1 So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God.

2 En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.

3 Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur 'n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie,

4 want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here.