10 Después llevó Ismael cautivo á todo el resto del pueblo que estaba en Mizpa; á las hijas del rey, y á todo el pueblo que en Mizpa había quedado, el cual había Nabuzaradán capitán de la guardia encargado á Gedalías hijo de Ahicam. Llevólos pues cautivos Ismael hijo de Nethanías, y se fué para pasarse á los hijos de Ammón.
11 Y oyó Johanán hijo de Carea, y todos los príncipes de la gente de guerra que estaban con él, todo el mal que había hecho Ismael, hijo de Nethanías.
12 Entonces tomaron todos los hombres, y fueron á pelear con Ismael hijo de Nethanías, y halláronlo junto á Aguas-muchas, que es en Gabaón.
13 Y aconteció que como todo el pueblo que estaba con Ismael vió á Johanán hijo de Carea, y á todos los príncipes de la gente de guerra que estaban con él, se alegraron.
14 Y todo el pueblo que Ismael había traído cautivo de Mizpa, tornáronse, y volvieron, y fuéronse á Johanán hijo de Carea.
15 Mas Ismael hijo de Nethanías se escapó delante de Johanán con ocho hombres, y se fué á los hijos de Ammón.
16 Y Johanán hijo de Carea, y todos los príncipes de la gente de guerra que con él estaban, tomaron todo el resto del pueblo que habían recobrado de Ismael hijo de Nethanías, de Mizpa, después que hirió á Gedalías hijo de Ahicam: hombres de guerra, y mujeres, y niños, y los eunucos que Johanán había hecho tornar de Gabaón;
17 Y fueron y habitaron en Geruth-chimham, que es cerca de Bethlehem, á fin de partir y meterse en Egipto,
18 Por causa de los Caldeos: porque temían de ellos, por haber herido Ismael hijo de Nethanías á Gedalías hijo de Ahicam, al cual el rey de Babilonia había puesto sobre la tierra.