12 Hoe het jy uit die hemel geval, o môre ster, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!
13 En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.
14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
15 Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!