14 Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.

15 Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre .

16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:

17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.