21 Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.
22 Want die slaaf wat in die Here geroep is, is 'n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, 'n slaaf van Christus.
23 Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.
24 Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.