1 En Agab het aan Is,bel meegedeel alles wat El¡a gedoen het, ja, alles -- hoe hy al die profete met die swaard gedood het.
2 Daarop stuur Is,bel 'n boodskapper na El¡a om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen -- sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle.
3 Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan. En toe hy in Bers,ba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly;
4 maar self het hy 'n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder 'n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie.