23 Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.

24 Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.

25 Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.

26 Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.

27 En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.

28 Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer -- moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete -- want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan --