12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
14 Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.
15 Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê: